Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte vir Daan (en vir jou… Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -4 hours ago
"Opgevang" Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
Tuis Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -5 hours ago
Donker Lag 'n slag Voortrekker -7 hours ago
14 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -18 hours ago

Addo Olifant Park

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on
Forums

Hierdie verslag oor ons besoek aan Addo is nie wat ek (of selfs julle) verwag het dit sou wees nie.

Die bed was opgemaak maar ons het nooit daarin geslaap nie.   Die kos nie geëet nie, die drank nie gedrink nie, die hout nie gebrand nie.

Maar nou loop ek die storie vooruit.  Len het gesê ek moet volledig verslag doen, so laat ek begin by die begin.

Port Elizabeth

Frieps

Sat, 23/02/2019 - 08:48

Toe ons gister by die park kom, het Colin my dadelik gaan aflaai by die kantoor.  Jy stap met breë trappe op tot op 'n platform voor 'n paar glasdeure wat almal oopmaak.   Toe ek op die platform kom, sien ek die hele plek is vol mense wat wag om by die toonbank in te teken.  Ek staan en wonder wie ek nou sal nader, toe 'n jong blonde dame van binne af, reguit op my afgeloop kom en my vra of sy my kan help.  Hoekom het sy my kom vra, daar is ander mense ook daar?   Ek sê toe vir haar ek wil iemand spreek oor 'n aap wat my gister aangeval het in die karavaanpark.   Sy vra dadelik vir my om saam met haar te gaan en sy neem my verby al die mense na 'n deur, na agter toe,  na die kantoor van die bestuurder.   'n Baie gawe man, sy sê nie regtig vir hom hoekom ek daar is nie, dit is asof hy weet wie ek is?    Hy staan ook op en vra ek moet saam met hom kom.  Oppad sê hy vir my hy het die foto van my been op sy foon?    Hy stap verder 'n gang af na 'n ander kantoor en stel my daar voor aan Rosslee Wagenaar, Toeriste Bestuurder, en sê vir my ek kan Afrikaans met haar praat.

Hy bly egter daar en ek begin toe aan die twee van hulle vertel presies hoe die aanval gebeur het en wat die aap gedoen het.   Ek merk toe daar daag 'n derde persoon op wat toe aan my voorgestel word as die Chief Warden.  Hy weet ook dadelik wie ek is.

Toe ek by die deel kom waar ek vertel hoe hard ek om hulp geroep het en niemand my gehoor het nie, het ek in trane uitgebars en hulle, veral Roslee, was uiters simpatiek en my getroos.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 23/02/2019 - 08:56

Oom Colin het die regte ding gedoen, stoute kinders moet dadelik by die kantoor afgelaai word!

Ek spot sommer tannie Freda, dink aan tannie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 23/02/2019 - 09:08

Na ek die hele verhaal vertel het, sê ek toe ek is daar vir twee redes.   Ek sê toe aan hulle die volgende en het baie ernstig gepraat:

Die ape was die middag van omtrent 5 uur oral in die karavaanpark.  Hulle het amok gemaak soos hulle wou en die kampeerders was aan hul genade oorgelaat.   Ek weet ons kom kamp op 'n plek waar wilde diere is en moet dit aanvaar en respekteer maar so klomp ape kan nie net toegelaat word om vrylik te doen wat hulle wil doen tussen die mense nie.   Daar is soveel wardens en die ape is bang vir die wardens, veral as hul een of ander wapen by hul het.  In al die tyd wat die ape daar was, het nie een warden gekom en eers 'n poging aangewend om hulle te verjaag nie.  Hulle sal meer betrokke moet raak om aan die kampeerders te wys hulle wil hul beskerm teen die ape.  Ek was stoksielalleen by 'n verlate ablusieblok, omring met ape en daar was nie een warden wat gesorg het dat mense daar vrylik kan in en uit beweeg nie.  Die Chief Warden sê toe vir my hy het reeds gepraat met sy wardens die oggend en dat hulle van nou af teenwoordig sal wees as die ape inkom.  Die ape is vir hulle 'n groot probleem maar hulle sal 'n daadwerklike oplossing moet vind.  Hy noem toe dat die oorsese toeriste is die mense wat skuldig is daaraan om die apies te voer, nie die Suid Afrikaners nie.   Hulle vra dat die Suid Afrikaners dit asseblief moet rapporteer as hulle sien iemand voer die ape, sodat hulle teen sulke mense kan optree.

