Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto's laai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -35 minutes ago
Augrabies - 21 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -40 minutes ago
Groen water... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Kampeer staanplek Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago
Dankie ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago
Geert ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago

KOFFIE ASB!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

k

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

Centurion

Dusty

Wed, 23/08/2017 - 05:50

Goeie more almal,

Tee is gemaak en so ook die koffie.

Wind waai darem nie vanoggend te erg nie. Gistermiddag se winf was baie erg gewees.

Freda, is bly dat julle reen gekry het. Nou moet net julle damme ook weer vol word.

Geniet die week breker

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 23/08/2017 - 06:26

More Dusty en al die ander.   Ek is vanoggend weer vroeg uit die kooi.  Gisteraand het dit so lekker gereën en dit was omtrent koud, toe is ons vroeg bed toe.  Ek het twee bladsye van my boek gelees, toe slaap ek.  

Ek sien gisteraand op die nuus daar was erge stofstorms in Johannesburg.   Alles is so opgebou daar, kom die stof van die mynhope af?laugh   Ten minste, met die Baai se berugte wind, kry ons vars lug as hy van die see af kom.wink

Geniet julle dag.  Dis Woensdag, wie gaan braai?

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 23/08/2017 - 10:59

Dit is al 11 uur!    En ek gaan nou my eerste beker koffie maak hier op kantoor.  Gelukkig het ek darem al enetjie gehad by die huis vanoggend.

 

Lekker dag vir almal!

0
Centurion

Dusty

Thu, 24/08/2017 - 05:28

Goeie more.

Gaan nou eers vir my tee maak. Die koffie masjien is aan die gang, besig om te prut. 

Voel vanoggend dat die weer aan die draai is. Moontlik weer nog 'n skelm koue?

Lekker dag vir elkeen

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 24/08/2017 - 05:52

My tee is klaar gedrink en ek is al besig met koffie.   More mense, ek hoop julle het 'n lekker slapie agter die rug en vol lewe vir die nuwe dag.   

Dit het so rukkie terug weer hier by ons begin reën.   Ek twyfel of dit lank sal aanhou.   'n Ander broer van my en sy vrou kom vandag by ons kuier.  Ons gaan 'n vuur binne maak om te braai.  Ons pensioenarisse kuier maar in die dag, saans bly ons eerder weg van die strate af.laugh

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 24/08/2017 - 07:14

Lekke dag vir almal hierdie Nescafe classic loop soos stroop vandag

0
Centurion

Dusty

Fri, 25/08/2017 - 04:53

Goeie more op hierdie Vrydag.

Sit reeds en tee drink. Koffie ook aan die gang. Nog 5 minute dan is dit ook gereed.

Het vanoggoggend weer alleen gery. Kollega het 'n oogspesialis afspraak.

Wil vanmiddag vroeg ry om pyp te kry by NFM vir pote vir my extra rally. Plek maak reeds 14:00 toe op Vrydae.

Lekker dag vir elkeen en geniet die naweek

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 25/08/2017 - 07:49

Dis nou twintig voor agt en behalwe ek en Voortrekker is daar net twee ander ouens hier aangeteken.

Die geselsery wil maar net nie van die grond af kom nie  -  nie eers die GraceGate-storie of die Plaasaanvalle storie trek aandag nie.  G'n mens wil mos net in die wind praat sonder reaksie nie  -  mors ons nie Anton en ander se tyd nie ?

Dus van my kant af, net Môre ! en nie Goeie Môre nie want die môre is nie goed as niemand, of dan bitter min, op 'n vriendelike groet wil teruggroet nie.

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 25/08/2017 - 07:52

Hierdie koppie koffie draai ek op vandag aan my jongste Marlize dis haar laaste skool dag eksamen vakansie end eksamen Dankie Vader vir al ons blessings julle almal moet n awesome dag he

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 25/08/2017 - 08:09

Goeie more vrienne, mag julle die koffie geniet op die lieflike Vrydag oggend.

Die wie gaan kamp, of net op die pad gaan, wees veilig en geniet elke oomblik.

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 25/08/2017 - 08:17

Goeie More Almal!

Sleep nou nou -   High Five!   Well done!

More Len!   More Johann!

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 25/08/2017 - 09:01

Ek sal maar die "goeie" bysit, hopende dit is 'n goeie more vir almal en dat dit ook 'n goeie dag gaan wees.   Ek het wasmasjien gelaai vanoggend en eers dingetjies in die kombuis gedoen.  Maar hier is ek nou, met 'n lekker koppie koffie.

Ai, ou Len, jy probeer so hard om die mense te motiveer om te gesels.   Dit is niemand se skuld dat dit nie gebeur nie.  Hier is 'n dosyn of wat mense wat hard probeer, maar almal sal ook nie op al die drade kommentaar lewer nie.  Dus kry mens maar soms powere reaksie op 'n draad wat jy begin het en dan voel jy maar redelik afgehaal daaroor.

Ons kan seker praat tot ons blou is in die gesig, maar sal nie verstaan hoekom tientalle mense aansluit by 'n forum as hul nie belangstel om daarby betrokke te raak nie.   Ons moet onthou Kampforum staan nog in sy babaskoene en dit neem seker jare om te groei tot waar die aktiewe lede groot nommers bereik.   Selfs by CP kom en gaan die aktiewe lede.  Mense wat baie aktief was, het net verdwyn.   Op een gegewe tyd is daar eintlik nie veel meer as so 20 - 25 lede wat gereeld kommentaar lewer nie.  En hul het 'n paar duisend geregistreerde lede.

Wel, daar was 'n draad op CP wat bietjie vol hitte was en ek sien  dit is verwyder.  'n Ander draad n.a.v. die draad is deur iemand geopen.  En op die tweede draad is daar 'n steek, wat ek vermoed vir my bedoel is.   Kyk, as jy op so dubbelsinnige manier iets wil sê en dit nie reguit kan doen nie, dan lag ek net daaroor.  laugh

Ek wag in spanning vir 'n paar van ons "regulars" wat stil en besig geraak het met ander dinge, om 'n terugkeer te maak.    Hierdie is 'n baie oulike forum, vriendelike mense en geen dwarstrekkery.    Ons moet maar uithou en aanhou.wink

 

 

 

 

 

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 25/08/2017 - 09:25

Môre sê, hoop julle het 'n wonderlike dag en naweek.

Ja dit is waar, almal praat nie altyd saam op die Forum op al die drade nie.  Soms is dit te ver van die hart soms seker te naby ?

Len julle kamp nou al lank en wyd, hoekom het jy nog nie 'n plek opgesit op die "Raai die Kamp plek" nie ?

Dit was altyd my handskrif.

d

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 25/08/2017 - 15:52

Want die atwoord sal te maklik wees, of Kruger Wildtuin of Hartenbos !

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 26/08/2017 - 06:39

Goeie Saterdag more aan almal!   Dit lyk en ruik vir my baie reenerig hier in Centurion vanoggend.

 

Koffie vir enigiemand?

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 26/08/2017 - 07:28

More julle die koffie loop vanoggend my oudste kleinkind kom oorslaap by oupa/ouma daar vra hy toe wat gaan met die bulle hulle verloor dan nie

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 26/08/2017 - 07:35

Ek hoop almal het 'n heerlike Saterdag.   Hier by ons is die lug blou en dit is nie juis koud nie. 

Vanaand takel die Bokke die Pumas anderkant die water.   Dit gaan nie maklik wees nie.  Ek hou maar duimvas.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 26/08/2017 - 09:20

Ek voel beter vanôre want daar is al 5 groete-boodskappe op die forum, maar ongelukkig net 5 aanlyn op die oomblik.  Voor iemand dit sê, ek weet dit is Saterdag vandag !

In elkgeval, Goeie môre almal, ek hoop julle dag is bestrooi met rose vandag.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus