Klip vanger
Middag Johann
Ek het lank gelede 'n foto gesien waar iemand juis dit opgehang het aan sy bakkie se agterkant. Die persoon het Botswana en Namibie plat getoer en geen skade gehad nie.
Toevallig in so ruk terug se Wegsleep/Ry 'n beriggie gelees hoe die persoon sy agterruit verloor het, en alles natuurlik agterop die bakkie onder die stof.
Ek hoop die hardebaard grondpad slepers kan goeie raad gee.
Groete
Wessel....
Wessel, ek kan natuurlik nie met ondervinding oor hierdie onderwerp saampraat nie. Maar een van my kamppêlle wat 'n Bushlapa Baobab sleep met sy Land Cruiser, het soos volg tewerk gegaan : Hy het onder die LC, dwars oor die hele voertuig, van links na regs 'n endjie agter die agteras, los conveyer belde laat hang wat permanent daar hang. Dit bestaan uit vier of vyf los stukke en keer dat klippe van onder die LC opskiet teen die BL en dan weer terug na die LC se agterruit. Die feit dat dit los stukke is wat kan swaai, keer dat windweerstand nie brandstofverbruik nadelig beïnvloed nie en ook dit kan nie vashaak aan middelmannetjies nie.
As hulle grondpad ry, span hy ook 'n skadunet oor die BL se disselboom en voorkant om opslag klippe se wegspat te versag.
Dankie Wessel en ander
Wessel
Dankie dat jy my in die rigting van die draad gewys het. Nou wonder ek waar koop mens vervoerbande. Die 4x4community forum reken Builders hou dit aan, maar ek het nog nie so iets in Worcester se Builders Express gesien nie. Ek sal kers opsteek by my tentmaker, hy is nogal 'n man met 'n plan. Ek was juis gisteraand daar om finale afmetings te neem en die wa gaan dan die laaste naweek van die maand na hom toe om die tent klaar te maak.
Redelike goedkoop oplossing
Ek het ‘n redelike goedkoop oplossing gemaak vir ons toer Kgalagadi toe oor presies ‘n maand. Die draad wat ek geskep het voordat Wessel my na hierdie een verwys het, het foto’s en ‘n beskrywing van wat ek gedoen het.





Middag Wessel, weereens nie…
Middag Wessel, weereens nie my terein nie, maar wat van stukke "conveyer" belt wat jy net weer kan los maak wanneer jy terug is? (Dit is nou soos gewone "mud flaps" net groter.
Ek hoop maar ander mense ksn jou beter advies gee.