Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hier gaan rekords gebreek word Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -17 minutes ago
Selfoon fotos Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -44 minutes ago
Foto's oorlaai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -9 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -9 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -12 hours ago

Vroue en sleep

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Na aanleiding van Chris se inset oor die persoon wat in KNP gesterf het, wonder ek; wie se vroue is bedrewe woonwa-slepers? Daar kan altyd 'n situasie ontstaan, siekte ensovoorts wat jou noodsaak dat jou vrou moet kan sleep. Myne sal summier geleer word, sodra die outomatiese bakkie eendag opdaag. 

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 12/10/2021 - 06:27

Ons het ook al die gesprek gehad. Salomien wil graag leer sleep, maar het nie die regte lisensie nie. As die nood druk en ek kan om watter rede ookal nie sleep nie, is die stukkie papier natuurlik minder belangrik as die vaardigheid. Wie het al die toets gedoen om met ‘n motorkar te kan sleep? (ek vergeet die kode - EB?) Ek het ‘n ou kode 10 lisensie wat (foutiewelik?) opgegradeer is na ‘n EC1 toe ek destyds my 500cc motorfiets lisensie gekry het en ‘n kaart uitgereik is. Ek mag daarmee sleep, maar sleep was nie deel van die toets toe ek in 1990 my kode 8 gekry het of in 1997 my kode 10 nie. Moet mens die toets vir sleep met ‘n motorkar met ‘n sleepwa doen en dit bv agteruit kan stoot?

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 12/10/2021 - 08:01

Môre Chris S en al my vriende

Die kode om tot 'n maksimum GCM te sleep is EB.

Ek vermoed bitter min van ons ouer garde het ooit die amptelike toets gedoen, het net die klassifikasie gekry met oorgang na die kaartjie stelsel.

Dalk het jou vrou die regte [EB] lisensie, behalwe as jy 'n baie jong blaar getrou hetwink

Ek hoop nou net nie die gesprek ontaard nou weer in die oeroue debat van EB en GCM nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 12/10/2021 - 08:23

.... sal ook maar neuk met sleep. Weier eenvoudig volstrek om te probeer.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 12/10/2021 - 08:28

Dalk het jou vrou die regte [EB] lisensie, behalwe as jy 'n baie jong blaar getrou het

Nee, sy het ‘n B en mag dus nie swaarder as 750kg sleep nie. Ek sal graag wil weet hoe toets hulle jou om te bepaal jy kan swaarder as 750kg sleep sodat jy ‘n EB kan kry. Ek vermoed ook jy moet eers ‘n leerlinglisensie kry en seker lesse voor jy ‘n afspraak kan maak vir die bestuurstoets selfs al het jy reeds ‘n B lisensie?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 12/10/2021 - 09:02

My annerhelfte bestuur al 53 jaar motor en beskik oor 'n EB-lisensie  -  haar instrukteur was die uwe. (Volgens Wessel kan die afleiding dus heel korrek gemaak word dat my "jong blaar" van destyds nie meer in vandag se dae 'n jong blaar is nie, maar darem nog nie afgeval van die boom nie). In hierdie tydperk was sy as die bestuurder in net twee motorongelukke betrokke en, glo dit as jy wil, in albei gevalle was dit dronkbestuurders wat in haar vasgery het.

Soos Ralie Boucher, sal my Annatjie beslis nie instem om die Exclusive te sleep nie en ek (as ek nog daar is) sal maar 'n ander plan moet maak.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 12/10/2021 - 09:35

Surette het destyds die WegSleep sleep toets by Joos Becker gedoen.  Maar dit was net vorentoe en terug stoot en draai.

Sal ek haar agter die stuur sit ?  Nee nie solank ek by my positiewe is nie.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 12/10/2021 - 09:36

Môre Len

...jou vrou 'n aantrekkingskrag vir dronk mans het, AS sy bestuur.wink

Gelukkig met my Kavango wat net so breed as die trokkie is, is woonwa sleep selfs vir my ook, baie makliker. Ek hoef nie meer heeltyd in die truspieel te kyk of die wa darem links van die streep in die pas is nie. 'n Jurgens loop darem maar wyd , omtrent mens se hele baan vol. Dit is nou op die gewone 2-rigting verkeer paaie.

 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Tue, 12/10/2021 - 10:15

Ek is geseend met 'n vrou wat altyd help om te sleep.  Sy sal haar uur of twee sleep sodat ek 'n bietjie kan ontspan en dan vat ek weer oor by haar.  Ek maak dit 'n punt dat sy met elke kamp tog 'n afstandjie sleep om haar in oefening te hou.  As dit by die terugstoot kom sal ek maar die stokke vat.

Met die Exclusive het sy aangebied om te sleep want hy skud en stamp 'n bietjie minder en hou maklik stil agter die sleepvoertuig.  Die enkel-as Penta is maar gevoelig vir wind van groot trokke en sy hou nie daarvan nie.   

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 12/10/2021 - 10:35

..jou vrou 'n aantrekkingskrag vir dronk mans het, AS sy bestuur.

 Wessel, tog nie heeltemal nie,  die een geval was 'n jong onderwyseressie wat pas uit die Dros gekom het waar sy en vriendinne 'n bietjie te veel gejol het.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 12/10/2021 - 10:38

My oumatjie was nog in net ongeluk betrokke toe die kosteragter in haar vasgery het. Ai daai dae se lyfie het tot die koster met die kunsbeen se testosteroon sy gesig belemmer. Maar... ek sit pen regop as sy bestuur, Die tale waarmee sy die ander padgebruikers reghelp is nie woordeboek ingeskrewe nie. Het sy al iets gesleep, nee, nie eers n Ventertjie nie. Sien,haar links is nie army links nie, reverse sal nooit werk nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 12/10/2021 - 11:02

haar links is nie army links nie

Salomien sukkel weer met geografie. Ons sal bv Jongensfontein toe gaan, dan vra sy hoe ver is dit van Yzerfontein. As ek vra hoekom, dan sê sy dat kliente van haar by Yzerfontein is dieselfde naweek en sy het gedink sy kan hulle sommer afneem terwyl ons by Jongensfontein is. As sy leer sleep sal ek dus steeds moet wakker bly. Daar gaan in elk geval baie kilometers verby wat ek die enigste in die kar is wat wakker is. Ek geniet dit. Dan luister ek net wat ek wil. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 12/10/2021 - 11:04

Ek het dit in privaat epos gestuur, laat weet of dit by jou gekom het.

Ek sal vanaand moet kyk. Daardie e-pos adres laai net op my rekenaar tuis af. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 12/10/2021 - 12:25

My dierbare ander helfte het ongelukkig maar ook ver agter in die ry gestaan toe (indien sy ooit in die ry was) toe geografie-kennis uitgedeel is. Ek staan soms verstom. Ek kan baie voorbeelde noem, maar bly maar liewer stil.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 12/10/2021 - 13:28

Siende dat ons nou oor ander helfte se sleep gesels, Elmarie was sopnat gesweet toe sy vir die eerste keer die Ranger bestuur het. Van sleep wil sy niks hoor nie en ek is baie dankbaar daaroor anders is ek papnat gesweet.

Ander padgebruikers word ook altyd met woorde toegesnou (wat sy beweer sy by my gehoor het) wat kinders liewers nie moet hoor nie. Gewoonlik herhinder ek haar daaraan dat hulle jou nie kan hoor nie so waaroor die bohaai maar dan kry ek net daardie jy beter stilbly kyk.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 12/10/2021 - 15:35

Daar gaan in elk geval baie kilometers verby wat ek die enigste in die kar is wat wakker is. Ek geniet dit. Dan luister ek net wat ek wil. 

Dit is beslis een van die redes hoekom ek eerder agter die stokke bly, nie net met sleep nie maar ook enige lang pad.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 12/10/2021 - 16:16

Gewoonlik vat my vrou ook 'n slapie met die langpad, maar ek het saterdagoggend 4:00 vanuit Danabaai gery en was 15:00 in Roodepoort, en sy het gladnie gedut nie. Was nogal heel verbaas. Ek moet se dat ons 'n dooie hou geslaap het saterdagaand. (ek het nie gesleep nie, en stop minimaal)

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 12/10/2021 - 19:17

.... jy sien vir baie kans. Eerstens weier ek om deesdae in die donker te ry en tweedens is 11 ure se ry op een dag, vir hierdie oukêrel net té veel.

My seun het my weer saamgenooi om eerskomende Februarie saam te gaan hengel in Hentiesbaai. Ek het dit aanvanklik van die hand gewys omdat die skofte té lank per dag is (slegs een oorslaap op die bykans 2000 km trip). Ek het vandag verneem dat ter wille van die ouballie sal daar 2 keer oorgeslaap word. Maar ek sal moet begin gym om by die jongmanne by te hou.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 12/10/2021 - 20:56

Julle praat so van Vrouens en Geografie. Neef erken eerlikwaar en opreg dat hy n totale nul is by navigasie. Germiston en Gobabis is in my kop net n entjie van mekaar.

Vat my in n winkelkompleks, dan kry ek nie weer my kar nie, en loop vir ure en soek. Kaapstad se waterfront is hopeloos, stap hier in, daar uit en in my moer in.

Antwoord, in die stede, GPS tot by die blyplek, parkeer en van daar af is dit Taxi's.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus