Man dis mos lekke as n ou begin pak alles regte kry om op daai lekke naweek / vakansie trip te gaan my wa is altyd klaar gepak net kos en klere inpak dan sodra jy daai wa haak kom hier so n opgewonde oor jou jy weet dis sulke tyd dis soos daai eerste soen wat jy gekry het ja daai gevoel. Sodra almal in voertuig is begin die sleep mos na jou besteming dis mos n gevoel wat net kamp aan jou doen. So pak jou wa /trailer haak hom en raak opgewonde want jy sleep na jou bestemming Kamp bly koning
Lekker sleep nou - jy weet…
Lekker sleep nou - jy weet mos. My gunsteling die oomblik wat die handrem losgemaak word en voertuig begin vorentoe beweeg!
Gepak gehaak more sleep
Vandag bestuurder vir my gevra wanneer vat ek bietjie af die lang ennie kort vinnig plek geboek by Elangeni naby Nelspruit vir die naweek so dis my eerste kamp vir 2018 jammer ek mis forum se kamp Maart maand sal julle op hoogte hou hoe dit was
Shaun julle moet dit gaan…
Shaun julle moet dit gaan geniet. Veilig ry.
Shaun, dit kan net lekker…
Shaun, dit kan net lekker raak. Geniet dit.
Deon Dusty
Ek maak so kyk die breek het ek baie nodig sowel Berdien dis mooi wereld daar na Nelspruit se kant
Shaun jy en Berdien moet dit…
Shaun jy en Berdien moet dit geniet in daai mooi wêreld. Veilig sleep!
So 10H00 vanoggend
So 10H00 vanoggend gaan paaie besig raak waens al gepak wag net vir haak dan hou mense lang naweek julle almal wat haak en gaan sleep doen dit veilig hou by die spoed en kamp n hond uit n bos





Karavaan gepak
As ons klaar gekamp het, verwyder ons alle klere en kos. Dit gaan terug in die huis en word elke keer vars gepak. Dan word die karavaan ordentlik skoongemaak, gereed vir die volgende kamp. Linne en handdoeke word gewas en teruggepak in die karavaan.
Voor ons gaan kamp, word die kaste en vloer weer bietjie afgestof en dan, die eerste ding, maak ek die bed vars op. Ek hou niks van die onopgemaakte bed nie. Dan begin ek kruideniersware indra en 'n paar dae voor ons ry word die yskas aangesit en bederfbare kos ingepak. Asook ons klere. Gewoonlik, so 2 of 3 dae voor ons ry, is alles gereed en kan ons maar hak.
Ek stem saam, 'n klaar gepakte karavaan is die lekkerste gevoel. Dan, die aand voor jy ry, lekker padkos maak en kry die laaste slapie agter die rug.