Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -7 hours ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -8 hours ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -9 hours ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago

KOFFIE ASB!

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

k

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 01/09/2017 - 07:28

Koffie loop soos stroop julle moet naweek geniet en die wat kamp geniet en die wat braai die naweek gooi kole

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 01/09/2017 - 07:35

Spring is hier, dis amper naweek en môre is Wijan 8.

S
Spring is in the air.

Amper vergeet ek my beker koffie en om môre te sê.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 01/09/2017 - 08:15

Goeie môre almal, hoop julle het 'n aangename lentedag vandag.  Lieflike dag vandag hier in die Kaap.

Willem, Wijan verjaar dus saam met Hendrik Verwoerd  -  die enigste rede hoekom ek dit onthou is omdat ek in Hendrik Verwoerd Hoërskool in Pretoria was en dit ook die skool se verjaarsdag was.

Ek het nou nie 'n seuntjie wat 8 jaar oud is nie, maar ek het darem 'n kleinseuntjie met amper dieselfde naam, Wian, wat verlede week ook 8 jaar oud geword het !  Foto asseblief van hierdie mannetjie. Willem, jy mag maar spog !

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 01/09/2017 - 08:31

More almal.   Ek hoop jul koffie en tee smaak ekstra lekker op hierdie lente oggend.  Hier by ons lyk dit beslis na lente daar buite.   

Wat is dit wat lentedag so spesiaal maak?   Vir my is dit nie die besef dat winter verby is nie, want ek is eintlik meer 'n winter as somer mens.   Ek neem met 'n tikkie hartseer afskeid van die winter.   Maar lentedag beteken daar is meer kleur en meer lewe rondom ons.  Dit bly maar net 'n dag van blydskap en dankbaarheid.

Mag daar vir almal op die forum nog baie lentedae beskore wees.   Geniet julle dag.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 01/09/2017 - 08:37

Baie geluk, Wilsur, met jou grootman se 8ste verjaarsdag more.   Len, ook met jou Wian s'n verlede week.   Twee van my 3 kleinkinders, wat NZ toe getrek het, verjaar binne die volgende week.  Marli is 11 op die 4de en Juan is ook 8 op die 8ste.   Hul heel eerste verjaarsdae wat Ouma hulle nie self 'n drukkie kan gee nie.    cryingno

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Fri, 01/09/2017 - 09:06

More almal.  

Hier by ons het die lente voor middernag kom kop uitsteek.

Kort voor middernag slaan die blitse en die weer grom vir ’n vale. En ja daar het seker so 50mm reën geval.

 ( Die druppels so 50mm uitmekaar)

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 01/09/2017 - 09:26

wow deon.  hier by ons het dit gelyk of dit wi reen ...maar ons wag nog.  

daar is te veel stowwerigheid in die lug!

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 01/09/2017 - 09:58

Geluk met Wijan se 8 verjaarsdag het gister aand 2 mm gereen in Secunda

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 02/09/2017 - 06:51

Goeie more.

Het nou n lekker beker koffie met beskuit geniet. Vanoggend so n ou koue windjie hier in Centurion.

Willem, geluk met die knapie se verjaarsdag. n Hele 8 jaar oud. Geniet die dag saam met hom.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 02/09/2017 - 07:02

More Dusty.   Nou maak jy my ook lus vir beskuit maar het nie in die huis nie, sal maar 'n broodjie moet maak.

Ek hoop almal het 'n aangename Saterdag en 'n heerlike naweek.  Ons het geen planne vir die naweek nie en niemand kom kuier nie.   So, Oupa en Ouma sit maar op die stoep.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 02/09/2017 - 07:08

Goeie more aan almal!

Ja Dusty, hierdie windjie vanoggend is nogal lastig.

Koffie?

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 02/09/2017 - 07:41

Ja, die koolbredie en bonesop is ook van die spyskaart afgehaal vir die naweek.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sat, 02/09/2017 - 08:07

More daar die koffie loop sooos stroop geniet julle dag

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 02/09/2017 - 19:28

Goeie naand almal !

Dis winderig (wind wat buite waai en nie ander winde nie) vandag hier by ons en Maandag voorspel hulle 33º !  My swembadkombers is darem oorgetrek om verdamping te voorkom.

My karre se wiele is gewas met Vrydag se bondel wasgoed se spoelwater en lyk onder die omstandighede weer spoggerig  -  ons mag mos nie karre met munisipale water was nie.

Gelukkig het ek hulp gehad :-

.

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 03/09/2017 - 06:39

Mensig maar dit is vrek koud hier langs die dam vanoggend.  Word so 1am wakker en voel dit vries hier agter in die van, maar ek en jnr het lekker stuif teen mekaar opgekril.   6 am toe soek ek koffie met 'n seer hart en besluit om sommer die motor heater ook aan te sit -   lees die termo meter -2 grade!

waar is daai koffie!

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 03/09/2017 - 07:36

More Anton en die res. 

Het vanoggend koffie en beskuit sommer in die bed gehad. Sien die voorspelling voorspel n lekker dag.

Geniet die dag

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus