6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -4 hours ago

Daar waar nie cell opvangs ?

Secunda
Submitted by Sleep nou on

More forum maters soos ek my Weskus , Richtersveld beplanning af merk wat reeds in plek is vra ek myself en Berdien die volgende af en dis nou waar julle my ook dalk kan stuur in n rigting wat kan help. Did soos volg ons is 100km van naaste beskawing geen cell het meer ontvangs nie ek sit dalk vas nou moet ek kontak maak met die wereld daar buite wat dalk my kan kom help wat se komunikasie is daar op die mark wat kan help en waar is die toestelle beskikbaar

Pretoria

leeu

Thu, 13/12/2018 - 12:23

Shaun, die enigste ander opsie is sateliet fone, maar dis baie duur. Jy kry ook 'n Garmin GPS wat "distress" call uitstuur, weet nie of dit nog beskikbaar is nie, dis verniet. Of dan HAM radio's, maar daarvoor moet jy 'n lisensie kry en ook eksamen aflê.

Jy moet baie versigtig wees, die kenners sê, "you drive alone, you die alone"!!

Vaalpark

Johann L

Thu, 13/12/2018 - 13:18

Shaun ek wou ook sateliet fone voorstel, ek dink maar nou aan veiligheid. Ek sal nie aan raai dat julle gaan waar daar geen manier van kommunikasie is nie, dit kan net dalk in 'n "disaster" end. 

 

Waar my wa staan

Arie

Thu, 13/12/2018 - 13:59

Shaun, ek dink regtig nie dat jy ongemaklik hoef te voel sou jy richterveld toe gaan nie. dit is darem wraggies nie of jy diep in donker Aftrika gaan rondry nie. 

Ek vermoed enige plek in ons land is hulp seker nooit verder as so 120 km nie, in 'n ernstige noodgeval kan 'n chopper chop chop [pun intended] by jou wees.

Die storie van meer as een voertuig....... seker waar sou mens deur Afrika Europa toe wil ry, maar hier in die Republiek...... I think not.

Huur 'n sateliet foon dan het jy altyd koms, en dit is bealngrik. Verder lees my draad erens oppie forum oor planne sou jy vassit of so, 90 persent kan jy self uitkom met 'n korterige plank of fris boomtak, lees ook daar oor hoe jy kan sweis met die batery, alerande nood planne.

Sorg dat jy jou eie en jou voertuig se capabilities goed ken, moenie plekke aandurf as jy twyfel nie, ry liewer 'n ander roete!

Baie belangrike ding in my opinie - sorg dat jou vrou ook behoorlik 4x4 kan ry, neem haar uit op trials, laat sy leer hoe om alles baas te raak. Onthou, as jy 'n arm of been breek gaan jy baie sukkel om off road te ry.

Ek het eendag bo in Noord Mosambiek 'n rib gebreek, ek kon glad nie my trok in dik sand en so bestuur nie - dan moet vroulief maar inspring.

Secunda

Sleep nou

Thu, 13/12/2018 - 18:32

Jip vrou moet ook vaardig wees met die gery ek stem ek wil die toer alleen doen dis hoekom ek dalk overkill Arie dankie ja die SAT foon sal mos ook uithelpwink

Port Elizabeth

LAPPIES13

Fri, 04/01/2019 - 15:50

Vat n posduif saam wat na jou huis toe vlieg...met briefie...en by die huis sit jy n Trail kamera wat sms stuur aan jy buurman as duif by hok aankom. (Dit het so gewerk in die tweede wereld oorlog.)

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 04/01/2019 - 18:00

Shaun, ons, dit is ek en vrou, ry 90% van toere aleen. Sorg dat jou voertuig in puik toestand is, n voertuig breek nie vir niks nie, en weet hoe om basiese probleme van vuil brandstof etc uit te sorteer. Bande regmaak is n sekerheid, oefen om papwiele reg te maak. Waaierbande, filters, sekerings waterpype, etc is n moet om saam met gereedskap te pak.

Deesdae is die wereld so vol mense, ek wonder of jy langer as n dag of dalk twee gaan sit voordat jy lewe sien. Sorg vir genoeg water en kos vir n week in jou kar, oordentlike eerstehulp tas, en doen n kursus as jy kan. Dit help om te weet hoe om n been te spalk en n wond te verbind.

So twee jaar gelede het ons in Miribab oorgeslaap, die is seker een van die mees verlate plekke in Namibia. Vroeg oggend kom n man by ons aangestap, hy staan vir 2 dae en wag vir iemand, batterye was pap weens n foutiewe dubbelbattery laaistelsel. Sou jy dadelik na die Satelietfoon gryp, wag daar n fris rekening.

Oor hartaanvalle  wil ek nie dink nie, somtyds is dit beter om nie te veel aan probleme te dink nie, dit maak mens so bang dat die pret bederf word. As jou gesondheid goed is, is daar ook nie rede dat jou lyf sommer so goeds moeds gaan breek nie. Ons leef net een keer, laat waai.

 

Waar my wa staan

Arie

Fri, 04/01/2019 - 19:55

Neef Herman, ek stem 100% saam met jou.

Ons is geneig om dinge te erg oor dink, soos jy se - alle pret is daar mee heen?

Natuurlik sou mens alleen in die bundus ingaan is dit veiliger om met 'n FORD te gaan ten minste weet jy jy kan nooit vassit of jou voertuig breek nie!

Centurion

Voortrekker

Sat, 05/01/2019 - 08:16

Neef: ek wonder of jy langer as n dag of dalk twee gaan sit voordat jy lewe sien.

Arie:   alle pret is daar mee heen?

 Sit en dink ek nou aan hoe lekker so 'n stressvolle ondervinding kan wees wanneer mens in die middel van nêrens is en moet worry of jy gaan oorleef of daar uitkom -  dit kan 'n mens sommer weer mens maak?    'n Geleentheid om bietjie die "survival instincts" af te stof en jouself bietjie te toets en druk tot by vegete punte?

In my jonger jare toe ek nog nie so handsome was soos vandag nie het ek en my broer gereeld floreer op sulke oorlewings geleenthede - Ai hoe mis ek nou daardie dae -  deesdae met vrou en kinders moet 'n mens nou kamstig meer verandwoordelik wees en beplan, maar ek dink so 'n bietjie suffering en dorste kan hulle ook dalk goed doen?

Secunda

Sleep nou

Sat, 05/01/2019 - 16:15

Neef ek hoor jou en ander ek gaan dit verseker geniet ja n ou moet aan baie dinge dink as jy ver van nerens af is nie hoop Lappies 13 skenk my n pos duif

Durbanville

peyperj

Sun, 13/01/2019 - 07:27

Jy kan my gerus kontak vir huur van satelliet fone.  Ek doen verhuring (LimarSat op Facebook). Ek kom van die Weskus af.  Ken daai wêreld goed.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus