Satara Restcamp KNP

Algemene Inligting

Resensies

Middag vriende

Satara bly maar 'n lekker kamp in KNP.

Die kamp was bo verwagting vol voor die skoolvakansie sou begin. Die ablusie blokke is skoon en alles werk wel.

Hier moet jy maar aanvaar dat jy op rooigrond kamp, en dat kragpunte soms vêr van staanplek is, veral as jy teen die draad wil staan. Die enigste klagte is dat die terrein nie genommerd uitgelê is nie. Dit gee nogal 'n soektog af as jy 'n kragstaanplek soek, omdat jy betaal het vir ene. Het nooit enige kragonderbrekings ervaar die hele week daar nie.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Kamp Datum
Junie 2019
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Grond
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Winkel en restaurant
Ablusies
4uit 5
Sekuriteit
5uit 5
Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Wed, 14/06/2023 - 11:50

Goeie more vriende,

So ek was onlangs in die KNP en het vir 5 Nagte Gekamp by Satara, ek weet nie of iemand anders onlangs daar ook gekamp het nie maar dit was nou vir jou n teleurstelling gewees, alhoewel baie ander kampeerders vanaf Punda maria eerder af beweeg het AGV die Ape bu Punda Maria, is diens lewering uiters Pateties by Satara.

Hier is my probleme:

1. Kamp plek is oorvol

2. Prys per nag is belaglik.

3. Ablusies word net op n sondag deur werkers skoon gemaak, verder is daar n papier teen die muur geplak met n mop wat langs die papier op die grond staan en word genoem jy moet skoon maak sodra jy klaar gestort het.

4. Daar word net op n sondag toilet papier op gevul.

5. As jy te laat gaan stort is daar net die opsie vir koue water!

Alhoewel ek elke dag leeus gesien het en baie ook, en baie ander wild, Waterbokke is besig om die Wildtuin oor te neem, watterbokke is nou so vollop soos rooibokke 20 jaar terug, om elke hoek en draai sien jy waterbokke.

Die kamp gronde was lekker maar die naaste krag punt was 40 meter ver, ek moes n kragpunt met ander kampeerders deel, nou met n 40 meter lange verlengings koord, moet my koord oor n pad le en voertuie ry vir hom voos. Ek dink nie die bestuur weet hoeveel staanplekke daar is nie en druk maar net mense in, of jy met of sonder krag betaal het, jy gaan op n nie so lekker staanplek staan nie, ek moes op n eiland, (verkeer sirkel) in die middel van die kamp, kampeer.

As jy nie omgee om mop te swaai en jou eie toilet papier saam te dra en ver te loop vir n badkamer nie, bly dit n lekker kamp, dit was n baie rustige kamp, en mede kampeerders was lekker om mee te gesels.

 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
7 uit 10
Kamp Datum
10 - 15 Mei 2023
Koste
R2178
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Grond
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Winkel en restaurant
Ablusies
3uit 5
Sekuriteit
5uit 5
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/06/2023 - 20:05

Ek wonder of Josef by dieselfde kamp was,as waar ons in Junie 2023 gekamp het. Ek stem saam, Satara is deesdae besig en omtrent vol.

Ek is oortuig dat ek elke dag skoonmakers raakgeloop het in die ablusieblokke. Daar was 'n toilet geblok, en die volgende oggend is dit reggemaak. 

Ek het geen probleem om 'n mop te swaai nadat ek gestort het nie. Inderwaarheid, ek sal dit waardeer as almal die vloer skoon en relatief droog laat waar hulle gestort het. 

Die kragpunte en staanplekke is soms nie naby mekaar nie. Ek dink die meeste plekke is egter sodanig dat daar nie oor jou verlengkoord gery hoef te word nie. Ek het egter nie tot teenaan die grensdraad gestap om te inspekteer nie.

As nagedagte, selfs in Shingwedzi en veral Punda Maria was die kragpunte ook vêr van die staninge af, en het ander ook maar oor my koord gery. Selfs in Berg&Dal, heelonder by ablusie 3 is die kragpunte ook swak geplaas tov die staanplekke teen die draad.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Kamp Datum
Junie 2023
Koste
R360/nag vir 2persone
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Grond
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Winkel en restaurant
Ablusies
4uit 5
Sekuriteit
5uit 5
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus