Nouja deposito is betaal, nou die gewag.
Met ons Oktober week in 2022 het ons weer 'n draai gemaak by Satara. Dit pla my steeds dat die kamp plek my nie trek nie, maar met die wete dat daar meer wild in die Suide is gaan ons dit 'n "go" gee. 🤞
Satara
Hello Johann
Ek twyfel of Satara se staanplekke soveel slegter is as ander kampe in die wildtuin.
Ek probeer nie eers om op die swak plekke teen die draad te staan nie. Ek staan sommer op die platste plek naby kraan en ablusieblok.
Die baie paaie en piekniekplekke om Satara vergoed vir die effe stowwerige staanplekke.
Nee-wat.............
...............ons het al by verskeie geleenthede heerlik by Satara gekamp - daar is 'n keuse van verskeie tipe staanplekke en Willem, ek is seker julle sal dit baie geniet.
Satara datums
Môre vriende
As alles goed uitwerk is ons volgende jaar in die leeu omgewing van 10 tot 15 Junie.
Willem wanneer gaan julle in…
Willem wanneer gaan julle in 2023?
Johann, ons is van 24/06/2023 tot 02/07/2023 daar (8 nagte).
...ons het al by verskeie geleenthede heerlik by Satara gekamp - daar is 'n keuse van verskeie tipe staanplekke
Len, dit is waar as jy buite skoolvakansie gaan. ![]()
Wel deposito is bevestig, so ons gaan. Sal die "Wild Card" uitneem net voor ons gaan.
Ek hoop om nog plek te kry by HvR vir nog so week in die bosveld.
Willem - Satara 2023 ...
Soos elders gesê is dit nou als betaal, moet nou net 🤞🏻 glo als is ok na die operasie einde Mei.
Nie hoopvol dat die petrol prys gaan daal teen daai tyd nie. ☹
Dan die Wildkaart sal ek seker by die hek betaal.
Chris, ek mis nou watter datums id julle daar ? Ek weet julle gaan Noord.
Mooi so Willem..................
...............baie bly vir julle onthalwe. Moenie worrie oor die operasie nie, jy gaan perdfris wees teen die tyd dat julle gaan. Wat is julle datums ? Vir my bly Satara 'n lekker kamp en dit is 'n wildkyk-paradys. Het julle al voorheen daar gekamp ?
Ek koop ook altyd my WildCard by die ingangshek of eerste kamp, dan geld die 12maande vanaf daardie datum.
Watter Chris?
Chris Boucher gaan eers 2024. Ons gaan 3 Julie Shingwedzi toe en 9 Julie Tsendze vir vyf aande.
SANPARKE en betaling
Môre Willem
Moenie bekommer oor betaling en afloop van operasie nie.
Indien nodig, is hulle baie tegemoedkomend. Ek kon nie laasjaar met met my voet glips gaan nie, en hulle het my volle betaling vir my op krediet gehou tot die jaar.
Willem - Satara 2023 Datums ...
Len ons gaan die 24ste Junie in en vertrek die 2de Julie na Henk van Rooyen toe vir nog 'n week.
Wessel, ek weet want met covid moes ek ons KNP kamp 2 of 3 keer skuif.
Chris S dan gaan ons julle mis. ☹
Satara S100
Middag Willem
Sommer 'n uitlokker. Verskoon die bewerasie op die video. Jammer ek kry nie dit reg om video te laai nie
S100 suiping
Middag vriende
Kon nie die video laai nie, sit net 'n greep daaruit hier, van die Jann Kapp's.

Satara S100 ...
Dankie, glo ons sal heelwat te sien kry. 🤞🏻
(Wessel, jy moet die video op Youtube stoor en van daar dit laai op Kampforum.)
Willem....
.... dankie vir die tip. Sal probeer op later stadium
S100
"Most over-rated road" in die hele Krugerwildtuin.
Ons het 2 jaar in n ry daai s100 vrot gery op aanbeveling.....basies niks gesien nie, Laasjaar het ons n mooi trop leeus daar gekry, maar stem saam, die hoeveelheid km wat ons op daai roete spandeer het, was dit nie beter as enige ander roete in daai omgewing nie
Erger as Kgalagadi
skud so lekker oor die sinkplaat
Toe ons laas daar was in 2021 was die sinkplaat en stof erger as wat dit tydens ons afgelope besoek aan Kgalagadi was. Ek het al mooi goed daar gesien, maar diere het bene en kan loop waar hulle wil. En wanneer hulle wil. Ek glo daar is honderde geleenthede waar mens op die regte plek is maar nie op die regte tyd daar is nie. Geen roete kan vir jou goeie wildbesigtiging waarborg nie.





Willem wanneer gaan julle in…
Willem wanneer gaan julle in 2023?
Satara is bekend vir wild, maar berug vir "swak" staanplekke, maar wie gee om, om bietjie ongemak in die wildtuin te verduur?
Soos iemand mos gesê het, 'n swak dag in die wildtuin, is beter as 'n goeie week by die werk.