6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -12 minutes ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -54 minutes ago
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago

Toename in kapings

Irene
Submitted by Grootwind on
Forums

Sien vanoggend in die Centurion Rekord dat daar 'n toename is in die kaping van veral Hilux bakkies in Centurion (Rangers word ook genoem maar is blykbaar nie so erg as wat die geval met Hilux bakkies is nie ). Dink dis maar net 'n kwessie van tyd voordat die tendens oorspoel na ander plekke in die land. Die Hilux mense onder ons,  ry maar 'n dik ketting en slot saam!

Die artikel is te lese by:

https://rekord.co.za/456…

Die modus operandi is nou om die voertuie te kaap by afritte van 'n snelweg. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 15/05/2023 - 11:45

......nie een van die populêre voertuie wat gekaap word nie, maar ek probeer maar paraat wees wanneer ek hier rond in Kaapstad met my Pathfinder ry.  Ek sorg altyd dat al die voertuig-vensters toe is en dat die deure gesluit is. Net in die Wildtuin ry ek met 'n oop venster as dit nie 'n grondpad is nie. Wat die sluit van deure betref, irriteer dit my dat die Pathfinder se deure nie outomaties sluit nie, jy moet dit self doen.  Dit het my darem geleer om wanneer ek in die voertuig klim, ek dadelik die deure sluit.  Ek het ook die gebruik om nooit iewers naby die voertuig voor my stil te hou nie, altyd 'n entjie weg sodat daar beweegruimte is om die potensiële kaper onverhoeds te vang.

Skande dat dit so in Suid-Afrika gaan, maar as jy in 'n falende staat woon, is dit maar hoe dinge gebeur.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/05/2023 - 13:59

Om aan te sluit wat Grootwind hierbo noem, volgens TRACKER sien hulle 'n beduidende toename van Hilux en Ranger trokkies wat gesteel/gekaap word.

Neen asb kennis, hulle sien dit veral in Gauteng en Wes Kaap.

Wat is die volgende betroubare trokkie om te koop, Isuzu en Mahindra.???

Irene

Grootwind

Mon, 15/05/2023 - 14:39

Behalwe al die anti-diefstal truuks wat ek op my trokkie laat pas het probeer ek sover moontlik om met oop ogies te bestuur, hou veral die truspieel dop vir iemand wat my volg. So 'n ruk terug oppad na een van ons plaaslike winkel sentrums was daar so 'n Golf of iets wat heeltyd agter my was, ook toe ek by die sentrum se parkeerarea inry...kon seker toevallig wees maar daar was iets soos 3 of 4 outjies in die voertuig en ek het 'n snaakse gevoel begin kry. Gelukkig het die sentrum 'n parkeer area wat reg rondom die sentrum strek sodat ek al om die sentrum stadig kon ry het. met die 2de rondte het die Golfie skielik uit die area verkas en is straat af. Vroulief reken ek is nie lekker bolangs nie. Ongelukkig is dit moeilik om iemand wat  mens regtig wil kaap te keer, mens probeer maar om ogies oop te hou en doen wat jy kan sonder om jouself aan die verkeerde kant van 'n wapen te bevind. Wessel, ek dink Isuzu bakkies is ook gewild, Mahindra's dalk minder so (maar hel die goed is lelikdevillaugh Jammer Anton!

Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/05/2023 - 14:51

Middag Grootwind

Dalk lê die gemoedsrus in die lelik en ongewildheid. Ek het al begin loer na die Navarra. Dit het darem nog 'n 2.5l turbo-masjien.

As die Mahindra net effe meer wringkrag gelewer het, net so 400Nm, dan sal ek dit sowaar koop as Grompie verdwyn.

My uitgangspunt is steeds, die boewe moet maar my trokkie vat, sonder dat ek en die miesies betrokke is. Vêrder ry ons maar oop oë en in geloof.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 16/05/2023 - 21:27

Wessel, waarna verwys jy, na die ouens wat kaap ?  Jy kan tog sekerlik nie verwys na die Navara as 'n lelike voertuig nie, of hoe ?

Vir wat gaan slaap jy so vroeg ? - dis nog nie eers half-tien nie en jy is al uitgelog/uitgepass ?

Brits

Wessel Strydom

Wed, 17/05/2023 - 06:07

Môre Len

Die verwsing na "lelike goed" slaan terug na Grootwind se inset net voor myne. 

Mens kan natuurlik dit deurtrek na die nuwe Navara ook, onthou mooi en lelik is 'n funksie van wie en hoe daarna gekyk word.laugh

Toevallig het ek gisteraand 'n kompleks vergadering gehad tot half-tien toe, waarna my gô geblus was, en net koffie gedrink het, en gaan slaap het.  

My sienning rondom die verhooging in kapings is omdat dit moeiliker geword het om die motor te steel. Daar moet nou 2 trackig toestelle in wees, mense instaleer stelsels soos  "Ghost", die sleutel-lose oopsluit van voertuie word af geskakel en jy moet jou sleutel nou in 'n sakkie sit om hom te verhoed om met die motor te praat. Nou al die goed maak dit moes moeiliker vir mnr skelm om die motor te steel, so nou gaan hulle terug na kaping.

Na my Ranger in Desember 2022 gesteel is en ek met die verlies aanpasser gedeel het, het ek my vrou gese dat ek glo kapings gaan meer word juis omdat ons dit moeliker moet maak om die motor te steel. 

Worcester

Wildehont

Wed, 17/05/2023 - 11:48

kapings gaan meer word juis omdat ons dit moeliker moet maak om die motor te steel. 

Die booswigte verkies om in te breek terwyl jy tuis en wakker is, want dan is die kanse beter dat die alarm af sal wees. Ons sit ons huis alarm se buite sones en die vertrekke wat ons nie snags gebruik tensy iemand daar oorslaap nie na sononder aan. Dan word ek darem gewaarsku voor ta reeds in die huis is. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus