want ek hou van kamp en kompetisie, ek is so kompeterend
ek wen partykeer teen myself.
Ek skryf maar vir altwee kompetisies in aangesien 'n mens die lotto net kan wen as jy 'n kaartjie het en met die werksdruk en stres en die ekonomie wat knyp is alle ekstratjies veral 'n kampkompetisie 'n ongelooflike lekker ding om te kan wen dink net aan die opwinding sodra jy weet jy het gewen om te begin beplan en te pak en die pad te vat............
Jy praat..................
Jy praat van "al die werksdruk en stres" - werk jy dalk vir KPMG ?
Nee KPMG is niks, WERK vir…
Nee KPMG is niks, WERK vir jouself dan sien jy hoe stres jy.
Ek sal enige lekker plek gaan kamp was onlangs by Sondela toe ons gaan bergfiets ry het met 'n wedren wat daar angebied was.
Hou nogals van 'n boskamp het nog nooit by die see gekamp nie en wil BITTER graag na die noordkaap gaan en so 7-10 dae in die richtersveld kamp soos op die Namakwa ekoroete of so waar die naaste mense 40kms van jou af is en die stilte jou mal maak.
Net so terloops, daar is nie…
Net so terloops, daar is nie see in die Richtersveld nie![]()
Jy sal nooit spyt wees as jy soontoe gaan nie, ek dink dit kon dalk die oorspronklike paradys gewees het, natuurlik sonder die apelboom?
Daar is darem see by…
Daar is darem see by Alexanderbaai wat die einde van die Namakwa eko roete is so dit kan dalk 'n mikpunt wees.
bokvirsports - om te…
bokvirsports - om te kwalifiseer gaan jy 'n kampplekkie moet aanwys en vertel hoekom jy graag daar wil kamp. ![]()
Sterkte met die kompitisie…
Sterkte met die kompitisie Bokvirsports.??onthou om 'n spesifike kamp oord te noem, en hoekom dit vir jou 'n uitstaande oord is.
Waar om te kamp as ek kan
Ek het op die forum gelees van Oranjerus en dit het vir my geklink na 'n baie oulike plek, die soort kamp waarvan ek hou. Dit is ook oppad met 'n bietjie ompad na die noord kaap en ek was nog nooit in daai geweste nie en sal dan sommer die geleentheid gebruik om 'n vinnige week te toer deur die Richtersveld blomme kyk en die vrou se baas die harnas in jaag en haar wegrokkel by die werk vir 'n week dat ons die "flat batteries kan charge". Ek gee nie om vir nuwe plekke nie die lewe is te kort om net een plek te kamp.





Nou waar wil jy graag gaan…
Nou waar wil jy graag gaan kamp Sportbok?