6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -47 minutes ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago

Kruger 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou. 

Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 15/07/2026 - 08:50

Baie dankie, Geert. Ek het die 4e en 5e van Pretoriuskop uitgeruil gekry vir Satara op grond van jou plasing hier bo. Die 6e steeds Pretoriuskop. Wanneer ons eers daar is kan dit moontlik weer verander. Intussen is ek baie bly vir 2 aande in Satara.

Pretoria

Geert

Wed, 15/07/2026 - 10:05

Dis n lekker trip Rona, net jammer ons gaan julle netnet miskamp....andersins gehoop op n ontmoeting by n lekker plek soos Tshokwane....maar miskien n ander dag. 

Ek dink dis n lekker trip vanaf Satara na Pretoriuskop.  Ons het Maart vir een aand oorgebly in Pretoriuskop en het dit baie geniet....lekker rustige kamp gewees so buite seisoen. En dan is die Wimpy vir ons n groooot trekpleister gewees vir n lekker ontbyt.

Geniet die voorbereidings

Pretoria

Geert

Wed, 07/10/2026 - 18:45

Ek lees dat Wimpy sy deure gesluit het by Pretoriuskop. Blykbaar kontrak wat verstreke is. Oms kom oor die algemeen nie sommer daar nie, maar het wel gedurende Maart heerlik daar ge-eet. Ons geniet hul burgers en ontbyte. Wat lekker was van Wimpy was hul lekker ontbyt teen billike pryse. Wonder wie nou die tender gekry het....hoop net nie die maatskappy wat in Letaba, Olifants kamp en BergenDal is nie....hulle doen dit nie vir my nie.

Sover ek weet was Mug en Bean se kontrak ook laasjaar verstreke en het n jaar ekstra gekry....wonder of daar ook n skuif gaan wees

Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 08/10/2026 - 14:54

Ons maak baie selde gebruik daarvan - enigste is piekniekplekke soos Tshokwane en Nkuhlu. Miskien tel Afsaal met sy groen melkskommels ook. Ek kan wel verstaan dat heelwat mense van die restaurante gebruik maak (om verskeie redes). So hoop ek dan vir Pretoriuskop se gaste dat 'n nuwe goeie restaurant gou weer daar sal oopmaak.

Terloops, ons vind Afsaal deesdae totaal 'oorbevolk'. Nog 'n piekniekplek wat etes bedien kan die druk verlig, maar waar? Verder aan op die teerpad na Skukuza gaan naderhand nie meer plek oorlaat vir wildbesigtiging nie. Dink dit is onprakties vir SANParke om sulke piekniekplekke op grondpad roetes te bou a.g.v die moontlikheid dat die paaie kan verspoel. Oplossing? Weet nie. .

Pretoria

Geert

Thu, 08/10/2026 - 15:22

Nog 'n piekniekplek wat etes bedien kan die druk verlig, maar waar?Bd

As ek so na lugfoto kyk van Berg-en-Dal se piekniek plek, lyk dit baie aangenaam. Lyk of alles nog staan en omheining in plek

Brits

Wessel Strydom

Thu, 08/10/2026 - 15:58

Ons ondersteun gladnie restaurante in Kruger nie. 

Ons hou egter daarvan om iets te kry by die piekniek plekke, veral Nkulu en Tshokwane. Die afgelope paar kere het ons Afsaal egter BAIE besig en vol gevind. Al wat 'n toeriste trokkie is, kom saal daar af rondom ontbyt tyd. Veral met 'n woonwa aan, is parkering nogal 'n probleem by Afsaal.

Aangesien ons in Tsendze kampeer, stop ons nooit by Mooiplaas nie. Ek kan deur die hekkie loop tot daar, mag mens??? Sal vir Rodger moet vra😉 

Tot gesiggie gevind en aan geplak. Nou weet ek die "Edit" werk ook

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus