Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -3 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -4 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -5 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -5 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -5 hours ago

Woonwa Ontwerp

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Kom ontwerp jou droom woonwa / karavaan en wys ons.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 10/04/2020 - 14:56

Ons het lank terug voor ons die Classique in 2007 gekoop het gekyk na ons eie woonwa ontwerp.  Het met die ou in Krugersdorp gesels (kan nou nie meer sy naam onthou nie) en hy sou hom dan vir ons bou.  Hier is wat ons daai tyd aan gedink het.

.
.

..

0
Centurion

Dusty

Fri, 10/04/2020 - 15:00

Willem, ek en Willie het destyds begin met die ontwerp van 'n unieke woonwa. Kan nie meer onthou hoekom ons gestop het nie. Sal gaan krap en kyk of ek weer iets van dit kan kry. 

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 10/04/2020 - 15:50

Ek het nou-die-anderdag gedink miskien moet ons vir Jurgens vra om weer so iets te loots soos die ou WegSleep Elegance kompetisie.  Daai een was vir my te veel gebaseer op die Exclusive.

Die gedagte is om dan die publiek se insette te gebruik om te kyk of daar nie iets nuuts uit kom nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 10/04/2020 - 16:52

Lyk vir my die "lock down" smokkel met julle koppe  -  glad noual by die ontwerp van karavane !

Dalk is dit die ouderdom wat met my kop smokkel, maar ek kan aan niks dink wat ek aan my Exclusive anders sou wou hê nie - absoluut niks nie.  As ek egter 'n nuwe Exclusive moes koop, sou ek graag 'n ingeboude TV, lugversorger en movers as standaard toerusting wou hê en beslis deurgaans 12v LED ligte, three-way yskas, gasstooof en 22ov/gas geyser. Dit sou ook gaaf wees vir 'n "boot" wat heelagter teen die agterste muur ingerig is soos in die geval van die Sensation vir opvoustoele en tafels.

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 10/04/2020 - 19:52

Ek hou van jou idee Willem ek wil weer my bakkie so uitrig as ek bos toe sleep ek niks so bakkie moet so gerig wees reg virrie bos iets soos die AHA 15 bakkie kappies wat alles in het en dan as ek normal kamp sleep ek karavan en los die kappie met alles by die huis ja die gedagtes smokkel met my brein 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 11/04/2020 - 07:13

Neef dink daar is meer aan  ontwerp as net uitleg. Die neusgewig waaroor daar so gepraat word, posissie van as onder die spulletjie, deur se plasing en struktuur se " flexing", lees juis van sommige waens wat by deure kraak agv die.  Dan uit ervaring kan ek deel. Bou n camper van n Landrover bakkie, jaar se werk, baie lekker gekamp, maar o wee, op die pad het dit gewieg soos n dronkie. Dit was toe "Slinger" gedoop. 

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 11/04/2020 - 08:44

Herman hierdie is juis een van die redes waarom ek my Penta sal wou "om draai". 

Met die deur agter,  sou daai wip nie so erg gewees het nie, my Penta het bo die deur gekraak, en ek glo jou redenasie  is in die kol.

Die neusgewig waaroor daar so gepraat word, posissie van as onder die spulletjie, deur se plasing en struktuur se " flexing", lees juis van sommige waens wat by deure kraak agv die.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus