Middag vriende
Wie was al by, en watter ene verkies julle, ATKV Drakensville of Hlalanathi.
Indien julle soheentoe sou sleep, hoe sal julle dit doen? Vanaf Harrismith , Sterkfontein damme af, OF vanaf Berbville se kant af.
Beide lekker
Hi Wessel. Ek vra gewoonlik vir die mense wat wil hul graag doen in die berge. As dit gaan om net by n lekker oord te kuier met vakansie vibe, sal Drakensville by my wen. Lekker buite en onderdak warm water swembad. Dan is daar nog lekker koue swembaddens by die Putt-Putt bane. Lekker eetwerf op n dek en n restaurant. Supertube ook lekker. Verder lekker geriewe soos enige ATKV oord. Hlalanathi se natuur is vir my mooier....as jy staanplek 1-7 kry, het jy so n lekker privaat stoepie wat uitkyk oor die Mahai rivier en amfiteater. Ook n lekker restaurant, supertube, maar meer vir kleintjies, swembad. Van die staanplekke is op paving en ander op gras. Daar is ook mooi golfbaan op Hlalanathi se perseel. Hlalanathi is heelwat rustiger. Wat lekker is by Hlalanathi was dat hulle bykosse saans by jou staanplek aflewer vir jou braai....items soos braai broodjies, pap en sous, slaaie. As stap op jou hooflys is, is daar ander opsies ook (bang om te noem....daars manne wat spasmas ontwikkel😛)
Ek sou die pad verby Sterkfonteindam neem. Daar is in die pas net voor ATKV grondverskuiwing probleme, maar familie het so 2 maande terug daar deur gery, heel doenbaar maar moet net daai 2x stukkies stadig vat waar pad seergekry het. Die res van pad vanaf Harrismith is baie mooi
Foto is uitsig vanaf staanplek 2 by Hlalanathi
'n Volgende vraag
Eerstens - dankie Geert vir jou inset.
Is die Drakensberg uit en uit 'n somerbestemming - of kan 'n mens dit waag om gedurende Augustus ook daar te gaan inloer? Volgens my huidige beplanning vir 2023 se toer (wat hopelik gaan realiseer) is sowat 3 nagte, vroeg in Augustus, in die Drakensberg op my reisspyskaart.
Somer bestemming????
Middag Geert, Chris B
Ek is van mening dat mens juis NIE in die somer moet gaan nie. Hael dit nie maklik daar nie.
Ek het gedink dat 'n goeie tyd dalk einde Maart, April asook Julie en Augustus moet wees.
Somer / winter
@ChrisB. Ons probeer elke jaar oppad see toe by n ander oord bly oppad Natalse kus toe, so dis altyd oor Desembers of Januarie. Dit kan vrek warm word, maar het ook al koud gekry daai tyd. Ons hou van om bietjie te stap in die berge en dan is dit heerlik om af te koel in die rivier poele en sommer daai koue water ook te drink. Vir die winter het Drakensville n heerlike warm swembad en dink ook dat dit beter by Drakensville in die winter gaan wees as by Hlalanathi aangesien laasgenoemde basies in n kloof lê met rivier daaronder. Maar ons het nog nie self in die winter daar gekamp nie, so kan nie 1ste handse info gee nie
Berdien en ek
Berdien en ek was twee jaar terug in ATKV Drakensville soos jy inry in oord aan regter kant is daar so woonstel / huisie tipe akkomodasie ,ek het fotos van Drakensville hier opgesit lekke oord skoon mooi uitsig vannie berge warm swembad van hulle vir ons nog die beste wat ons nog gesien het en beleef oord mooi skoon badkamers altyd netjies as ons weer eendag soentoe gaan sal ons verseker kamp daar
Drakensville
Dit klink of julle buite seisoen wil gaan kuier. Ek weet Drakensville het baie lae tariewe vir buite seisoen. Ons het in Januarie onder die R200 n nag betaal....dis spotgoedkoop as mens kyk na al die geriewe. Ek hoor van pensionarisse wat noem dat hul minder as R100 n nag betaal.
Ons kamp elke Desember by…
Ons kamp elke Desember by Drakensville ter wille van die kleinkinders wat hulle kan geniet en dit is baie veilig daar en baie vir hulle om te doen.
Sal egter nie daar kamp as ek naby die berge wil wees nie. Sal verkies om nader aan die berge te kamp.
Net my mening.





Ja, antwoord maar
Die Drakensberg is ook op my voorgenome toer vir volgende jaar. Ek ken glad nie die Drakensberg en sy oorde nie. ATKV Drakensville het maar in my kop opgekom (synde ek 'n ATKV-lid is). Maar andere se insette sal waardeer word.