Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -53 minutes ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -1 hour ago
Double cheese burger November 2026 Geert -6 hours ago
30% November 2026 Geert -13 hours ago
see water November 2026 Geert -13 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -17 hours ago

Huiskrag tydens beurtkrag

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on

Beurtkrag

Ek geniet nogal die vrede en donker tydens beurtkrag maar daar is ander oorwegings noudat ons weet beurtkrag gaan deel van ons daaglikse lewe wees vir 'n geruime tyd. 

  • Skade aan yskaste en diesmeer
  • Gebrek aan sekuriteitstelsels tydens beurtkrag
  • Gebrek aan produktiwiteit tydens beurtkrag
  • Gebrek aan noodsaaklike toerusting tydens beurtkrag
  • Ens, ens, ens...

Gelukkig is hier 'n klomp vernuftige mense op die forum, en het ek gedink ons kan mekaar bietjie raad gee oor hoe om die probleme te systap.

Wat skade aan yskaste betref het ek die toestel raak geGoogle. Weet iemand of dit doeltreffend is? Dis nie vreeslik duur nie. https://www.takealot.com….

Dan sal ek graag ook menings wil hoor oor 'n bekostigbare, betroubare kragopwekkertjie vir tuisgebruik tydens beurtkrag. Ek besef dat dit nie so eenvoudig is nie, aangesien dit afhang van wat mens alles wil dryf.

By ons is dit hoofsaaklik my vrou se twee iMac rekenaars (omtrent so 600W maksimum) sodat sy en haar assistent kan aanhou werk tydens beurtkrag. Ek kyk na 'n modelletjie soos die Ryobi 2000W Inverter generator https://www.takealot.com…

Dit moet 'n inverter generator wees aangesien dit krag moet voorsien aan rekenaars, en ek is nie lus vir 'n raserige een nie, so ek is bereid om die premie te betaal vir 'n stiller een. Nou is my vraag, moet mens die kragopwekkertjie deur jou huis se DB laat koppel of kan jy hom direk gebruik? Verder, is die model hierbo aan te beveel of is daar 'n beter opsie? (bekostigbaarheid in ag geneem).

Enige ander voorstelle of raad kan ook maar hier gegooi word. Byvoorbaat dankie.

Hieronder ook aangeheg 'n PDF vannaf Neef Herman met groter solar opsies:

Attachment Size
SYSH1800-PLUS-003.pdf 634.84 KB
Preparing for Load Shedding_0.pdf 150.09 KB
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 22/03/2019 - 10:40

Hont, kyk net mooi.  Die Lobo is 'n 24 V eenheid, so hy benodig 2 battery in series gekoppel.

So 'n desktop rekenaar sal nie afskakel nie?

Ek het dit nog nooit met 'n desktop getoets nie - maar onthou hierdie eenhede word gebou vir rekenaars, so ek glo dit sal werk.   My modems, routers, decoder en Smart TV en Smart Entertainment sisteme loop volstoom met oorskakeling.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 22/03/2019 - 11:01

.................(die Mecer 24 volt 2400VA met 1440 watt uitset) se inverter en twee 102Ah batterye is binne-in die kas soos op my foto.

Die "transfer time" volgens die spesifikasies is 20 ms en my seun se besigheidskliënte se servers en rekenaars kom glad nie die oorskakeling van Eskom-krag na inverter-krag en terug agter nie  -  dis waarom hy dit by sy kliënte installeer.

Hier in die Kaap is Mecer se agterstand met die lewering van 24 volt inverters groot met die volgende besending eers in Junie  -  alles tans uitverkoop. 102Ah batterye is ook baie skaars en by Deltec is almal uitverkoop met geen aanduiding wanneer die volgende besending arriveer nie.

Hier in die Kaap het ons nie Eskom-kragonderbrekings van langer as 2½ uur nie en ek het nog nooit my stelsel langer as dit nodig gehad nie  -  ek verkies ook om nie die batterye te diep te ontlaai nie.

My inverter is 5 jaar oud en het nie 'n solar fasiliteit nie.  Die nuwe Mecer inverters het wel 'n solar-sok.

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 22/03/2019 - 11:55

Hont, kyk net mooi.  Die Lobo is 'n 24 V eenheid, so hy benodig 2 battery in series gekoppel.

Kan ek 'n 200ah en 80ah  in series koppel? Stupid vraag?

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 22/03/2019 - 12:01

Ek glo nie dit is die regte manier nie Hennie want daar is risiko's betrokke.   In Series moet die stroom wat ingaan en uitgaan deur alle inlyn komponente loop en kanse is goed dat die laer stroom kompenent gaan skade kry -  Dalk kan Johan-K ook hier 'n bydrae lewer.

 

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 22/03/2019 - 12:35

Dankie vir die lekker gesprek vroeër Len.

Ek het toe vir my die inverter gekoop en sal maar nou moet kyk waar ek 2 batterye in die hande kan kry. Die bestelling is klaar besig met prosessering en ek behoort die inverter volgende week te kry.

0

Die Lobo is 'n 24V eenheid

Dankie Anton, ek het dit gesien.

My inverter is ook bestel. Hopelik kan ek Maandag batterye kry. My verskaffer is met verlof vandag. Takealot verkoop 'n battery kabinet met wiele wat groot genoeg is vir twee batterye (wat ek sal kry om my 4 jarige aspirant ingenieur uit te hou) so dan moet mens dit net self bedraad.

https://www.takealot.com…

Soos Len bevestig het sal die rekenaars nie agterkom die krag is af nie so dit gaan werk. Nou sal Murphy natuurlik sorg dat die beurtkrag ophou sodra ek die stelsel opgekoppel het...

0

die volgende besending eers in Junie  -  alles tans uitverkoop

Die een se dood is die ander se brood. Ek het myne bestel by die skakel wat Voortrekker gegee het en aflewering is darem nie vreeslik duur nie.

Die "transfer time" volgens die spesifikasies is 20 ms

Ek het dit gesien op die spesifikasies en gedink dit sal nie 'n probleem skep nie maar wou net seker maak anders koop ek een van die dae duur onderdele vir my vrou se iMac's 

0

iMacs ?

My vrou is 'n professionele fotograaf en het 'n assistent wat help met al die editing op Lightroom en PS. Sy het 'n Macbook ook maar die iMac's se skerms het beter resolusie vir fotos dokter en sy doen meestal portretfotografie en gereeld tydskrif voorblaaie.  

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 22/03/2019 - 14:37

Nou sal Murphy natuurlik sorg dat die beurtkrag ophou sodra ek die stelsel opgekoppel het.

 Myne destyds aangeskaf toe beurtkrag begin het en het hom 'n klompie keure kon gebruik, en toe het hy basies maar net gestaan en idle vir 2 tot 3 jaar.  Hy het intussen op 'n hele paar geleenthede ingeskop toe daar ander foute was met kragstasies en herstelwerk ens.  Op 'n stadium het ek begin dink dat hy 'n wit olifant word in my huis en nie regtig van waarde is nie.  Met die onlangse beurtkrag is ek net weer dankbaar dat ek al destyds die geld spandeer het.  Die krag is nou af hier by ons, maar die kinders kyk TV en ons Fibre en rekenaars loop soos normaal en ek kan aangaan met werk   (en klets op kampforum) smiley

Ek was ook op 'n stadium bekommerd dat die battery gaan oud word en kapasiteit verloor, want dit is tog die duur komponent in die sisteem, maar hy loop nog goed!

0

Met die onlangse beurtkrag is ek net weer dankbaar dat ek al destyds die geld spandeer het.

As ek luister na minister Gordhan en Eskom se mense gaan beurtkrag die reël eerder as die uitsondering raak. As ek nou R30k gehad het sou ek sommer die 5000W eenheid gekoop en alles daarby ingeprop het en die krag 'n paar ure elke dag self afskakel as Eskom dit nie doen nie, om te spaar op die rekening.

Ek wonder hoeveel sonpanele sal mens nodig hê om so fris stelsel gelaai te hou want dan kan mens begin oorweeg om semi-selfonderhoudend te raak. Maar sal dit groot goed soos yskaste en wasmasjiene kan trek?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 22/03/2019 - 18:47

Wildehont, ek het 4 x 300 watt son panele, 4 x 200 ah baterye, die is in series gekoppel vir 48 volt na 'n 5 Kw pure sine inverter, ek is 80%  van die grid af. My stoof en buite geboue is op eskom,  my huis se ligte (LED's en muur proppe is deur die inverter. Ons weet nie van beurt krag nie, al hoe ek weet daar is beurt krag, is die stoof se horlosie flikker.

Ek het vier jaar terug, net-net uit gekom met R1000.00 per maand se krag, prepaid meter, nou koop ek R400.00 se krag na al die verhogings.

Sou dit vir dae lank bewolk wees, sal eskom (eskom is backup), die baterye bo 80% hou. Die DB is ook totaal aan gepas, 1 x Eskom, en 1 x solar met elke stel se eie aard lek en hoof stroom breker.

Gieser is baie lank terug vervang met solar hoë druk stelsel.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 22/03/2019 - 18:51

Ek het gedink om ek en my vrou se oudag so onafhanklik en goedkoop moontlik te maak,  toe my oë toe gekyp, en die dinge laat doen, ek is nie 'n oomblik spyt nie.

0

Kan ek 'n 200ah en 80ah  in series koppel? Stupid vraag?

Altyd twee batterye van dieselfde kapasiteit.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 23/03/2019 - 10:03

..................twee Mecer 24 volt 1440 watt inverters vir my seun se rekenaar-besigheid gebou.  Geskikte batterye tans onbekombaar hier in die Kaap.  Dié wat ek geïnstalleer het, is Vision batterye wat Mecer uit Vietnam ingevoer het nadat hulle dit vir 'n geuime tyd getoets het.

 

 

 

0
Middelburg

Noel

Sat, 23/03/2019 - 11:57

Len, baie netjies en ek wil graag die Mecer inverter koop deur online van Anton se link. Ek het 2 x 105 Ah battery. Wil net seker maak of die  Mecer 24V 1440W inverter n solar sok het en hoeveelheid watt solar panel nodig om 2x 12V batterye gelaai te kry vir lang ure kragonderbrekings. 

0
Brackenfell

HennieBo

Sat, 23/03/2019 - 12:03

Baie netjies Len. Wat sal jy vra vir so 'n boks? Ek sal graag 'n foto van die binnekant van jou boks wil sien met die batterye geinstalleer. As dit moontlik is kan jy dit hier plaas of sommer vir my whatsapp.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus