Forums
So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.
Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.
Laat ons saam gesels en vorentoe beur.
Hallo Rona
Sterkte met Daan se knie. My knie was in Feb gedoen.
Ek doen nog steeds oefeninge. Bederf vir pappa.
forum deelname
Dis bemoedigend om 'n oplewing in deelname te bespeur. Daar is selfs ou vriende uit vergange se dae wat weer inloer en deelneem.
Daar is egter nog baie afgedwaalde lede wat weer moet begin deelneem.
Dankie Anton, ek is oortuig die opgradeerde forum tuisblad en sagteware speel 'n groot rol in die 2de asem.





glasskerwe
Rona, ek trek nie jou been nie.
waar om dit te kry is 'n ander saak. Dalk by plekke wat baie afval glas genereer, soos PG glass, skrootwerwe, botelerings fabrieke en inmaak fabrieke.