Na baie lugkastele bou, dag drome as ons kamp en aande se denke as ek wakker lê, het van die beplanning gebeur om die Kaapse tuin roete te toer en te bekyk. Van Mosselbaai Kaap toe ken ons glad nie en van die dele tot by Port Elizabeth het ons al gesien maar nog nie gekamp nie.
Baie inligting gekry op Flip en Tilla se web, by Chris Boucher en by Chris Small en alles in plek. Ons plan is om van Bloemfontein oor Graaf Reinette te ry tot in PE, Jeffreysbaai, Buffelsbaai, Klein Plaas by Oudshorn en dan na Glentana, Jongensfontein en Gansbaai. Van daar terug draai na Franshoek en Karoo Nationale Park toe. Ons gaan Montagu en Robertson mis weens Paasnaweek wat hulle volbespreek is en sal daar langs gaan met die volgende toer.
Weens omstandighede buite ons beheer, was die toer amper uitgestel tot later, maar my dogter hulle het aangedring daarop dat ons die pad moet vat en lekker kom vakansie hou, ons eerste kamp toer en ons het al die karavaan al amper 6 jaar.
Gisteraand se aand ete op…
Gisteraand se aand ete op die dek en wolk fotos
Wow, dit is nou 'n lekker…
Wow, dit is nou 'n lekker toer, sommer so vinnig en skielik, ek hou daarvan.
Die fotos is baie mooi, laat my dink, my volgende kaap toer gaan ander paaie insluit.
Ons kyk uit vir nog baie fotos![]()
Ek wag vir daai koffie-stop…
Ek wag vir daai koffie-stop in Kleinmond. Ag man, so 'n toertjie bly darem maar lekker. Dankie vir die deel met ons.
Ons het vandag oor…
Ons het vandag oor Jansenville gery na PE, nie slegte pad nie maar het al beter gery. Willows is so effens weg van al die stad se geremoer en rustig hier met net die see wat gesels. Kon darem so hoender sosatie en worsie braai vandag.
Verwelkoming komitee was…
Verwelkoming komitee was klaar hier en ouma Nannie het met hulle gesels
Hi Chris, sal jou laat weet…
Hi Chris, sal jou laat weet nader aan die tyd vir daai koffie
Lapskag geniet hom
Dankie Johan vir deel mooi gedeelde van land waar julle is
Heerlik! Dankie vir die…
Heerlik! Dankie vir die vertel en foto's Lappies ![]()
Ai, maar dit lyk darem te…
Ai, maar dit lyk darem te lekker vir woorde. As julle Swartberg pas kom ry, kontak my dan drink ons iets daar by Kobus se Gat. sit op die voet van die pas.
Dankie vir uitnodiging Neef…
Dankie vir uitnodiging Neef Herman. Ons gaa 'n by Klrin plaas staan iewers vroeg in volgende week
Ekskuus, die duk vingers wil…
Ekskuus, die duk vingers wil nie mooi tik nie. Ons staan by Kleinplaas volgende week van die 22 en 23 ste en ry weer die 24ste
Vandag was maar n rustige…
Vandag was maar n rustige dag hier by Willows vir ons. Net lekker koffie met beskuit gehad vroeg oggend, later ontbyt gemaak en tussen die rotse gaan klouter. n Paar mooi vissies gesien onder andere 2 mooi Angels wat in die gety poel geswem het.





Toer begin...
Maandag oggend het goed begin met Wimpy ontbyt by Colesberg. Later uitgespan by Camdebo park buite Graaf Reinette waar ons vir een aand oorslaap en te sien wat is daar. Lekker stil oord met so 14 staanplekke tussen die bome wat lekker privaat is. So bietjie wild gekyk en die Vallei van Verlatenheid besoek. Sal weer wil gaan om die staproetes ook te kan doen.