6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -54 minutes ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -2 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -4 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -10 hours ago

Golden Retriever

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Ry ons vroeer vandag terug van die kerk af, sien ek 'n bordjie voor 'n huis "Pratende hond te koop"

Draai net daar by die hek in, klop aan die deur en vra of die hond nog beskikbaar is, ja, vra of hy regtig kan praat, nooi die man my om te kom kyk.

Kom in die agterplaas en daar sit die hond, nie meer so jonk nie, seker al so 11 of 12 maar in 'n goeie kondisie.

"Middag" se ek vir die hond - 'middag, hoe gaan dit met jou?" ant. hy - magtag jy kom my met 'n veertjie omklap!!

Begin ek toe met die hond gesels, vertel hy my dat hy op 'n stadium vir die Britse   MI5 gewerk het, ja die selfde klomp vir wie James, James Bond gewerk het. Die hond reken hy kon lekker daar op die mat le en maak of hy slaap terwyl die russe al hul strategie beplan, later kon die hond dit dan oordra aan sy base!

Kyk die hond het omtrent 'n lewe gelei, vra ek toe wat is die prys, ek wil hom graag koop, reken die eienaar R50.

Heel verbaas vra ek, R50, hoekom so goedkoop, vertel hy my die rede hoekom hy van die hond ontslae raak is omdat die ding so lieg - was blykbaar nog nooit uit die agterplaas uit nie!

Die "stories" wat hy vertyel kom alles uit boeke wat hy lees!!!

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus