Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto's laai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -34 minutes ago
Augrabies - 21 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -39 minutes ago
Groen water... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Kampeer staanplek Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago
Dankie ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago
Geert ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago

KOFFIE ASB!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

k

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

Centurion

Dusty

Mon, 28/08/2017 - 05:30

Goeie more.

Vanoggend weer lekker koel. Darem nie te koud nie. Sit darem al en tee drink. Koffie is ook al gemaak.

Is nou naweke ook besig om als met die wa reg te kry vir die week se vakansie aan die einde van die maand.

Geniet die nuwe week tenvolle

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 28/08/2017 - 07:12

Goeie more Dusty.  Ja dit het die naweek lekker warmer begin word.   Ek het 'n groot sak Lawn Dressing gaan koop en die naweek my gras voorberei vir saad skiet.

Lekker dag vir almal!

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 28/08/2017 - 09:22

Dit is amper al te laat vir "goeiemore".   Ek hoop almal het 'n wonderlike naweek gehad en is lus en reg vir die nuwe week wat voorlê.

Ja, alhoewel dit nog koud word, die Lente is in die lug.   Na die reën wat ons gehad het, lyk alles sommer mooier hier rondom die Baai.  Gisteraand, uit die bloute, val daar toe skielik weer 'n baie lekker bui.  Net die een, maar na die vorige reën, hou dit die tuin aan die gang.

0

More almal. Ja hier  blom die blommetjies ook reeds vir die eerste keer. Veral die leë erwe in die woonbuurte is vol wit en geel blommetjies. Net soos in Namaqualand. Te pragtig.

0
Centurion

Dusty

Tue, 29/08/2017 - 05:30

Goeie more.

Tee gemaak en ook die koffie.

Kry vanoggend 'n rustige taxi bestuurder op die pad. Gehoorsaam al die verkeersreels. Dit is selde dat ek dit sien gebeur. Gewoonlik nog voor die lig na groen verander dan is hulle oor die kruising. Womder wat het gebeur met die klomp wat hulle boetes afgeskryf wou gehad het.

Lekker dag vir almal

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 29/08/2017 - 07:10

More Dustie en al die ander  vriende en vriendinne,  koffie was lekker dankie, hier is baie oor, enige iemand vir 'n beker koffie?

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 29/08/2017 - 07:13

More Dusty.   My tee is ook al klaar gedrink, tyd nou vir 'n koppie koffie na my groet.

Ja, daar is tog mense wat jou weer laat glo alles is nie net altyd sleg nie.  Ek lees netnou van 'n vrou wat haar beursie laat val het, toe sy in haar motor klim by 'n parkeerplek, langs die pad.  'n Swart man het dit opgetel en moeite gedoen om haar op te spoor.  Hy het haar beursie aan haar terugbesorg, nog net so met alles wat daarin was.

Hoop julle het almal 'n punt in die wind dag.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 29/08/2017 - 08:34

Goeie môre almal !

Ek hoor 'n tyd gelede dat as die dag en nag temperature redelik naby mekaar is, is die kanse vir reën baie goed. Ons weervoorspelling vir verlede nag en vandag is 13º en 15º onderskeidelik en vanmôre is dit buite bewolk met 'n ligte noord-weste windjie, ons reënwind.  My rekenaar se voorspelling sê die reën begin vandag om 09:00.

Hou vir ons duim vas dat dit gaan gebeur.

Lekker dag aan almal.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 29/08/2017 - 08:57

My kommentaar hierbo verwys :  dis nou tien voor nege en dit het wraggies liggies begin reën !  In die kol weervoorspelling !

0
Meyerton

Segekok

Tue, 29/08/2017 - 09:18

Len ja dit is al deur en deur bewys dat nie sal reen voor die nag/dag temp. nie met minder as 10grade verskil nie.

 

0
Centurion

Dusty

Tue, 29/08/2017 - 10:51

Len, my pa het altyd gese by ons as die dag en nag temperatuur met minder as 10° verskil dan is die kanse vir reen baie goed. Gewoonlik werk dit so

0
Centurion

Dusty

Wed, 30/08/2017 - 05:38

Goeie more aan al die forumiete.

Weereens 'n lekker dag. Kry vanoggend weer 'n taxi met die teenoorgestelde. Ry oor die rooi verkeerslig reguit oor vanuit die regsdraai baan. 'n Ent verder staan 'n motorfietsryer langs hom en praat met hom toe hy 'n passasier aflaai.

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 30/08/2017 - 07:20

Koffie loop soos stroop en ek beplan my volgende vier kampe solank

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 30/08/2017 - 09:04

Hier in die Baai is dit weer bewolk vanoggend en dit het netnou liggies gereën.   Ons is dankbaar vir elke druppel maar tot nou het dit nie veel verskil aan ons damme gemaak nie.  Ons munisipaliteit het darem 'n ander bron van water na PE herlei en gee ons die versekering dat ons altyd water sal hê.   Maar die streng waterbeperkings bly staan.

Nouja, dit is alweer Woensdag, so die week gaan weer gou verby.   Julle moet almal die dag geniet en hou die blink kant bo!

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 30/08/2017 - 09:08

Ja Freda die water ding in die kaap is 'n groot probleem, en met DIE min reen hierdie winter, lyk dinge maar donker vorentoe.  Ek is einde September in die Kaap vir 'n paar vergaderings en werk met Universiteit van Stellenbosch om te kyk of daar maniere is om die beskikbare water beter te bestuur en her gebruik - veral in die vrugte en suiwel bedryf.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 30/08/2017 - 09:41

My seun sê vir my in New Zealand betaal hulle net vir gryswater.  M.a.w. hul waterverbruik word gemeet aan hoeveel water wegloop na gebruik.    Veral wasmasjiene se uitspoelwater word gebruik om tuine nat te maak, voertuie te was, ens.   En hulle het nie 'n tekort aan water daar nie, dit is hoofsaaklik net om spaarsamig te werk met water en hul waterrekening te verminder.   Volgens hom het dit al ontsettend baie gereën daar in die 4 maande wat hy nou daar bly.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 30/08/2017 - 10:08

Goeie môre almal !

Lyk my die geselsies op die forum tel lekker op  -  hoop dit hou so aan !

Ons het gister darem weer 7mm reën gehad waarvoor ons baie dankbaar is en hoop op nog 'n bietjie.  Die damvlakke in die Kaap het so 'n bietjie gelig tot net oor die 30%.

Ons koop maar deesdae eerder drinkwater en ons huishouding (nogal 'n besige plek !) gebruik 35 liter gesuiwersde water per week  -  ek moet juis nou-nou ons week se voorraad gaan aanvul.

Lekker dag aan almal en moenie vergeet om op die forum te gesels nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus