Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bome omwaai November 2026 Geert -3 hours ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -16 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -17 hours ago
Hael November 2026 Geert -17 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -17 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -22 hours ago

Stories van fb ...

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on

Ek sien dié Johan plaas ook mooi stories en gaan probeer om dit hier te plaas soos dit op fb kom.

Willie van Romburgh plaas ook op fb en ek gaan dit saam Johan sin plaas want kry nie meer van Johan nie.

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 29/08/2019 - 16:28

JOHAN STORIE 5

Klip in die bos....... hoekom is die diere nooit probleem vir die eienaars nie, MAAAAR vir die mede kampers???????

Die diere in die park moet verhuis terwyl die “diere kinders” daar is.

Kom ons begin met storie.

Aangekom by Plett en opgeslaan. Eers net al die vriende en die kamp familie gaan groet.

Jan van Noord Wes met sy Labrador. Faan met sy 2 keffers, Johan met sy steenbok hondjie en dan die Kamp sekuriteit ou met sy bruin Doberman. Hy bly permanent en sy hond is kamp getrein. Hy trein hier en daar deur die woonwaens en los dan sy merk. Sy eienaar ontken dit hewig en raak dan moerig, al wys ons vir hom die video. Die Switsers van die Kaap is ook daar met 2 groot mak honde.

Ons reël braai die aand en almal sit gesellig om die vuur en stories uitruil. Jy weet mos ons praat oor ons familie en hulle praat een stryk deur van hulle diere kinders.

Die arme diere kind is so sensitief en kan net sekere soort kossies eet. Gewoonlik uit haar hand.

Die arme liefde bolletjie slaap tussen ons op die bed en eet saam om die tafel.

Ons moet gedurig luister na hond wat glad nie blaf nie, wat kom vra as hy/sy wil water aftap of sisteem wil skoonmaak, wat nie die ander diere pla nie "ensovoorts.

Kyk, ek het self 4 straat geteëlde honde wat buite slaap en ek is lief vir hulle, maar daar is`n streep wat nie oorgesteek word nie. Op die bed???? (# Not `n damm)

So kom al die diere kinders mos saam na die braai en ruik ruik die hele wereld vol.

Sê die buurvrou, ag kom sit hier op die tannie se kombersie, sy sal mos nie omgee nie.

My vrou se gesig verander en sy gluur die arme ou bloedjie aan.

Hy kyk so ewe vermakerig na my en strek himself lekker uit. Ek weet dat daardie kombers is geskiedenis en sal weggegooi word.

Ek hou hom in die oog en sien hy kyk my tent uit. Hy spring daar af en loop so ruik ruik aan die tent.

Ek kyk nog vir die diere kind en…..daar piepie die BL____ se ding op my nuwe draf skoene.

Sê sy so ewe, ai, my man, hoekom het jy nie vir haar uitgevat vir haar ablusie nie?

Sê sy, toe maar ma se kind, ek sal die oom se skoen sommer daar onder die kraan gaan afspoel.

Vir my word te vertel, gooi net so bietjie Dettol op daardie plek en hy sal reg wees.

Sy sien my erglikheid en staan so ewe nader, plaas haar drankie op die grond en tel my skoene op.

Teen die tyd wil ek daardie hond se lekplek knoop en ek weet daardie reuk is permanent in my tekkie.

Sy stap na die kraan met almal wat haar agterna staar en ek voel hier gaan ek gaskit blaas.

Johan Middelburg sit sy hand so op my arm en sê vir my, wag nou buurman, kyk na daardie Doberman, hy laaik nie die gemerkery deur die ander honde nie.

Ek kyk om na die Daai doberrman, hy ruik ruik so en wragtag daar gaan merk hy daardie plek waar my tekkies gestaan het en daai “mamma” vrou se glas staan.

So paar spuite land in haar drankie en Johan sê so ewe vroom. Wat mamma se oog nie sien……

Kom buurvrou terug en tel haar drankie op.

Sy sê, Pappie dit is nou ons kindjie se slaap tyd, kom ons moet nou loop. Laat ek net gou my drankie klaar drink.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 29/08/2019 - 18:48

Johan storie 4 (Kamp storie)
In Januarie net na die skole weer begin het, was ons by Plett vir ons jaarlike vakansie. Die kamp was nog baie leeg en die kamp vriende (almal pensionarisse) het so een na die ander daar aangekom om op te slaan.
Johan Middelburg vertel van die jag wat so lekker was die winter en Willem Denel (hy werk daar) was paar keer die jaar in Midde Ooste. Dries van Ligtenburg (miskien verkeerd gespel, maar julle weet mos waar dit is) is ook daar en vertel van al hulle kamp deur die jaar. Piet en vroulief (oud onderwysers) so pas met pensioen gegaan en vol lewe. Die dokter, ek vergeet nou sy naam,……sielsgenote almal.
Die manne was water toe om wit mossels uit te haal vir visvang later die dag en die vrouens dorp toe om “dinge” te gaan koop.
Ons sit elkeen met beker koffie besig om die afgelope jaar se ondervindings te deel en hier kom daar `n 4x4 bakkie met `n groot woonwa. Die man is baie behendig en parkeer daardie wa asof dit deel is van die bakkie. Draai die stutte op en maak die wa gelyk. Woerts en daar gaan hy vort. Nou julle weet hoe kan vroumense skinder, wel, mans sal hulle ore aansit. Elkeen het storie te vertel hoekom het die man nie die tent op geslaan nie? Soos watter soort werk doen die man en waar is sy familie. Ons is nogal verbeeldingryk en die stories groei tot hoogs geheime goeters.
Baie later daardie aand terwyl ons braai kom daar baie mooi nuwe Volvo stasiewa ingery en na so draai of twee deur die kamp stop dit by ons. Vra so `n engelse mens my “we are looking for number eighteen”. Nou dis waar die groot woonwa staan. En ek wys vir hom sonder om my gebrekkige engels te gebruik. Met die Volvo se ligte raak daardie mense besig en jy hoor net pale and goeters val. Ons bespreek om hulle te help, maar sien daar is 2 groot seuns wat ma en pa kan help. Net daar besluit ons toe, nee wat, hulle is ou kampers en hulle wa is mos klaar reggetrek, niemand wou in elk geval daadie tyd van die aand engels probeer praat nie.
Die opslaan gaan gepaard met die normale verloop, soos, aanvanklik word daar gelag en dan soos die tent opgeslaan word raak die stemme so bietjie luiddriftig en daar word met meer “erns” met mekaar gekommunikeer. Die mense is seker moeg na die lang pad (GP registrasie) en die hele tent kry nie sy vorm en posisie nie en kort voor lank sien ons hulle smul aan iets wat hulle langs die pad moes gekoop het. 
Voor ons by ons nagereg (Amaroela kelkie) kon begin is die ligte daar af en hulle gaan slaap. Kort daarna is ons ook klaar en die pad na die kleed kamers word soos die verkeer in Kaapstad. Almal is oppad na kleed kamers of oppad terug en so in die verbygaan word daar eers weer gekuier.
Ek is lankal in die bed dan hoor jy nog “lekker slaap buurman” soos die praatjies en verkeer vanaf die kleed kamer opdroog.
Soos julle weet wanneer daar gekamp word, is opstaan jou eie ding en jy doen dit soos jy wil. So om en by 6 uur die oggend sit ek so ewe voor my tent en sien die Volvo mense (wat net oorkant my staan) se tent is toe nie opgeslaan nie, maar lê net so op die grond. Met die kom daardie Volvo man daar uit die woonwa gestap en ek sien hy staan en kyk die hele spul so met sy hand in die hare.
Ek groet en nooi hom om koffie en beskuit te kom nuttig.
Die man kom oor en stel himself bekend as Darcy Beckham. Kan nie woord Afrikaans praat nie en ek skrik so vir die engels dat ek net hier en daar iets uitmaak van wat hy sê. Sit en dink ek, ek moes eers tanne gaan borsel het voordat ek engels probeer praat.
Vertel die mannetjie, (so maar en wit ek is seker hy was nog nooit in die son nie) hy is van Ireland (dis eindlik Ierland maar ek gaan nie vir hom vertel hy ken nie eers die plek se naam vanwaar hy kom nie). Nou ja, ek het hom oorgenooi en nou moet ek luister. Gelukkig kom Johan Middelburg (My naam is Johan kuite) aangestap en hy word vining in getrek. Watter bleddie fout. Het julle al die mense in Middelburg hoor engels praat……HULLE KANNIE… Nou vra Johan Middelburg aanmekaar vir my, wat sê die bleek mannetjie nou? Ek voel soos bleddie fool, ek dink nou nog hy het ook gedink Africans are not so clever!!! Ek sien vir Willem Denel aangstap kom en dink by myself, hy reis mos die wereld vol, so hy sal seker engels kan praat. 
Die storie kom so stadig by ons ou groepie tot openbaring. Die Darcy is met `n Afrikaanse meisie van Centurion getroud en hy was nog nooit in “AFRICA” nie. Sy het saam met haar ouers vir baie jare hier gekamp en sy wou haar familie (18 jaar getroud en oorsee) die laat ondervind.
Nou julle ken mos die gesoute kamper, hy weet alles en het al alles gedoen, so neem ons ou manne dit maar op onsself as die regte mense om hom te leer. Daar word hond uit bos gekuier met Willem wat meer moet help met die vertaalling as ons die, ek is uitgesluit/verstaan nie, uitdrukking op ons gesig kry.
Die groep het nou al gegroei tot 7 manne. Die Ierland engelse man vertel ons dat hy nog nooit gekamp het nie en gisteraand was “A BLOOMING NIGHTMARE”. Sé hy “we arranged that my inlaws caravan will be erected for us by the storage company. They, however forgot to setup the tent for us. We tried with no success. My missus (snaaks se naam vir jou vrou) is or are (ek weet nooit wat is die regte een om te gebruik nie) at the reception to enquire about this problem”.
Ons kry die bleek man jammer en een, twee, drie is ons almal op die selfde golf lengte met “no problem, we helps you”. Soos een man spring ons op en begin die tent opslaan. Binne 1 uur staan die tent en pronk. Spiekeries al moet ek die self sê.
Met die kom sy Afrikaanse vrou daaraan en sy sukke,l praat ook in die engelse taal (het blykbaar baie lanklaas Afrikaans gepraat).
Sy deel ons (ons andelhelftes het ook al bygekom en die tent binne begin regkry met alles wat binne in woonwa was) mee dat sy uiteidelik haar ouers in die hande gekry het.
THERE IS A PROBLEM, ACCORDING TO MY MOM, THE CARAVAN HAS BEEN PARKED AND THE TENT AND ALL OTHER ITEMS PLACED ON APPROPIATE PLACES. JUST READY FOR US TO MOVE IN.
Ek kry so in my lyf`n gevoel (amper soos die koue wat kom in die winter) dat hier kom `n ding en vra ek die engelse man en vrou ”WHAT NUMBER DID YOU SAY IS YOUR STAND”? Sê hy, maar baie meer duidelik as gisteraand, stand number eighty. Ek is baie seker hy het gisteraand eighteen gesê. Dis toe dat ek onthou van die vriendelike mannetjie wat eergister die woonwa agter my kom parkeer en opgeslaan het vir die mense wat uit Europa kom kamp.
Die hele flooping kamp het so gelag oor die episode en enige woonwa wat daarna ingekom het, was een of ander “vriend” se uitroep, JOHAN KUITE! WAAR MOET HULLE STAAN?
Toe daardie ou wie se tent ons per ongeluk opgeslaan het daar aankom, het paar van my sogenaamde vriende hom gaan inlig. Ek het natuurlik in my tent die spulletjie dopgehou. Daardie man het so oor die pad gestap en sê vir my, ouboet, JY het my dag gemaak en ek wil julle almal nooi om saam met ons te kom braai, julle is my soort kamp-mense. 
Hierdie kamp storie is ou al holrug gery, want elke keer as ons kamp, hoor ek `n ander weergawe.
`n hele paar keer vertel ander mense ons, het julle al gehoor van daardie klomp stupid mense wat die verkeerde woonwa tent en kamp opgeslaan het, juis in dié spesifieke kamp. Dan raak my wange weer rooi en ek laaik daardie mense glad nie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 29/08/2019 - 19:05

Johan Kamp Storie 2.

Onthou julle nog die tyd toe ons ouers gekamp het met tente. Die kamp plekke was maar langs die see of in die veld, op plase en die eenigste voorwaarde (my ma sin) daar moet lopende water wees. Draai loop was `n gedoente op sy eie. Put toilet, emmer ens.
Die tente was groot en swaar met baie pale, groot penne (vir diep inslaan in die los sand) en toue. Sleep waens was daar nie veel van soos vandag nie. Die motorkar was groot en alles het in hulle gepas.
Ma het weke lank beskuit en koekies gebak. Gemmerbier was gemaak en vleis voorberei wat saam moes gaan. Slaap goed en klere was gepak. Allerhande kos was in appel en perske kratte gestoor. Ons moes aartappels en uie uit die tuin haal en in streep sakke pak om saam te neem. 
Ons as kinders was so opgewonde dat bo-op mekaar en op `n knop sit geen moeilikheid veroorsaak het tussen ons nie. 
Ons het gesing en speletjies gespeel in die kar op pad daarheen.
Die een wat eerste die see sien………julle elkeen kan dit self onthou en herleef.
Al wat leef is reeds daar en opgeslaan of besig daarmee. Almal stap en kom maak kennis, ou vriende en familie wat lanklaas gesien was.
Die Pa was die een wat die tent moes staan maak en ma het soos sammajoor net gepraat en jy (en pa) moes spring. Ons was so dankbaar dat mede kampers (ander mense wat familie geword het tydens vakansie) kom help het.
Die eind produk wat daar gestaan het was massief en daar was die kombuis gedeelte, die slaap area en dan, die kuier area. Lekker plek was uitgemerk vir die vuur
Ons het nie ongemaklik gevoel oor ons ou gebruikte beddegoed en klere nie. (Jy moes ou klere saamneem en die nuwe klere het by die huis gebly). DIT WAS ONS SIN, KLAAR BETAAL EN ONS WAS TROTS DAAROP. Speelgoed en fietse, jammer ons het nie gehad om saam te neem nie.
Die aand braai ons en almal bring eet en drink goed. Dit voel soos kerkbasaar. Ons lag en speel en eet en drink gemmer bier. Die grootmense praat `n hond uit die bos uit en deel hulle ondervindings en hoor die nuus oor ander mense en provinsies. Die Transvalers (vaal pense) is ook in groot getalle teenwoordig.
Laataand word nog lekker gekuier rondom die vuur. Maar boeta as die grootmense se ons moet nou tot rus kom, dan was dit so, wel amper. Daar was nie geskel en skreeu op die kinders nie. JOU AGTER ENT HET VERJAAR. En die vreemde ding was, die buurman kon jou maar pakslae gee. Dit het nie jou beeld afgetakel en jou mens wees bederf nie, in teen deel, die volgende dag was jy die “man” onder die kinders, want jy kla nie. Maar bewee jou as jou ouers daarvan uitvind.. dan.. dan, dan VERJAAR JOU “GAT”.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 29/08/2019 - 19:08

Johan storie 6.
Ek is seker julle onthou die verskillende tye van kamp.
Ons het getoer met die sleepwa en tente. Yskas en vrieskas, dit het eers later met tyd en geld gekom.
Dan moes ons ook water en aanmaak koeldrank in vrieskas vries om so lank moontlik koud te hou.
Trek by die huis (Centurion) weg met vleis wat hard gevries en in spesiale verpakking geplaas.
Elkeen het water en koeldrank uit die selfde bottel in hulle bekers gekry om te drink. As coke oopgemaak word, het elkeen `n beker vol gekry. My vrou se leuse was: DEEL met mekaar.
Desember maande is warm en ons toer so Aliwal Noord (toe dit nog bestaan het) deur na P.E en dan stadig af na die moederstad en die skoonma in Parow.
Die 3 kinders so 3 tot 7 jaar oud is nog kinders en geniet elke oomblik. Lekker eetgoed hou hulle aan die gang en speletjies maak pad korter. Daar was nie Petro port en Ultra city op die paaie nie en Mamma, ek wil Piepie. Stop was `n no-go. Leviete word voorgelees in hoof letters. Moet nie elke dorp of gehuggie wil stop nie.
So die kinders was maar baie bly as ek sê, ek is dors, want dan kry elkeen van die vloeistof.
By die 1ste kamp (Aliwal Noord) aangekom almal opgewonde en almal help opslaan. Daar was nie mense wat dit kom doen het nie. Dan is dit tyd vir ontspan en vriende maak was aan die orde van die dag. Baie makliker as vandag.
Twee dae later is ons vroegoggend reg, gevoed en gepak op pad na P.E.
Hier by 12 uur, dan raak dit warm en die water en koeldrank is alles warm. Nou soek ek ys en by sekere van die dorpe wil die mense nie vir jou ys gee as jy nie drank koop nie. Ek is nou nie drinker nie, maar ys wil ek he.
So, koop een bier en dan kry jy `n gratis pak ys.
Die aand in Somerset strand, opgeslaan en besig om te braai, drink ek toe die bier van daardie dorpie.
Sit my seun so eenkant en ewe droog sê hy “Ek kan sien hoekom mans bier drink”. Vra ek nou in my onskuld, hoekom?
“Omdat hulle dit nie met die kinders hoef te deel nie”.
 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 29/08/2019 - 19:14

Johan kamp storie 1

Hier in die 80`s het vriende van my se ouers woonwa en elke jaar kamp hulle by Uilkraalsmond. Ek en my vrou (pas getroud) huur tent en ons kamp saam. Die tent het nie grondseil nie en spoedig is alles vol sand. Dit was `n fees van vakansie en die tent se laaste huur.

Terug by die huis begin ons woonwa soek. Na vele omswerwinge kry ek person wat wil verkoop. Op tyd daag ek daar by sy huis op. Die man wat die deur oopmaak was oud onderwyser van my en het met swaar hart sy Gypsey verkoop.

Soos jong mense nou maar eenmaal is, moet ek nou kar soek om te kan sleep. Ek het Datsun 140Ygx gehad en geld was min. Ek kry toe 1800sss enjin en bou dit daarin. Ongelooflik kragtig en die was een van my lekkerste voertuie. Bou my eie sleepstang en pas dit op Datsun.

Desember breek aan en ons, met 1 dogter 2.5 jaar oud en die ander een 5 maande, is gepak (camping cot, pram, klein een en die met die groot wiele, doeke, steri nappy, klere, speelgoed en al die goed in my vrou en die kinders se kaste) reg om te ry. Ek was stukkend baklei om van dit by die huis te los, maar ou maat ek het daardie geveg verloor. Ek wil net baie saggies byvoeg dat ons (ek) nie alles ingepak het nie, maar ek was baie oor die kole gehaal daaroor.

Wat `n storie om die boonste deur toe te maak, die goeters was, veral die laastes, net ingegooi oor die onder deur en die bo deur toegeklap om alles in te hou. “Ons sou met die uitpak alles organieseer”. (Ons maak nou nog van daardie sin gebruik as ons gaan kamp.)

Vertrek uit Belleville 12 vrydag middag. By Sir Lowry's pass gekom en dit is vrek steil met draaie en man die Datsun gedra homself en loop 2de en 3de rat die berg uit, verby paar ander woonwaens wat gesleep word deur ander voertuie.

Toe ek afdraende ry het ek baie vinnig gevoel die motortjie is bietjie lig want die wa het die Datsun so bietjie beheer van agteraf. So ek het my spoed maar aangepas.

By kampplek aangekom, my staanplek gevind en begin opslaan. Baie meer as net dit het gebeur maar dit kan later vertel word.

Die volgende week braai ons almal en een van die bure vertel my, dat toe ek met my Datsun en Gypsey daar inkom se hy vir sy vrou hy kom seker net hier van die dorp af want daardie klein karrietjie en so groot woonwa?

Hy se man, toe jy daardie deur (boonste hefte) oopmaak en ek sien wat jy alles daain het was my woorde…DAARDIE MAN IS Be------. En nou wil jy my nou vertel dat jy het vanaf Bellville met die kombinasie en daardie vrag gesleep.

Ons lag nou nog oor hoe naief ons was in ons jeug en ja, het ook baie geleer met die jare.

Nou sit en kyk ons wanneer nuwe kamper by kamp opdaag na al die gebeure.

Party keer lag ons lekker en anderkeer help ons en dan, dan is daar die manne/vroue wat met “””beter weet helfte””’”” daar aankom en dan spat die vonke lank voor die vuur brand.

Groetnis

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 12/09/2019 - 15:50

Johan storie 8. 
Na gelang van plasing oor die POSMAN.
Ons was arm mense wat in die Kaapse vlakte (Wetton) ons kinder jare deur gebring het. Die buurman oom het vir my altyd vakansie werk by die hoof poskantoor in Kaapstad gekry. Ek het Desember maande (1987 tot 1970) in Kaapstad as skolier ook pos help aflewer. Vroeg uit die vere want ons moes so 15 minute se stap tot by stasie end an met die trein Kaapstad toe. Kort broek met sokkies en skoene aangetrek, moes altyd voorbeeldig wees. Ek was die kleinste mannetjie, maar het met die grootste bevoel van belangrikheid (en vrek bang) daar gestaan. Die Oom wat die werk uitgedeël het, was baie verbaas dat ek al 15 jaar oud was en glad nie seker of ek die werk kon doen nie. Maar ek het so selfverseker hom meegedeël dat ek reg is. Daardie sak was swaar en ons roete was in Tamboerskloof. Op en af in die steil strate. Daardie gevoel van die pos sak wat stadig maar seker ligter raak. Die posman kon enige tyd op die bus klim sonder om te betaal. Baie mense het die posman by die hek ontmoet en hy het almal geken. Ek het hele paar keer van die mense fooitjie (tip) ontvang en die posman het my geleer om vriendelik te wees, selfs teenoor die ou brom bere. Die Oom daar by die poskantoor, het elke keer vir my gevra, “boeta sien jy kans vir more oggend, onthou die pos sak raak al hoe swaarder hier na Kersfees toe”. Dit was so lekker gevoel om te gaan “werk” en al jou maats was baie jaloers. Baie goeie verdienste gewees. Ek moes ook my salaris geld met my ouers deel. Dit was toe DIE REGTE DING OM TE DOEN en niks anders nie. Heng dit was nou lekker om daardie jare te herleef. Onthou om met die lees ook kommentaar te lewer asseblief, al is dit net een word, want dit laat ons sien of die soort stories byval vind al dan nie. Groetnis.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 12/09/2019 - 20:45

Dankie Willem !  Die eerste storie oor die honde-kinders is so tipies van vandag nog.  Ek is 'n groot voorstaander daarvan dat troeteldiere nie saam vakansie moet hou nie want dis altyd steurend vir medekampeerders (en ek praat nie net van lawaaierig nie).  Die paar pompe van 'n ander hond in die tannie se glas is kostelik !

My annerhelfte stuur my vandag winkel toe en glo dit as jy wil, by Checkers kom daar 'n ouerige tannie uit en stoot een van die kleinere trollies (met die twee maandjies, een bo en een onder).  In die boonste mandjie waar ek gewoonlik brood, melk, kas en sulke kossoorte plaas, sit die tannie se hondjie en haar inkopies in die onderste mandjie !  Kan jy dit glo dat 'n volwasse vrou dink dit is reg dat die hond binne-in 'n kruideniers-mandjie sit wat iemand anders weer gaan gebruik ?  Dieselfde geld vir mense wat troeteldiere saamneem om in 'n oord te gaan kamp.  Ek is 'n diere-liefhebber, maar daar is beslis perke waar jy toelaat dat jou huisdiere hulself tuismaak.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 13/09/2019 - 08:55

Len, ek blameer die winkel bestuur in so geval, ons Spar verbied diere in die winkel, daai vrou moet haar brakkie by die huis los. Dit is ongeskik om so iets te doen.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 11/01/2020 - 13:12

Kampstorie No 20

Dis weer Buffelspoort – Desember 1998

Die kinders is studente en wil alleen gaan kamp saam met hul maats, maar pa moet die Gypsey Buffelspoort toe sleep.

Kyk, met ‘n klomp jongelinge weet mens nooit en as almal nog vol universiteit en koshuis streke is, wel…

Die gedagte was om die rally tent aan die voorkant op te slaan as kombuis en die hooftent aan die agterkant… dis dan die manne se slaapplek, weg van die dames. Eers toe ons klaar voor opgeslaan het, ontdek ek dat die wa nie aan die agterkant plek het om die tent se dwarspale in te druk nie en dit dus nie moontlik is om dit daar op te slaan nie. Goed, toe haal ons maar weer die rally af en slaan die hooftent op die gebruiklike plek voor op. Ek besluit toe net daar dis nou tyd vir pa en ma om te ry, hoe die ses studente hul slapery uitsorteer is hulle saak.

Na ek hul nogmaals gewaarsku het oor onnodige lawaai, harde musiek, gewone studente oproerigheid en dergelyke dinge, is ek en vroulief toe daar weg.

Wat my heel gerus gemaak het oor die klomp studente daar op hul eie, is dat die kampeerder langs hulle toe ‘n jong predikant en sy gesin is. Toe ek en vroulief na ‘n week daar opdaag, toe sê die dominee dat die studente hul darem heel skaflik gedra het… ek vra toe of hy wil uitbrei daarop, maar hy sê toe met 'n stout glimlag, nee, liewer nie. Nou wonder ek nogsteeds oor daai studentekamp…

Vandag, baie jare later, is die klompie studente verantwoodelike volwassenes, almal met hul eie gesinne. 

En nogmaals, kamp bly maar lekker!

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 11/01/2020 - 14:13

Kyk, dit was seker 'n storie van lekker lepel-lê,........."maar hou jou lepel op sy plek !"

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 18/01/2020 - 10:25

Kampstorie No 21

Nou soos ek al voorheen gesê het, my sleepvoertuig tydens die negentigs was ‘n VW 2.1 mikrobus.

My seun het sy eie tent gehad wat hy kon opslaan net waar hy wil, solank ek nie kon sien hoe lyk dit daar binne in die tent nie. Die bus was egter tydens kampe my dogter, Salomè, se slaapplek.

Die gordyntjies in die bus was heel goed vir die dag, maar snags wanneer sy ‘n lig sou aanskakel, het die agterste gordyn ietwat deurgeskyn, nie aanvaarbaar vir ‘n tienerdogter nie. Ek het toe by die agtervenster ‘n platgedrukte boks laat regop staan om die venster te bedek, wat toe darem privaatheid verseker het. Op die boks was daar op die een kant gedruk “Buksie”. Ons kon nooit agterkom waaroor die Buksie naam gaan nie, maar het die naam gebruik om Salomè mee te terg en na Buksie te verwys as haar boyfriend. Die Buksieboks het toe orals saamgegaan wanneer daar gekamp word.

Baie jare later, lank na die bus al verkoop is en die Buksieboks ook nie meer geleef het nie, het ons nogsteeds verwys na diè boyfriend. My geheue laat my nou ietwat in die steek, ek kan nie onthou of dit ‘n kêrel was of selfs al die verloofde nie, toe dit weer eendag tydens ‘n braai ter sprake gekom het. Na daar ‘n paar keer na Buksie verwys is, wil die boyfriend toe weet “wie is hierdie Buksie ou nou eintlik”… ek kon dit nie verhelp om weer te terg nie, en sê toe Buksie is die eerste ou by wie sy geslaap het… daar was heelwat gebloos en ge “ag pa”…  maar ek meen, eintlik was ek mos nie helemal verkeerd nie…

Genoeg vir eers… en… kamp bly lekker.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 25/01/2020 - 10:40

Dit was Oktober 2000 en hier is ons nou met ons eeste en enigste besoek aan Omaramba, oorkant Buffelspoortdam. Hierdie hele naweek het ons fantastiese weer gehad. Daardie tyd was dit nog ‘n baie lekker oord, ek het egter geen idee hoe dit nou daar lyk nie.
Met die rit soontoe (sleep met ‘n Astra 1.8) en ook met die aanvanklike begin van kamp opslaan, het alles goed verloop… nou jul verstaan mos, soms, net soms, ervaar mens die behoefde om net vir oulaas seker te maak alles is goed vas…ek gee toe elke tentpen so ‘n laaste hou met die vierpond staalhamer… die finale hou, was toe die fout…dis die pen by die middelste paal voor, en daai pen steek dwarsdeur ‘n ondergrond waterpyp… en die water spuit so drie meter hoog die lug in… en vinnig is die mooi gras deurweek en die modder wil-wil begin deursyfer.
Hul sê mos ‘n boer maak ‘n plan… ek pluk daai pen uit en verleng die tou en slaan die pen baie verder weer in. Ek maak ook seker daar waar die pen eers in was, is geen teken daarvan dat ek iets met hierdie water spuitery te doen het nie.
Baie vinnig draf ek kantoor toe en vertel hulle (baie onskuldig) daar is iewers een groot fout… een oomblik is alles nog wel en volgende oomblik is daar ‘n rivier voor my tent.
Die werker wat die waterpyp kom oopgrawe het, kyk my aan en sê “maar meneer, hier is dan ‘n koelronde gat in die pyp”… ek hou my vinger op my lippe en sê “sjuut, maak net reg, jy kry ‘n bier”… net daar is alles opgelos, pyp herstel en ons kamp voort.
En ja, soos gebruiklik, moet ek sê… kamp bly lekker.
 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 01/02/2020 - 15:23

Pearly Beach, Desember 1990
Nou kyk, as mens die pad see toe vat, dan gaan alles mos sommer klopdisselboom… veral as jy ‘n gebore kapenaar is wat al jare in Gauteng woon.
Dis ‘n lang reis met die mikrobus, want die roete Pearly Beach toe gaan via Oudtshoorn, waar ons eers familie ontmoet en saam kuier in chalets by ‘n oord wat se naam ek nou nie meer kan onthou nie, dit was nie vêr van die Kangogrotte nie, aangesien ons daar ook ‘n draai gemaak het, sowel as by ‘n volstruisplaas en ‘n krokodilplek.
Na so drie dae vat ons weer pad, Parow toe om my oom Dippie op te tel en toe reguit Pearly Beach toe.
Ek weet nie hoe dit deesdae daar lyk of wat die opset met kampering is nie, maar daai jare het jy jou plekkie op langtermyn gehuur (een van daai 99 jaar goete) en jou woonwa daar parkeer, dit was ook die reël dat niemand ‘n tent by die woonwa opgeslaan het nie, daar is eerder ‘n houthut aan die karavaan vasgebou. Dit is waarom Dippie moes saamgaan, dis sy woonwa wat ons daar gaan betrek.
Daar was toe nog ‘n paar leë staanplekke en mens kon dit bespreek vir naweke ens. So gebeur dit toe dat ‘n halfdosyn jongmanne direk agter ons staanplek hul tent kom opslaan. Kyk, die klomp manne het geweet van kuier, nooit voor soggens 11:00 by tent uitgekom nie en dan sommer weer net so verdwyn, om dan weer laatnag te arriveer en lawaai te maak, goed gesuip en met geen respek vir ander nie. Hulle staanplek was ook sommer morsig, leë blikke en bottels, aangebrande pappotte, vuil onderklere op die boomtakke en net algemeen onaanvaarbaar. In die gesindheid van die feesgety, het ons maar vir paar dae stilgebly… tot hulle een nag weer kom lawaai het… die laaste strooi.
Ons druk maar ore toe en die volgende oggend toe hul weer op hul dagtrippie vertrek, toe klim ons in… alles wat buite rondlê word opgetel, ons maak behoorlik skoon en gooi alles in die tent. Van die vuilste goed ingesluit skottelgoed en die halfvol pappot word in hul slaapsakke gedruk en toegerits. Die halfgedrinkte bottels is ook in slaapsakke leeggemaak. Toe trek ons die tentpenne uit en laat alles platval.
Diè nag toe die maters terugkeer, vind hul die plek in chaos… ons lê en luister… hulle lawaai en vloek wil net die sondige bykom… toe die een wat die nugterste is, almal stilmaak en sê “ouens ek dink ons moet oppak, want hier gaan ons gedonner word”.
Van daar af het ons in vrede gekamp.
En ja… kamp bly lekker.
 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 06/02/2020 - 17:26

Almal wat kamp het al die ondervinding gehad dat die buitelanders nie so gesteld soos ons mense is oor hulle lywe nie.

Hulle trek baie maklik hulle klere uit en die swem klere aan daar voor jou. Ons is dit natuurlik nie gewoond nie en tree maar “aardig” op indien ons dit ervaar.

Kamp ons daar in Yellow Sands en die plek is nogal vol.

Langs mekaar staan Johan en Elsa, dan Piet en Letta met Hugo en Ria aan die ander kant.

Oorkant die pad trek daardie middag een van die “Motorhomes” in.

Man en vrou so in die 30 haal twee stoele uit en gaan sit en kyk oor die see.

Nie lank nie en die twee is daar weg strand toe.

Na so uur of twee kom hulle terug en Johan sien die vrou is besonders aantreklik.

Hy groet hulle en hoor die vreemde aksent.

Nou ja dit is tyd vir braai.

Johan steek die vuur aan en gaan sit op sy stoel langs die vuur.

Na so `n rukkie kom die vrou vanaf die badkamers terug gestap en Johan sien toe sy hier by hom verby stap dat sy het die handdoek net om haar middelyf en die boonste gedeelte is oop en bloot.

Hy verstik amper in sy Brandy en Coke.

Die volgende dag vertel hy vir Piet van die petalje.

Die aand toe Letta vir Piet die vleis gee om te braai, fluit Johan en Piet sit die vleis neer op die tafel, gryp hy sy stoel en stap oor na Johan. Letta dog so by haarself, wat gaan nou met Piet aan, hy is veronderstel om te braai en nou loop kuier hy. Kort voor lank is Piet terug en vertel van “iets” wat hy gou met Johan moes gaan bespreek.

Die twee vertel vir Hugo die volgende dag van wat hulle die vorige aand gesien het. Die aand toe die Vrou badkamers toe stap, gryp al drie mans elk `n stoel en kom sit by Johan se woonwa.

Elsa, Johan se vrou bekyk die petalje uit die woonwa en dink, julle blikskottels.

Sy reël die volgende aand `n braai by hulle woonwa vir die drie manne en vroue.

Vroeg die oggend toe die Buitelanders vrou by die “Motorhome” uitkom is Elsa oor die pad om met haar te gaan praat. Baie vriendelik en al die pad van Switserland. Toer deur ons pragtige land. Praat met mooi aksent.

Elsa bespreek toe die besondere saak met die Switserse vrou. Die vrou lag lekker en stem in met Elsa se plan.

Daardie aand toe die vuur al brand en die manne saam om die vuur sit met biere in die hand, kom die Switserse vrou verby op pad na die badkamers.

Die manne praat `n hond uit die bos en net toe die vrou uit die badkamers kom en hulle hulself regmaak om te “kyk”, kom die vouens uit die woomwa en sluit by hulle aan.

Die manne probeer so onge-ert moontlik optree, maar die vrou kom op hulle af gestap. Handdoek om die middel, net soos die ander aande.

Sy stap na die manne, kyk elkeeen in die oe en stel haarself voor as Elske.

Die manne bloos tot agter die ore en kry nie `n woord uit nie.

Sê Elsa vir hulle, julle manne wou mos kyk, nou kyk.

Die vroues lê soos hulle lag saam met die Switserse vrou. Haar man sit daar oorkant op sy stoel en lag net so lekker. (Lyk vir ons hy was ook in op die ding)

Die manne het maar die aftog geblaas en was verplig om almal om verskoning te vra.

Daardie Switsers het die aand laat saam met die vouens gekuier en die drie manne het maar laag gelê en vroeg gaan slaap.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 07/02/2020 - 06:47

Buffelspoort Desember 1998
En hier is ek en my kortvroutjie weer by ons destydse geliefde oord, daai Buffelspoort was die een plek wat ons na aan die hart gelê het… deesdae weet ek regtig nie waarom nie, want intussen het ons so ‘n paar ander lekker plekke ontdek.
Maar wag, kom ons kom by vandag se storie. Maar eers, onthou jul dat ek daar iewers in die begin gesê het my stories is almal eie ervaringe? Wel, vandag gaan ek so bietjie afwyk, want hierdie storie is my vertel deur die buurman wat oorkant ons staan.
Ek onthou nie meer buurman se naam nie, maar ons het daagliks so bietjie oor en weer gesels. Hy vertel daar is aan hom vertel van die oom wat sy baie ou groot woonwa gesleep het met ‘n ewe oue V8 van daaise jare. Dit het so gebeur… die oom ry stadig die kamp deur tot hy nou ‘n geskikte staanplek gevind het, stop, bekyk die wêreld en sodra die wa staangemaak is, laai hy af. Die modus operandi was om die tent uit te haal en op die grond neer te gooi, gevolg deur die sak met tentpale.
Nou skud hy die pale uit en sodra dit daar lê soos ‘n klomp “pick up sticks”, dan staan hy rond en krap kop, bekyk die pale en krap nog kop, lig by tye sy keppie en vryf oor sy bles, dan stap hy al om die spulletjie en krap nog kop, almal kan sien die oom weet nie mooi hoe om die takie aan te pak nie. Die gevolg is dat daar altyd ‘n paar manne is wat nader staan en help, en woerts warts is die tent opgeslaan, pale gelyk getrek en penne vasgekap. En dan is die oom luidkeels baie dankbaar vir al die hulp.
So gebeur dit dat een van die helpers eendag weer so voor sy wa sit en sien hier kom daai V8 en ou wa ingery. En raai wat, die oom volg presies dieselfde prosedure van tent en pale uitgooi en kop krap. Die helper van die vorige keer stap toe oor en groet en sê “maar oom, jy’s mos ‘n ou skelm, jy’t laas keer presies dieselfde gedoen”, die oom lag heerlik so uit sy maag uit en sê “my boeta, dit werk elke keer”.
En nog steeds, kamp bly lekker, met of sonder sulke ooms.
 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 17/02/2020 - 14:24

Dié een is bedoel vir die tannies wink

Op Johan van der Westhuizen se fb.

Ek het die een van Tommie Scheepers geleen.
Alle heil aan die skrywer.

Gedink hier is n goeie een vir julle: Ek het pas die jaarlikse marteltog wat jou tot in die afgrond verneder,agter die rug. Ons praat hier van Swembroek Koop.
Toe ek 'n kind was, was baaibroeke vir grootmens-tannies spesiaal ontwerp vir vroue met 'n volwasse lyf.
Met al die baleine, ondersteuning en versterking was dit eintlik meer ingenieurswonders as kledingstukke.
Hulle moes als bymekaar hou en oplig, en dit het gewérk.
Vandag se swembroeke van rek-lap is eintlik bedoel vir meisiekinders wat nog nie hul puberteit bereik het nie, en wie se lyfies lyk of dit fyntjies uit marmer gebeitel is.
Vroue met volwasse lywe het nie juis 'n keuse nie. Hulle moet by die kraamklere-afdeling gaan toustaan en geblomde affêres met rompe aanpas sodat hul kan lyk soos die seekoeie in Walt Disney se "Fantasia".
So nie moet hulle maar by die rakke met gewone swembroeke rondsnuffel en kyk watter van die stukkies rubberrek in glimkleure hulle die minste slegpas.
Wat kon ek doen? Ek het maar rondgesnuffel.
Ek het een uitgekies en in die martelhokkie, ook bekend as die aanpaskamer, verdwyn.
Wat my eerste oor die baaibroek opgeval het, was die ongelooflike trek sterkte van die rekmateriaal.
Ek dink die Lycra wat in swemklere gebruik word, is deur NASA ontwikkel om Klein vuurpyle met ketties te lanseer.
Die bonus is dat as jy jou lyf in 'n Lycra-baaibroek kan inwurm, dit sommer ook jou organe teen 'n haai-aanval beskerm: enige haai wat dom genoeg is om aan jou middellyf te probeer hap se kakebeen sal deur die terugspring aksie afgeruk word.
Ek het my in die eerste swembroek ingewurg, maar toe ek die laaste klein skouerband oorhaak, skrik ek my boeglam.
My boesems was skoonveld!
Ek kry toe eindelik die een, onder my linker armholte. Na 'n rukkie toekom ek ook op die ander een af: platgedruk teen my sewende ribbebeen.
Dis oor vandag se swembroeke nie 'n ingeboude bra het nie. Die volwasse vrou is veronderstel om haar borste oor haar borskas uit te sprei tot dit soos 'n spoedwal lyk.
Ek het my spoedwal gerangskik en weer in die spieël gekyk.
Die swembroek het gepas.
Maar ongelukkig het dit net dié dele van my gepas wat bereid was om binne te bly.
Die res van my het oral uitgepeul.
Ek het gelyk soos 'n stuk klei wat in 'n te klein vel kleefplastiek toegedraai is.
Toe ek nog so staan en wonder waar al my ekstra dele dan vandaan kom, het die verkoopvrou om die gordyn kom loer: "O, daar's julle almal." "Ja,dis almal ek," het ek geantwoord terwyl ek my ekstra dele so bekyk.
"Het julle nog iets wat ek kan aanpas?"
Ek het 'n roomkleurige een van gekreukelde materiaal aangepas.
Dit het my soos ontwerpers kleefband laat lyk. 'n Geblomde tweestuk het my soos 'n oorgroot servet in 'n servetring laat lyk.
In die luiperd patroon-eenstuk met die valletjiesrand het ek gelyk soosTarzan wat met die verkeerde voet uit die bed geklim het. Die deftige swart baaibroek met die middellyf van netmateriaal het my laat lyk soos 'n jellievis wat rou.
En die pienke?
Sy bene was so hoog gesny dat ek my wenkbroue met was sou moes verwyder as ek dit wou dra!
Uiteindelik het ek een gekry wat pas.
'n Tweestuk met 'n kortbroek-styl onderste en 'n halternektop..
Dit was goedkoop, gemaklik en het mooi gemaak met my knoppe en bulte.
Ek het dit gekoop.
By die huis het ek die etiket gelees: "Materiaal kan deurskynend raak in water."
Maar dra gaan ek dit dra.
Ek moet net eers leer hoe om op droë grond borsslag te swem.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus