My kamp beplanning vir 2023.
Willem...............
...........dit kan nie wees dat jy vir geen kampe beplan het nie - ek sien niks nie.
Oops - sien verduideliking het nou derurgekom !
Willem .....
.... dit kan nie al wees wat jy vir 2023 beplan nie.
Kruger plus...
Middag vriende
Ek het darem al plek in KrugerNP vir Junie volgende jaar.
Speel maar verder met los idees soos;
1]dalk gaan blomme kyk, en by Augrabies oorbly ook
2] dalk die pad vat Oos Kaap se kant toe. Grompie loop mos lig en sy oubaas was nog nooit by Addo, en ander Oos Kaap parke nie.
3] gooi sommer alles oorboord en sleep weer Hermanus toe. Marie wil net beter weer/klimaat bestel, as wat ons die jaar gehad het.
4] ons was ook nog nie in Drakensberge omgewing nie.
Gelukkig het ons mos baie meer vrye tyd as werkendes en\of met kinders op skool of opvoedkundige inrigtings.
Die woord "inrigting" op sy eie klink darem net te negatief.
My kampery vir 2003 begin in…
My kampery vir 2003 begin in Karoo Nas Park - weliswaar net 1 aand (1 Jan), maar ek begin darem al daar kamp op 22 Des (maar dit is in 2022). 2 Jan ry ons huistoe.
Mid-Feb beplan ons vir Strandskloof vir sowat 10 dae. April wag Kgalagadi, maar dit is nie kamp nie. En Julie/Aug/Sep lê nog so oop soos 'n boek. Die beplanning is daar (waarvan 4 aande in Onder-Sabie reeds bespreek is), maar dit kan enige kant toe beweeg (selfs Jan Tuisbly mag dalk wen).
Kampe vir 2023 ...
Chris, ja dit is wat reeds bespreek is, kom ons 🤞 hoop daar gaan nog wees.
.... dit kan nie al wees wat jy vir 2023 beplan nie.
Lekker beplanning
Middag vriende
Sit steeds en speel met kampeer idees vir volgende jaar. Ek het lus om;
1] 'n SANPARKE rondomtalie te maak. Sleep af op N1, dan by Bloemfontein die N8, na Kimberley tot by Mokala. Daarvandaan met N12 tot by KarooNP.
Skuif vandaar kortpad met R61 tot by Camdeboo by Graaf Reinett.
Sleep daar weg al Oos tot by Berg Zebra naby Cradock. Dan via Middelburg, Colesberg en wye trok besaaide N1 huiswaarts.
2] 'n Blomme toer na Springbok tot by Van Rhynsdorp. Banggat hettie lus vir Vryburg en Kuruman nie. Dus oorweeg ek om Bloemfontein, via Kimberley tot by Upington te sleep. Kuier in Mokala en Augrabies. Dan daarvandaan na Springbok en res van Namakwaland.
Ek dink een van bogenoemde, tesame met Kruger besoek behoort die groot blaker-skuur te besweer.
Olieprys en wisselkoers moet nou net gelyk na benede donder, dan gaan dit 'n plesier wees.
Dis 'n lekker spelery hierdie..................
Wessel jy kan nie by Bergkwagga naby Cradock omdraai sonder om ook Addo toe te gaan nie. Sluit gerus Addo by jou planne in.
Te veel .....
Middag Len
...olifante na my sin. Ek is mos maar 'n klein outjie, en hou nie van daai groot lywe nie.
Wessel ..
... jou moontlike reisplanne klink bakgat. Wat my betref, is Addo ook nie een van die plekke wat my aantrek nie. Tydens my werkende jare het ek 'n paar dagbesoeke aan Addo gebring. Ek het meermale op die naby-geleë Paterson by Eastern Cape Agricultural Co-op se saad-afdeling gekom. As ek genoegsame tyd gehad het voor my vlug vanaf PE, het ek gewoonlik 'n bietjie tyd verwyl in Addo. Maar dié park, waaroor baie mense bykans liries raak, kon nooit onder my vel inkruip nie.
En toe in 2016 het ons 'n bietjie van 'n ompad gery op pad terug van die wildtuin af. Ek het gereken my opinie van Addo mag dalk verander as ek 'n dag of twee daar oorbly. Inteendeel, ons het drie aande daar gekamp. Die kampeerterrein was netjies. Inderwaarheid was alles netjies. Daar was net een ding waarvan ek glad nie gehou het nie, naamlik die naby-geleë besige treinspoor. Ek is nag na nag wakker gemaak deur die trein wat klink of dit reg op ons afkom.
Ek dink dit is maar die tipe plantegroei en topografie wat my weerhou daarvan om 'n liefde vir die park te kon ontwikkel. Maar soos reeds genoem - andere is baie lief vir Addo. Ek twyfel egter of ek weer Addo op 'n reisplan sal insluit.
Bergkwagga - 'n besliste "ja".
Ek stem met jou saam Chris…
Ek stem met jou saam Chris. Die plek is mooi en als maar ek sal nie sommer weer soontoe gaan nie. Wessel, jy hoef nie bang te wees vir Addo se olifante nie. Hulle is nie so bedonnerd soos Kruger sin nie en hulle is ook kleiner. Dalk is dit net die park vir jou. As jy nie gaan nie sal jy nie weet nie.
Treinspoor
die naby-geleë besige treinspoor. Ek is nag na nag wakker gemaak deur die trein wat klink of dit reg op ons afkom.
Dis seker nie meer ‘n probleem nie. Transnet ry mos nie eintlik meer nie. Goeiste, die staatsbeheerde maatskappye is darem opgemors!
Wessel, as jy mooi kyk, kan…
Wessel, as jy mooi kyk, kan jy Augrabies EN Kgalagadi ook insit. Ons het amper jou trip gedoen van hier tot by Croocks Corner en toe Wes tot by Kgalagadi en Weskus af. Sal moet gaan tel hoeveel Parke was ons deur. Ek reken jy moet hoedjie vasdruk, bokker die dieselprys, sulke toere gaan na nog n paar jaar dalk te veel wees vir die lyf, dan sit jy dik in die pond op die stoep en berou.
Hou van....
Middag Herman
....kort toere. Wil nie te lank van die huis wees nie, sit te lekker "dik in die pond" op die stoep. ![]()
Dit kan werk om Kgalagadi in te sluit by die blomme toer, maar nie by die Oos Kaap parke nie.
Daai hoedjie vasdruk werk mooi, het dit opgehad nou die dag Zuid Aftikaanse hospitaal toe, en as jy die stuur so effe links-regs-links, krenk daar om Fonteinedal, hoef jy nie te stop by verkeersligte nie. Die ander gee my voorrang.





Junie - Julie 2023
Danksy Geert het ek plek gekry by Satara van 24 Junie tot 2 Julie 2023 👏👍.
Nou hoop ek om daarna vir nog 'n week plek te kry by Henk van Rooyen. 🤞