Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -5 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -5 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -8 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago

Brandstof verbruik

Profile picture for user Frikadel
Submitted by Frikadel on
Forums

Ek blaai gister so biki deur vleisboek en was verstom oor al die gevegte wat woed oor voertuie se brandstof verbruik, meer spesifiek bakkies en 4x4's. Die een se trokkie gebruik 11l/100km, daai een baklei met hom en beweer hy stoot die trokkie en so gaan dit aan.....en aan.

Nou wonder ek so by myself, as jy die dag daar by die dealership instap en so om n blink nuwe double cab 4x4 stap en hom so wielskoppend deurkyk weet jy mos die outjie is dorserig en gaan jou nie die brandstof verbruik gee van n bv n Polo TDI nie.

n Baie goeie syfer vir n diesel bakkie is om en by 10 kilos op n liter en vir n petrol outjie so tussen 5 en 6 kilos op n liter.

10 kilos op n liter is volgens my n poks, n bargain soos die Ingilsman sal se en as jy sleep is enige iets bo 6 kilos op n liter n lekker koue bier werd.

Ek kry die idee dat manne met R500 wil afsleep Kaap toe...

As jy nou gepot wil word om n braaivleis vuur by n ram paartie dan moet jy nou beweer Koos se Land Cruser is swaar op sous.., of jou Isuzu gee jou 12 kilos op n liter met n Penta op sy gat.

Check maar n paar manne saam, nou nou is die onderwerp van brandstof verbruik om die tafel.

Gelukkig debater die manne nie meer oor die beste, sterkste en mees betroubare bakkie nie.............want die Hilux het mos al daai titels ingepalm........met lof!

 

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 02/08/2021 - 08:33

Ek is terug by die werk, maar het my kantoorsleutel hopelik in my kantoor toegesluit voor ons weg is. Ek sê hopelik, want anders is hy weg en daar is nie ‘n spaarsleutel nie. Ek wag nou vir iemand om in my kantoor in te breek sodat ek kan uitvind, en terwyl ek wag het ek die Everest se brandstofverbruik oor die pas afgelope toer uitgewerk. Dis gebaseer op werklike syfers. Van Worcester tot in Phalaborwa het ek 6,85km/l gekry.

Ek sluit die verbruik in die wildtuin uit. Dit is onrealisties omdat mens so stadig ry. Dit staaf egter Chris Boucher se stelling oor spoed se invloed op brandstofverbruik. Dit toon ook dat as ek 9,5km/l wil kry, sal ek ‘n gemiddelde spoed van 30km/h moet handhaaf. Dan sal dit ons 10 dae vat om by die wildtuin uit te kom as ons ses ure ‘n dag ry. 
 

Van Orpen af tot terug in Worcester het ek 7,03km/l gekry. Die swaarder verbruik oppad wildtuin toe kan ek toeskryf aan die sterk wind van voor tussen Beaufort Wes en Britstown. Op daardie tenk het ek net 5,4km/l gekry. Ek is heel tevrede met die verbruik wat ek gekry het. Dit is teen 100km/h op die GPS gemiddeld, en is omtrent ‘n halwe km/l beter as wat ek gewoonlik kry wanneer ek sleep. 
 

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 02/08/2021 - 08:43

As ek so na die ouens se regte verbruik kyk met daai vreeslikke maandelikse premie dan dink ek nie die Territory doen te sleg met sy krag nie. 👍🚙

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 02/08/2021 - 10:56

Middag Willem

Jou stelling geld eintlik vir alle voertuie. Sodra mens na 'n maandelikse premie kyk, teenoor 'n betaalde voertuig, dan is brandstof verbruik alleen nie 'n goeie rede om 'n nuwe voertuig te koop nie.

 

 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 02/08/2021 - 12:48

Middag Chris S

So jy dink nie die feit dat dit afdraende is huistoe vir jou, het bygedra tot beter verbruik terug nie.laugh

As ek so spook teen die steiltes oppad na die vakansieplek, dan troos ek my daaraan dat terug sleep ek afdraende. Dit help totdat mens die terugtog aanpak.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 02/08/2021 - 13:11

Na aanleiding van Chris Smal se brandstofsyfers het ek gou na myne gekyk. Om objektief te wees met die verbruik tydens sleep het ek gekyk na die syfers waar ek slegs gesleep het. Dit is dus tussem Beaufort-Wes en Phalaborwa, want hierdie gedeelte het ek uitsluitlik gesleep. Ek het gekry 8,93 km/liter (11,20 liter/100 km).

Al syfer wat ek van hierdie vakansie het van gewoonweg ry (m.a.w. sonder sleep) is toe ons by Eiland Spa volgemaak het, my dogter OR Tambo toe geneem het en hier tussen Tzaneen en Letsitele gery het. Daarvolgens het ek 13,95 km/liter (7,17 liter/100 km) gekry. Tydens ryery in die wildtuin @ stadige spoed (sleep en daarsonder) was my verbruik 10,7 km/liter (9,35 liter/100 km)

Ten einde my brandstofverbruik so akkuraat as moontlik te bepaal, is my opdrag aan die brandstofjoggies om vol te maak net totdat die pomp die eerste keer outomaties afskakel.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 02/08/2021 - 13:25

…..verbruik tydens sleep kon kry as ek nie sleep nie, het ek sommer ou eseltjie gehou. 

Outomatiese pomp afskakel is die beste manier om konsekwente volmaak te bekom.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 02/08/2021 - 14:07

Wessel, oppad terug moet mens teen die platorand uit tussen Tzaneen en die N1 en meer as 300m klim van Pretoria af Johannesburg toe. Hier onder is die twee reise se verbruik. Ek laat ook net tot outomatiese stop volmaak. As jy in die somer verder as dit volmaak en nie dadelik genoeg ry dat die vlak effens daal nie, stoot die brandstof uit by die prop wanneer dit warmer word en uitsit. 
 

Oppad op was die stuk met die wind van voor (in rooi gemerk) en tussen Bloemhof en Potch swaarder. 
 

A
Oppad terug was die stuk teen die platorand (ek het Magoebaskloof gery) swaarder as die res. Dis weer in rooi gemerk. 
 

B

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 04/08/2021 - 11:09

Willem, het jy uitgewerk wat die brandstofkostes nou gaan wees? Lyk my dit is hier by die R3,50/km. Die 4l Prado hier, gaan ek hoenderhok maak.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 04/08/2021 - 12:51

Ja dit is wat my gemiddelde verbruik tans is vir die laaste 75,492km.
So ja die laaste tenk was R1,243.90 oor 342km, 1243.90÷342 = 3.64 (R3.64 / km)
Onthou dit sluit die R 105,656 diens koste in so ek dit uithaal dan is dit R2.43 / km

5.56   Gemiddelde Brandstof Verbruik in km / L 382.73   Lopende Koste c / km   17.98   Gemiddelde Brandstof Verbruik in L/100km 75,492   Totale Afstand Afgelê in km R 105,656   Totale Dienste Koste in R.  
0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 04/08/2021 - 17:40

Ek kan nou nie eintlik saampraat nie want ek het so lanklaas enigiets gesleep.    My brandsrof verbruik wissel so tussen 11.5 en 14 km / L. Maar dit hang baie af van spoed, hoe ek gelaai is en ook waar ek ry.  Die hoëveld gee goeie verbranding.  Ek ry baie min vinniger as 120km / hr. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 06/08/2021 - 16:44

Ek het op hou om akkuraat boek te hou van brandstof verbruik en maak maar staat op die aanboord rekenaar. Ja dit is nie werklik akkuraat nie maar, ek is tevrede om 'n konstante aanduiding te kry.

Chris B se advies ivm spoed, baie waar woorde.

Ek het hierdie rit nie een keer 90kpu oorskry nie en waar my vorige verbruik 13.9 liter per 100 Km was, is die verbruik nou drasties beter.

Brandstof verbruik
Jammer vir die swak foto, ma het probeer om van haar sitplek af te neem. Foto net voor ons by Vaalpark in getrek het.

Ek gaanmy nie steur aan akkurate verbruik of prys nie, as 3k wil, en ek het geld, sal ek maar die punch vatsmiley

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 14/03/2023 - 09:40

Teen konstante 100km/h glo ek is die Isuzu se geheim. 
 

Ek praat Saterdag met ‘n kennis wat karre verkoop (onder andere die plaaslike agent vir Isuzu, Haval, Chery en Suzuki). Hy het reeds vir hom ‘n GWM Tank bestel. Hy sê met die Jolion hibriede waarmee hy tans ry, gebruik hy meeste oggende geen brandstof in Worcester nie. Die petrol enjin skop eers in bo 40km/h. Die Tank werk dieselfde. Oor langer afstande gaan die petrol enjin moet werk, maar met die hulp van die elektries behoort dit vrek goeie verbruik te kry. 
 

Ek glo nie elektriese voertuie gaan ooit werklik oorneem in SA nie. Ons afstande is te wyd en ons infrastruktuur te swak. Hibriede is egter vir seker die toekoms en GWM lei dit in met die eerste hibriede SNV, wat boonop nie ‘n huis se prys kos nie. Ek dink Toyota en Ford sal moet wakker word. ‘n Hibriede bakkie sal mos nou lekker werk vir sleep. En dink net hoe lekker kan mens in stilte rond kuier in die Kruger wildtuin met net die  elektriese motor wat aan is teen die lae spoed. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 14/03/2023 - 17:01

Dis seker hoekom die diesel prys af kom volgende maand, daars n oorskot diesel want mense ry nou Isuzulaugh

Sou lekker wees...ry see toe en terug en tank nog nie eers leeg nie. Ultra Cities worry seker nou....as almal Isuzus koop kan hulle maar toemaak want dan is hulle nie meer nodig niewink

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/03/2023 - 15:48

Middag vriende

Ons het vanoggend teruggekom van Marakele af. Ek het die rekenaar skoongemaak toe ek by die hek wegtrek. Ek het hard probeer om Chris B se syfers te verbeter, maar ek kon nie.

Ek het die spoedbeheer op 104km/hr [ meter] gestel, en net pedale gebruik om trokke verby te gaan. Lugreëling was heelpad aan. Ek het 8.6km/l gehaal en toe tref ons letterlik vir die laaste 20km swaarverkeer. Gekruip teen 70 tot 80km/hr tot by huis, en met stilhou wys rekenaar 8.8km/l.

Die geheim is dus ongelukkig in die sleepspoed. Die pad word darem lank teen so 'n slakkepas, maar dit is ook baie rustig en ontspanne.  Ek vermoed dat die verbruik effe sal verbeter op 'n dubbelpad, waar ek nie hoef stadiger te ry en dan hard te versnel om by trokke verby te gaan nie.

Dalk is my vermoede reg, dat die 2.8 Hilux ligter is as die 2.4. Sal maar weer probeer Kruger wildtuin toe. 

Moenie bekommer, die remme was los en het nie aangeloop nie.laugh

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 21/03/2023 - 19:21

Naand Chris S

Ek is baie nuuskierig wat jou brandstof verbruik is, soos jy deesdae sleep.

Dis nou Swellendam en Asthon langs van "Onrus" af, ek bedoel Jongensfontein.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 21/03/2023 - 21:04

Lyk my ek sal my Onrus tikfout moet gaan regstel. Maar dan sal Mnr Boucher se reaksie op my inset nie meer sin maak nie, so ek los dit maar so. 
 

Die Prado met die Kavango op sleeptou, ons vier en al ons negosie is dors. 5,3km/l. Ek troos my daaraan dat ek nie ‘n paaiement het nie, en het die kopskuif gemaak om die krag en rygenot te geniet sonder om aan verbruik te dink. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 22/03/2023 - 06:35

Môre Chris S

Dit is heel vergelykbaar, en effens beter, as wat ek met my genoemde kombinase kon kry. 

My Ford was ook 'n "AWD" en het nog die 4-spoed ratkas gehad. My 3 kinders was egter al jongmense met meer gewig aan die lyf en vakansieklere. My verbruik het vele kere tot 4.8km/l gesak.

Solank as jy die Prado geniet, moenie jou verknies oor die verbruik nie. 

Nou lê julle heerlike Kalahari vooruitsig voor. Lekker voorberei.

 

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 22/03/2023 - 08:04

Vir 'n 4 Liter ses silinder en mey jou wa agter is dit gladnie slegte verbruik nie. As die rygerief daarvoor opmaak, dan is dit die belangrikste.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus