Hierdie afdeling gaan nou wel oor rugby, maar daar is nie juis veel entoesiasme daarvoor nie.
So, ek wil bietjie vra, wie van julle kyk na Wimbledon? Ek geniet dit baie, veral as die "top seeds" teen mekaar begin speel. My gunsteling is Rafael Nadal. Ek weet baie mense hou nie van hom nie, maar ek ondersteun hom al jare. Hy het lank beserings gehad maar lyk nou weer reg. Die Franse Ope gewen, nou hou ek duimvas vir hom op die gras.
Rafael Nadal slaan 'n…
Rafael Nadal slaan 'n tennisbal ver, maar Roger slaan hom baie Federer
Nadal speel veral goed as hy…
Nadal speel veral goed as hy so 'n slaggie in sy agterent gegrawe het
hehehe .... ek dink as jy so goed speel maak dit nie saak of jy die rakket tussen jou boude vasknyp nie!
Roger slaan hom baie Federer
goeie een!
Nadal se krappery
Colin eet my altyd net so oor Nadal se ritueel voor hy afslaan.
Maar dit maak mens net bewus van sy mooi boudjies! Ek weet nie of ek my verbeel het nie, maar by die Franse Ope het dit vir my gelyk of hy die bewegings nie meer so erg doen nie. Andre, jy moet bietjie kyk, dan sê jy my of jy ook so dink. Colin hou ook van Federer maar ek is so erg oor Nadal soos ek oor die Leeus is.![]()
Boudjies
Hi Freda,
Ek is nou nie juis een van daai oukies wat anner okies se boude dophou nie. HeHe Ek sal dus nie rêrig weet of hy MOOI boudjies het nie
Wou my voorkom of jou waarneming oor die gereeldheid van sy ritueel dalk reg is.
Ek hoop sy Moeder of Iemand het hom ingelig hoe steurend dit is.
Dink nie gras is sy voorkeur speelveld nie so dalk maak Federer dit vir oulaas.
Wimbledon
Nadal is nie so goed op gras nie maar hy speel goed op die oomblik, so ek hou duimvas. Hy moet net nie weer 'n besering opdoen nie. Djokovic is natuurlik ook 'n groot gevaar en daar kom ook dikwels nuwelinge wat alles deurmekaar kom gooi. Murray sal wil wen by die huis.
Andre, jy kyk seker nie na die manne se boudjies nie, maar daar is darem mooi vroulike boudjies ook daar.![]()
Môre Freda,…
Môre Freda,
Andre, jy kyk seker nie na die manne se boudjies nie, maar daar is darem mooi vroulike boudjies ook daar
DIS nou 'n anner neukery. Het dit op 'n tyd geniet.
Chris Everet en Steffie Graff was tops -- maar toe kom die era van Navratilova en daai anner Franse reuntjie en in die laaste tyd daardie kraampyne wat so uitgeskreeu word.
Nee nee nee, wat het van VROUETENNIS geword.
Kan nie glo dat daar nie eers op Wimbledon iets aan daai onaartse gekerm gedoen kan word nie.
Klink soos Mongoolse Grototters wat geboorte skenk aan 'n bol doringdraad.
Sie Ga Poefies.
Stem saam korporaal Smit. …
Stem saam korporaal Smit. Die een skree Haaaassssiieeeee die ander skree uh-uuuuhhhhh en weer Haaaassssiieeeee. Ek wil graag vir hulle pragtige bene ag ek bedoel afslane kyk maar die geskree maak dat ek eerder die kanaal verander en weer gaan kyk hoe die Sharks pakgekry het laasweek.
Die geskree is erg…
Die geskree is erg irriterend. Ek het al gewonder of hul kele nie rou is na 'n wedstryd nie. Jy kan mos nie so aanmekaar skree sonder dat dit gebeur nie. Ja, ek is self verbaas dat die Lords of Tennis nog nie 'n verbod daarop geplaas het nie.![]()
Ek moet eerlik wees, ek kyk nie gereeld na die vroue nie. Net as ek 'n gunsteling tydens die toernooi optel, sal ek na haar kyk en soms nie eers die hele wedstryd nie. Dit was altyd lekker om na Graff, Everett en Navratilova te kyk. Sal maar sien of die jaar se toernooi iemand oplewer wat die belangstelling prikkel.
Andre, ek weet nie of jy…
Andre, ek weet nie of jy gistermiddag vir Nadal sien speel het nie. Nee wat, hy het my nie teleurgestel nie. Doen nog al sy dingetjies. Die krappery, sidesteps op die baan, botteltjies water wat op presies die regte plekkies moet staan, handdoeke net reg, al sy gewoontetjies. ![]()
Kevin Andersson (SA) is darem ook nog deur, hoop hy doen goed hierdie jaar.
Nadal vs Muller
Ag nou ja, daar is my gunsteling nou uit Wimbledon uit. Maar wat 'n riller van 'n wedstryd. My senuwees was aan flarde. Ek het lanklaas 'n tennisspeler gesien wat so gefokus, koelkop en kalm bly soos Muller. Hy kan vêr gaan maar ek dink die 5 stelle van gister het hom getap. Die laaste pot was amper 30 games.
Daar was n paar grotes gewees
Onthou julle Jimmy Connors , Evan Lendl , Bjorn Borg, Stefie Graf net om n paar te noem en ja die stout seun John McEnroe wat sy raket rond gooi en skytregters harde bene laat kou het
Martina Martinlova (…
Martina Martinlova ( spelling
) was die beste en topklas. Sy is die beste vroue tennis speler in my leeftyd





Nadal
Môre Frieda,
Kan op 'n ligter noot met jou saamstem, Nadal speel veral goed as hy so 'n slaggie in sy agterent gegrawe het, dan daaraan ruik en dan sy stinkie vinger aan die hare weerskante van sy kop skoonvryf.
Dit Crack my totaal en al van hom.
Ek hoop egter Federer maak dit 19 Slams. Sy jare begin hom egter inhaal maar ek dink nie daar is en was baie manne wat sy loopbaan kan namaak nie.