Tweedens sê ek toe vir hulle:   "Ek kon nie gisteraand hier slaap nie want ek moes hospitaal toe ry in die Baai.   Ek gaan ook nie langer bly nie, ek is nou te bang vir die ape, so ek sal ook nie my volgende twee aande hier slaap nie.   So, die minste wat Sanparke kan doen, is om my akkommodasie van R1500 terug te betaal".   Rosslee het dadelik gesê dit is reg, sy gaan dit motiveer en die Chief Warden sê toe dat sy insae ook gevra sal word en dat hy dit dan sal aanbeveel.

Toe stap Rosslee saam met my tot by die ablusieblok en vra ek moet haar wys waar en hoe dit gebeur het.   Daarna het sy saam met my gestap tot by Santie se karavaan, waar Colin vir my gewag het en ek hom aan haar kon voorstel.

Dit het eers later vir my duidelik geword dat daar gepraat was oor die aanval en hulle my seker verwag het en op die uitkyk vir my was.   Hulle het my baie gou verwyder uit die voorportaal, so ek kon niks praat daar voor die mense wat ingeboek het nie.   Wat ek in elk geval nie graag sou wou doen nie.   Dit sal simpel wees om sulke aandag voor almal op myself te vestig.

Ek kan net regtig sê ek was uiters ordentlik en vriendelik en simpatiek behandel.  Ek moet nou vir Rosslee 'n e-pos stuur, weer met al die detail, en sy gaan dan sorg dat ek 'n terugbetaling kry.  Sy het gewaarsku dat dit ongelukkig tyd neem.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 23/02/2019 - 09:16

Jislaaik tannie Freda, ek kan in my geestis oog sien as tannie daai aap geshock het. Hy sou sy les leer.

Dink ek moet vir my een aanskaf, maar aai die versoeking gaan daar wees om dit op die wyfie te toets. smiley of dalk myself.? angry

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 23/02/2019 - 09:23

Ek wens regtig Sanparke (en ander instansies en plekke waar soortgelyke probleme is) wil daadwerklik optree en ontslae raak van sodanige peste. Dit het op baie plekke in 'n totaal onaanvaarbare situasie ontwikkel.

Enkeles wat ek kan opnoem waar ons in die afgelope tyd probleme met ape/bobbejane ervaar het is:

Amper elke kamp in Kruger (met die uitsondering Mopani en Tsendze).

Augrabies, Buffelspoort, Klein Kariba en Eiland Spa.

Dankie Freda vir die feit dat jy jou nare ervaring hier deel. Spoedige herstel met jou been.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 23/02/2019 - 09:33

Aai tannie Freda, vergewe asseblief, tannie het uitgestap uit n gevaarlike situasie en baie bly, maar kan myself nie help nie:

Hehehe, sal die aunty se toon met insette op drade moet dophou sodat ons vroeg vir oom Colin kan waarsku as die malkopsiekte(rabies) begin intree.

Kyk tannie programme soos Grimm, Vampire Diaries en so aan op TV? 😂

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 23/02/2019 - 10:35

Ai Freda, en daar is die wegbreek totaal in die wiele gery. Hoe staan jou hart nou met Addo, is daar nou n bangeit in jou lyf vir die kampeer terrein. Miskien moet mens maar in die vervolg saam jou maat stap om sulke situasies te verhoed.  

Skiet sal seker nie gou gebeur nie, daar is net te veel toeriste op enige gegewe oomblik in die kamp, en die kamp is letterlik tree van die hoofgebou ook nog. In n hok gaan jy nie n aap vang nie, te slim. Wat bly oor ?? Paintball guns met pepper spray balle. 

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 23/02/2019 - 10:45

Herman : Ek het nooit enige van die Amerikaners buite sien kosmaak nie.  Hulle doen dit seker binne in die Maui, soos hul gebruik ook nie die ablusieblokke nie.   Ek dink hul spandeer hul Amerikaanse Dollars seker by die Cattle Baron vir oggend- middag- en aandete.    Ek het so uitgesien om daar te gaan stap en nog voor ek geweet het ons gaan nie verder oorbly nie, was een van my eerste gedagtes, hoe gaan ek nou stap as daar dalk ape gaan wees?

Chris:  Ek stem saam dat alle parke met apies iets sal moet doen.   Die een warden het vir my gesê dit is die eerste keer dat 'n aap iemand aanval by hulle.   Ek dink in elk geval hulle het groot geskrik en sal seker nou probeer iets daaromtrent doen.   (Trust my om die een te wees wat hul tot die besef moes laat kom. laughfrownsurprise)

Sarel:  Sal ons regtig wegbly van sulke kampe?  Ons het nog altyd geweet so gevaar bestaan met ape, tog gaan ons nog.  Nee, ek het net geleer, as hulle daar is, sorg dat jy 'n wapen by jou het as jy iewers heen stap, veral op jou eie.   Vrydag het ek gevoel ek kan nie langer daar bly nie, maar ek glo en hoop dit sal weer verander.   Maar ek sal van nou af altyd versigtig wees en myself voorberei.

Gees:   Nee, Gees, ek kyk nie sulke spokerige goed nie!!   Ja, julle beter my van nou af goed dophou en seker maak ek het al my varkies in die hok!

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 23/02/2019 - 10:52

Herman, ons laaste twee insette saam getik.   Ja, op die oomblik sal ek nog bang wees, maar soos ek hierbo gesê het, ek glo dit gaan weer regkom.   Ons wou een van die dae 'n paar dae Willows toe gaan.  Daar is ook ape, so nou moet ons besluit.  Ek reken ook, as jy sien daar is ape, moenie alleen stap nie.   Colin moet maar saam gaan pie.smiley

Die een warden het vir ons genoem hulle het al die hokke probeer maar die ape raak gou slim en laat hulle nie so vang nie.  Skiet mag hulle nie.    Maar ek is oortuig hulle kan hulle verjaag met een of ander veilige wapen.   Hulle moet net sorg dat hulle daar is om dit te doen.  

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Sat, 23/02/2019 - 11:01

Ja jy's sekerlik reg Freda. 'n Mens sal maar weer en weer gaan.  

In Letaba is ek amper deur 'n aap gebyt maar gelukkig het een van die parkmense dit gesien en aangehardloop gekom met 'n stok in die hand, waarop die aap die aftog geblaas het. Dis benoude oomblikke, maar ten spyte van wat ek hierbo gesê het is ons al amper weer op pad Kruger toe.

Jou foto van die kombuis hierbo laat my nou dink - in Oktober 2016 het ons vir 'n paar dae in Addo gekamp. Ek het iets in die kombuis gaan doen, kan nie onthou wat nie. As jy op daardie foto kyk sal jy sien dat die paadjie na/van die kombuis so effens hoër as grondvlak is. Ek kyk nie mooi waar ek loop nie en trap op die rand van die paadjie. My voet glip af, vou onder my in en ek breek 'n been in my voet. Moes toe ook maar in Baai toe, x-strale ens en 8 weke in 'n moon boot.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 23/02/2019 - 11:04

Sarel, dan weet jy mos ook wat se bollie gevoel dit is om jou kamp te onderbreek om 'n uur en 'n half te ry na 'n hospitaal!!!   Vir watter rede ookal, dit is nou regtig goor!!

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 23/02/2019 - 15:25

....................wat 'n baie groot teleurstelling wat met jou gebeur het nadat jy só uitgesien het na hierdie besoek aan Addo.  Ek is regtig jammer dat dit jou moes oorkom en ek hoop jy herstel (fisies en geestelik) van hierdie nare ondervinding.  Ek hoop en vertou ook dat daar nie verdere komplikasies sal wees nie.

Ek wil iets sê wat jy heelwaarskynlik nie nou wil hoor nie en ek weet jy het gesê ons moenie vir jou preek nie nadat ons jou storie aangehoor het : die probleem van lastige ape kom ongelukkig oral in die land voor by kampeer-oorde en jy moet asseblief nie jou en Colin se genietinge van die kampeer- en natuurlewe vaarwel roep oor hierdie gebeure nie.  Jy is een uit 'n paar duisend toeriste wat so 'n nare ervaring moes deurmaak en jy is dit aan jouself (en aan Colin) verskuldig dat hierdie insident sál jou nie onder kry nie. Ek glo jy is sterk genoeg om die gebeure te verwerk.

Soos iewers hierbo vermeld, as jy van 'n perd afgegooi is, ry hom so gou as moontlik weer.  Sielkundiges beveel ook aan dat as jy in 'n motorongeluk was, ry so gou as moontlik weer om die knaende herhaling van die gebeure in jou gedagtes stop te sit. My opregte aanbeveling is, gaan kamp so gou as moontlik weer by Addo en tref natuurlik maatreëls om jou te beskerm teen 'n herhaling.

My verdere kommentaar oor die gebeure :-

  • Was dit 'n blouaap of was dit 'n bobbejaan wat jou aangeval het ? (Ek wil net seker maak want jy het genoem hy was groter as jy self).
  • Addo se bestuur se empatie was die minste wat verwag kan word, maar ongelukkig nie voldoende nie.  Die saak moet aan die groot klok gehang word deur byvoorbeeld 'n brief aan al julle plaaslike koerante te rig.
  • Stuur vir my 'n foto van jou beseerde been en ek sal dit op elke moontlike SanParke forum plaas en daarop aandring dat hierdie trop uitgeroei moet word. Dis totaal onaanvaarbaar dat personeel bedag gemaak sal word om lastige ape te verjaag. Kry gerus my e-pos adres by Voorie.
  • Ek glo lastige blouape en bobbejane by ruskampe en piekniekplekke moet voortdurend, voor die voet vankant gemaak word. Die flou verskoning dat ons (die mense) in die wilde diere se gebied is en dit moet verdra, verdien 'n minagtigende standpunt wat dit verdien.  Sou dit geldig wees, moet ons ape, leeus, olifante en luiperds ook in ons stede en dorpe toelaat want dit was voorheen ook hulle terrein -  dus absolute snert !  Toerisme is die lewensaar van natuurbewaring en om dit lewensvatbaar te behou, moet toeriste veilig wees in rus-areas in wildparke.  
  • Die debat wie nou die oorsaak van ape en bobbejane in ruskampe is, is geensins ter sprake nie.  Feit is, hulle is vir jare al en nog steeds 'n pes in ruskampe en piekniekplekke en moet onmiddellik vankant gemaak word as hulle in kampe opgemerk word.
0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 23/02/2019 - 15:43

Die laaste bydrae van Len is komende van 'n intense natuurliefhebber. En my sekondering van die wyse waarop die probeem van ape en bobbejane aangepak moet word, kom van nog 'n natuurfanatikus.

Ditto Len, ditto.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 23/02/2019 - 16:21

Baie dankie vir jou kommentaar, Len.   Ek het geweet jy sal die bul by die horings pak en reguit praat.  Ek wil jou net reghelp, my opmerking oor nie vir my mag preek nie, het niks met ons besoek aan Addo te doen gehad nie.   Dit is iets heeltemal anders wat ek as 'n uidaging beskou en nou nog aan werk en ek julle nog van sal vertel.smiley   My kommentaar:-

1.  Die probleem wat ek met Addo sal hê, is maar net die feit dat jy met hierdie beskutte paadjies na die ablusie moet stap en dat dit baie afgesonder is.   M.a.w. die ligging van die ablusie maak dit moeiliker om aan te durf as by ander plekke waar dit oper is en jy nie so alleen voel nie.  Om elke keer iemand te vra om saam met jou te stap is ook nie ideaal nie.

2.  Ek weet ek kan nie toelaat dat apies my gaan afskrik van kamp nie.   Ek dink my eerste stap sal wees om Willows toe te gaan en hul daar aan te durf.   Colin was nogal baie ontsteld oor wat met my gebeur het.  Hy was amper meer ernstig as ek dat ek nie die volgende dag kon teruggaan en verder kamp nie.   Ek sal wel weer in die toekoms kans sien vir Addo, maar Colin eers moet oortuig dat ek mans genoeg gaan wees daarvoor.laugh

3.  Ek is ongelukkig nie die een wat bereid sal wees om koerante toe te gaan nie en dit nou onder almal se aandag sal wil bring nie.  Ek was bv gister baie bly toe ek eenkant privaat met Sanparke se mense kon gesels en nie nodig was dat die hele wêreld dit moet aanhoor nie.  Nee, baie dankie Len, ek waardeer baie wat jy bereid is om te doen maar sien nie daarvoor kans nie.

Ek save net eers tot hier

0

Ai Freda, ek kan my net indink wat 'n nare ondervinding dit moes wees. Sterkte met die herstel van die been en die verwerking van die insident.

Ek deel heelhartig die sienings van Len en Chris rakende Sanparke (of dan die oord waar die probleem voorkom) se ingryping nodig is in gevalle waar ape 'n oorlas en gevaar vir besoekers begin inhou.

Hierdie laat 'n bitter smaak in die mond en ongelukkig (en moontlik ongeregverdig) sal hierdie nou die konnotasie wees wat ek toekomstig aan Addo gaan hê.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 23/02/2019 - 16:41

Ekskuus tog, my rekenaar wil nie inlog nie en ek werk op die laptop.  Hy spring nog heelwat en ek het nie lus om lang stukke van vooraf te tik, sou ek dit verloor nie.  Ek gaan verder:-

4.  Dit was 'n gewone blouaap, 'n volwasse mannetjie.   Natuurlik op sy vier pote plat op die grond is hy kleiner as ek.  Maar as hy regop op sy agterpote sou staan, seker net so hoog van die grond af, want ek is maar kort.  Hy kon dus maklik met sy pote by my gesig bykom.  As hy bo-op my gespring het, sou ek seker nie maklik kon wegruk of so iets nie.

5.  Wat ek wel baie graag wil doen en ek glo jy sal nie omgee nie.   In my e-pos aan Rosslee sal ek graag jou laaste twee stellings aan haar wil verwoord.   Ek dink my e-pos gaan deur heelwat mense gelees word, dus kan ek van die geleentheid gebruik maak om 'n paar stellings te maak. 

Verder wil ek ook noem, sodat almal weet.   Ek het gedink die krap van die aap se naels kan darem seker nie so gevaarlik wees dat ons moes hospitaal toe gaan nie.   Die dokter, wat familie is met wie ons gesels het,  sê vir ons 'n aap se byt sal groter risiko inhou as die krap van sy naels.  Maar behalwe vir die vuil goed waaraan hul maklik vat, krap hulle in mekaar se neuse, agterente en lywe.  Hul dra dus baie ernstige kieme onder hul naels, net so erg soos DNA.   Ek gaan hierdie week na my dokter want ek wil darem die versekering hê dat die 4 rabies inspuitings voldoende is dat ek nie in gevaar is nie.

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 23/02/2019 - 18:35

Dit is regtig vir my, 'n "anti animal cruelty" persoon, en hiermee sê ek NIE Len en ander is nie ook soos ek nie, maar wragtig, dit raak nou 'n ernstige probleem, en ek moet dus my woorde sluk van "skiet is nie die opossing nie". 

So hartseer as wat dit is, moet ek erken, dit sal "voornemede ape  en bobejane af skrik, en daai vrees vir die mens terug bring,

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 23/02/2019 - 20:16

..................Freda vir jou verdere verduideliking van die gebeure en ek respekteer jou standpunt.  Ek is bly jy gaan tog die saak verder voer by SanParke.

Ek het lank voor jou slegte ervaring, 'n erge renons in die hantering van pes-ape en bobbejane in kampeerterreine en ek sal dit graag wil verder voer met bewyse van jou ervaring, natuurlik sonder om jou te identifiseer.  Ek sou tog graag 'n foto van jou besering as motivering wil gebruik.

Die saak hoort nie net by SanParke nie, maar ook by die klompie sosiale-media-aktiviste wat alewig in die bresse tree vir die arme ou bloedjies, sonder om in ag te neem wat die gevolge van sodanige denke kan wees.  Dink net wat kan klein kinders in so 'n kampterrein oorkom as ape en bobbejane onbeperk kampterreine kan terrotiseer.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 24/02/2019 - 08:18

Len, jy slaan die spyker op sy kop, selfs ek is nou oortuig dat iets drasties gedoen moet word, en dringend ook.

Dink net wat kan klein kinders in so 'n kampterrein oorkom as ape en bobbejane onbeperk kampterreine kan terrotiseer.

As so iets met Adriaantjie of klein Armand moet gebeur, joe, ek wil nie eers daaraan dink nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 24/02/2019 - 09:26

Dink net wat kan klein kinders in so 'n kampterrein oorkom as ape en bobbejane onbeperk kampterreine kan terrotiseer.

My kleindogter is 'n paar jaar gelede deur 'n aap in Skukuza gebyt en ek moes al 'n jong seuntjie te hulp snel in Letaba wat deur 'n aap aangeval sou word (as ek nie gaan help het nie) omdat hy met 'n speelding, wat seker aangesien is vir iets te ete, gestap het. Die outjie was histeries van vrees.

Ek sê sommer: K@k man, doen iets aan die situasie. Tydens ons onlangse paar dae in die wildtuin, was ons verpes deur die ape in Letaba en Shingwedzi.

En hulle hou nie slegs 'n gevaar vir kinders in nie. Ons het al gesien dat hulle geen vrees vir 'n volwasse vrou ook het nie (soos nou bewys met Freda). As hulle 'n kettie in my hand sien, dan hardloop hulle. Ralie kan maak of sy aanlê op hulle met die kettie, maar hulle koggel haar eerder verder.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus