Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -2 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -3 hours ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -7 hours ago

Buffelspoort Klein Karoo langnaweek Aug 2020

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Alhoewel dit nie ‘n kampeernaweek was nie, deel ek graag die juweel wat ons die pas afgelope langnaweek besoek het met die forum in die vorm van ‘n fotoverslag. Ek sal dit dag vir dag hanteer soos die tyd dit toelaat. Ter inligting is die verblyf gelys op lekkeslaap as Buffelspoort Cottage and Camping en vir rus en vrede en natuurskoon in die Klein Karoo teen bekostigbare tariewe kan ek dit sterk aanbeveel. 

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 13/08/2020 - 20:16

..... Len. Ek kan 'n papwiel omruil en het selfs een reggemaak verlede jaar in Punda Maria. Maar ek reken dit is waar my tegniese kennis (as jy dit enigsins só kan noem) eindig. Dus 10 uit 10 vir die Wildehont - alhoewel Ford-eienaars seker nie 'n ander keuse het nie.🤪🤪

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 13/08/2020 - 20:58

Ek dink Willehont se poging , en dat hy die ou boereraat van n beneukte ding so bietjie kap, as noemenswaardig.

  In neef se jong dae is menigte starter se probleme met n paar klappe, of tikkies met n hamer of koekroller uitgesorteer. Hier is n Massy Ferguson wat net so goed daarop reageer. Probleem is net my drywer dink dat hoe swaarder die impliment, hoe beter die resultate, so daar is paar verf-af-kolle as bewys van sy pogings.

Weet nie wie van die maters weet dat jy Abs en Stability moet afskakel waneer jy op grondpad, sand, modder etc ry nie.  Dalk is deesdae se voertuigrekenaars slimmer, maar my 2007 Disco 3 kon nie wegtrek op sand nie, die wiele word gerem sodra dit wil tol.  n sinkplaat pad, kon dit nie rem nie omrede die wiel nie goeie kontak met pad het nie, dit hol letterlik weg.

Skuus Wildehont,  hiet raak neef  die spoor byster, maar jou probleem het my laat afdwaal. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 13/08/2020 - 21:07

Ek is nie vreeslik tegnies aangelê nie, en het geen formele opleiding gehad nie. My pa het egter al ons motors self gediens, en as myne gediens moes word moes ek dit self onder sy toesig doen. Dan praat ek van 'n ou motor met 'n vergasser en plugs en punte. Ek moes elke keer self die gaping stel en die tyd regkry. Ek kan daarom darem basiese goed doen soos remskoene vervang. Ek het 'n Datsun 1200 GX gehad en het syne (en al my motors intussen s'n) vervang en eenkeer die skokbrekers ook vervang. Ons het selfs die koppelaar vervang, maar dis 'n hengse groot job gewees. Mens kon ook makliker aan die ou basiese motors werk.

Diesels het ek van geleer omdat ek 100 000km 'n jaar in Suidelike- en Oos-Afrika rondgery het met vragmotors toe ek vir net so oor twee jaar toere gelei het daarmee. Later het ek meestal met Toyota Landcruisers wildritte gedoen. Hulle het ook maar hulle nukke gehad, so moenie Ford te hard pakgee nie...

Deesdae is daar die internet en forums vol slim mense, so as ek sukkel met iets klim ek eers op Google voor ek iemand betaal om dit reg te maak as ek dit nie regkry nie. So leer mens darem ook iets (soos hoe om jou 2011 Everest se 4x4 skakelaar los te timmer met 'n klip as dit vashaak). As dit nog die ou soort ratkas met die kort hefboompie vir 4x4 was sou ek bv nie die probleem gehad het nie, so tegnologie kan mens ook maar lekker in die steek laat...

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 14/08/2020 - 09:32

ChrisWH, terwyl ons so afdwaal van jou aanvanklike onderwerp, kan ek ook gou-gou iets vertel. Toe ek in 1960 in st. 6 was, gooi ons eendag in Olifantskamp in die Kriger Wildtuin petrol in ons Peugeot 403.  Toe my Pa wou wegtrek, wil die kar nie in rat kom nie.  Die rathefboom aan die stuur beweeg net op en af en skakel by geen rat in nie.  Ek spring net daar onder die Peugeot in en sê my Pa moet die rathefboom beweeg.  Ek merk toe 'n boutjie wat losgedraai het wat tot gevolg gehad het dat 'n staalstafie gly omdat dit nie vasgetrek is deur die boutjie nie.  Boutjie vasgedraai en die probleem is opgelos.  My Ma het daarna geglo ek gaan eendag 'n meganiese ingenieur word.

Hier sit die st. 6 mannetjie agter die stuur van die Peugeot.

(Verskoon tog as ek hierdie storie al reeds vertel het  -  klink dan nou vir my bekend)

.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 14/08/2020 - 10:10

klink dan nou vir my bekend

Dis die voordeel van ouer word, mens kan dieselfde stories oor en oor geniet laugh
 

Darem maar lekker om sulke herinneringe te hê. Ek dink dis hoekom ek so gelukkig is in die wildtuin; van my gelukkigste tye saam met my gesin tydens my grootword jare het ek daar deurgebring.  

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 14/08/2020 - 11:14

Len , die storie nog nie gehoor nie, of ook al vergeet. Daai is nou n pragtige Peugeot !!! Man as ek so een kan opspoor. Anton, jy het n punt beet, die ewenaar voor moet so af en toe draai om die olie bietjie rond te spat. Chris, jy kan gerus op grondpad in 4x4 ry, ek doen dit vir beter padhouvermoë, en veral op sinkplaat keer dit dat die ryding dwaal. Onthou net om uit te haal voor teer, jy kan erg skade maak met aste etc wat opwen. Skuus ek glo jy weet die als, dalk het jy al weens ouderdom ook begin vergeet...

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 14/08/2020 - 11:19

grondpad in 4x4

Ek doen dit altyd, meer vir beter padhouvermoë maar ook sodat die voorste helfte van die drivetrain (aandrywing?) kan beweeg en smeer.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 14/08/2020 - 15:02

9 Augustus 2020

 

Die kinders woel weer vroeg. Ongelukkig het die wind spoed opgetel vanwee die koue front wat nader, maar dis amper 10 grade warmer as die Saterdagoggend omdat dit bewolk is. Ons gebruik die winderige weer as verskoning om die kinders so laat as moontlik by die kothuis te hou, sodat hulle nie vir Magdalena te vroeg pla op ‘n Sondag nie. Later speel ons weer krieket. Dis nie te koud nie, maar die wind waai met tye redelik. Gelukkig is ons gewoond aan Worcester se wind, so hierdie is nie te erg nie. Afgesien van die krieket en besoeke aan die plaashuis vir wifi (Salomien) en Nala (die kinders) ontspan ons maar net in en om die kothuis. Ons braai sommer die middag en besluit om die aand iets ligter te eet. Helga (die boer se vrou) kom loer in om te hoor of alles reg is, en ons gesels lekker. 

 

Die boerdery fokus op skape en vrugte. Die kudde is verminder tot 450 vanwee die droogte, maar afgesien van die groot amandelboord op die gedeelte waar die kothuis staan - verdien hulle die grootste inkomste uit granate. Die kampterrein was altyd gewild, maar in 2014 het vloede skade aangerig in die kloof. Voorheen was dit moontlik om van Laingsburg se kant af met ‘n 4x4 deur die kloof te ry tot op die plaas, maar sedert die vloede is dit nie meer moontlik nie. Magdalena is oud genoeg om die vloed van 1981 te onthou, wat nadat dit verwoesting gesaai het in Laingsburg deur die kloof en ook die plaas is. Van hulle pompe het in die see uit gespoel en is daar opgetel by Gouritsmond. Afgesien daarvan was daar groot verliese vir die boerdery, maar gelukkig geen lewensverlies nie. Tot vandag toe word daar nog 72 inwoners van Laingsburg, wat in die vloed omgekom het vermis. Die vermoede is dat hulle liggame in die Floriskraal dam Suid van Laingsburg begrawe is onder die slik.

 

Toe ons die Saterdag in die kloof gaan ry het, het ons klip en beton strukture gesien wat op twee plekke in en op die rotse gebou is.

A

Toe ons vir Magdalena vra daaroor, vertel sy dat daar beplan was om ‘n pad deur die kloof te bou. Die pad van Ladismith af is geteer tot ‘n kilometer Oos van die gedeelte van die plaas waarop ons kuier se hek, juis vir die doel. Gelukkig was die kloof destyds ‘n Suid-Afrikaanse natuurerfenis gebied. Op die manier het hulle dit reggekry om die voltooiing van die pad deur die kloof te voorkom. Alhoewel alles verander het na 1994, behou hulle die bordjie by die afdraai na die gedeelte van die plaas. 

A

Laatmiddag maak ek ‘n groot vuur in die braaiplek op die stoep met die oorblywende hout. Ons kuier op die stoep en die kinders eet sommer daar. Na ete sit ons nog ‘n ruk buite, en hoor die bobbejane boggom in die kloof. Ek sê vir die kinders dat hulle dalk ‘n luiperd gewaar het, en ons gesels oor hoe hulle teen die kranse slaap met ‘n brandwag wat wakker bly. Ons geniet verder ‘n rustige aand, en ek lees weer terwyl mamma visvang. Helga het gesê ons hoef nie voor 11:00 uit te wees nie, en ons beplan om vir oulaas ‘n draai in die kloof te stap voor ons die Maandag ry – as die weer dit toelaat. Ons planne het so bietjie verander, maar daar het ‘n aangename verrassing op ons gewag…   

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 14/08/2020 - 15:47

Ons planne het so bietjie verander, maar daar het ‘n aangename verrassing op ons gewag…   

Draaiboekskywers laat mos 'n spesifieke episode op 'n sogenaamde "cliff hanger" eindig om die kykers in spanning te hou tot die volgende episode. Maar nou ja - dan wag ons maar om te verneem van die "aangename verrassing". 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 14/08/2020 - 18:30

 maar daar het ‘n aangename verrassing op ons gewag…   

 'n Verrassing is mos iets wat nie maklik gebeur nie en as dit gebeur, gebeur dit onverwags.  Ek dink ek weet wat daardie verrassing is :-

Die Ford het nie weer gelol nie !

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 17/08/2020 - 16:10

10 Augustus 

Die kinders is oudergewoonte vroeg wakker. Ek is gelukkig ook nie ‘n laatslaper nie, en dis ons laaste paar ure voor ons moet huis toe ry. Salomien moet ‘n paar sosiale media plasings doen, en ek speel met die kinders op die klimraam terwyl ons vir haar wag.
 

So ent teen die berg op agter die kothuis staan twee bome wat na ‘n lekker plek lyk om vir ‘n rukkie te gaan sit. Ons besluit om eers daarheen te stap voor ons vir oulaas in die kloof gaan stap, dan oppak en vertrek. 
 

A
 

Daar is ‘n lekker uitsig van onder die bome, maar daar lê ook ‘n groot hartseer. 
 

A
 

A
 

Ons vra Magdalena later oor die graffie. Dit is haar broer se dogtertjie s’n. Hy en sy gesin het eers in die huis gewoon waarin sy nou woon. Een oggend 05:00 is hy in sy bakkie weg na ‘n ander deel van die plaas. ‘n Bietjie later sien een van die volk die dogtertjie op die grond buite die huis lê en radio hom om te vra waarom sy buite slaap. By nadere ondersoek besef hulle sy het agter haar pappa aangeloop sonder dat hy geweet het en was agter sy bakkie toe hy agteruit gestoot het om te ry. Na drie dae in die hospitaal is sy oorlede. My oë skiet nou weer vol trane terwyl ek hier tik. Hy het twee ouer seuns, maar ek kan my nie sy pyn indink nie. Dit moet afgryslik wees.

Gelukkig (vir ons), het ons eers later van die ramp te hore gekom toe ons vir Magdalena gaan vertel wat ons in die kloof gekry het. Ons is dus in goeie luim die kloof in, en het besluit om sommer met die Everest (waarvan die 4x4 skakelaar nou nog werk nadat ek die solenoid liggies met ‘n klip reggestel het Oom Len. Ons het gister weer met die Everest gery) te ry in plaas daarvan om te stap. Ons is skaars in die kloof toe ek die spore in die pad sien. Toe ek by die venster uit kyk word my vermoede bevestig. Dis luiperdspore, en die dier het in die rigting van die kothuis geloop. 

A

Ons onthou die bobbejane se geroep die vorige aand. Hulle het toe sowaar ‘n luiperd gesien. Die spore is definitief van die vorige aand, want ten spyte van die erge wind die vorige dag en nag is hulle nog redelik duidelik. Veral die agterpoot is duidelik die van ‘n luiperd met die drie “lobbe” aan die agterkant van die kussing. Die Labello buisie lê langs die groter voorpoot spoor as aanduiding van die grootte. Nou soek ons natuurlik orals na die eienaar van die spore, maar ons ry in die teenoorgestelde rigting as wat dit geloop het. Ons ry baie dieper in die kloof in as beplan, voor ons stop by ‘n lekker sanderige kol sodat die kinders bietjie kan speel. Die luiperd het al die pad langs die tweespoor paadjie geloop. 

A
Ons ry terug kothuis toe want ons moet nog oppak. Terwyl ek en Salomien daarmee besig is speel die kinders buite. Later gaan soek ons hulle en kry hulle waar hulle besig is om vir Magdalena te help tuin natlei. 

A

Dis toe dat ons haar vertel van ons aangename verrassing van vroeër en die hartseer verhaal oor haar broer se dogtertjie hoor. Ons gesels lank en lekker met haar voordat ons middagete geniet en weer twee ure later vertrek as wat ons wou. 

Ons ry oor Ladismith en Zoar via die Seweweekspoort pas terug. Die kloof is ook pragtig, en ek kan nie anders as om selfsugtig bly te wees dat hulle nooit die beplande pad deur Buffelspoort gebou het nie. Anders moes ons dit ook deel met ander soos wat ons die Seweweekspoort moes deel met ‘n aantal motors wat van die teenoorgestelde kant verbykom. Die pad verder is nie te besig nie, en ons kom 17:30 by die huis aan na ‘n heerlike wegbreek. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 17/08/2020 - 19:49

Baie dankie Chris  -  lekker saam gekuier.

Daardie luiperd  -  en die kinders wat so 'n entjie van die grootmense af loop......... ?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 17/08/2020 - 20:47

Chris, dankie vir die lekker saam kuier.

Ja, daai kind se storie, was altyd my grootste vrees, my vrou moes altyd met die kinders so staan dat ek julle duidelik kon sien.  Nou met die kleinkinders, sluit ek die huis se veiligheids hek, na ek seker gemaak het julle is veilig binne.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 18/08/2020 - 09:42

die kinders wat so 'n entjie van die grootmense af loop

Ek dink die foto’s is misleidend. Moenie bekommerd wees nie, ek is deeglik bewus van hoe roofdiere op kinders reageer, selfs net op hulle stemme. Mens kan egter nooit te versigtig wees nie... 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus