Goeie middag almal,
So, na 12 jaar se geen kamp (want ons woon nie meer in die stad nie en kamp op my plaashuis se voorstoep), het Manlief vir ons 'n 4x4 gekoop en het ons net gister na die Conqueror Commander gaan kyk om te koop.
Ek het nie 'n 1/2 miljoen om mee te speel nie en dit moet een koop wees en klaar koop wees. Conqueror / Bush Lapa / Mobi Lodge? Wat koop ek? Bush Lapa is baie oulik! Ons was in Centurion se Showroom. En Conqueror het my wildste drome oortref. Na Conqueror het ons eintlik regtig ons koppe op die Commander gesit en nie eers die moeite gedoen om na Mobi Lodge te gaan kyk nie.
Ons laaste Wa was 'n Jurgens Penta en ons het nooit 4x4 gedoen nie. Wat is die moets en moenies? Waarna moet ek op die uitkyk wees? Is Conqueror 'n fout of 'n goeie besluit?
Ek sal graag van die geharde 4x4 manne wil hoor?
Groete,
DZenD
Conquerer is goed maar swaar
Hulle het vir die SAW offisiere waens gebou voor hulle die kommersiële mark betree het. Die Commander is ‘n lekker wa, maar nogal swaar. Die bed in die voorste tent is ook aan die kort kant. Huur een vir ‘n naweek voor julle besluit. Bushlapa is by verre die gewildste hier in die Wes-Kaap. Wessel gee goeie raad in terme van wat julle behoeftes is. Daar is ‘n verskeidenheid goeie waens wat goed ingerig is. Kyk maar net na die gewig, want ‘n boswa kry klomp goed by soos water, ‘n yskas, gasbottels ens wat die droeë gewig opstoot.
Moenie tweedehandse waens weggooi nie. Daar is goeies beskikbaar vir helfte van die prys van ‘n nuwe. Die gemiddelde werkende stedeling kan nie regtig meer as 30 aande ‘n jaar kampeer nie, so ‘n 10 jaar oue wa het nog nie eers ‘n jaar in totaal gewerk nie.
Nog advies
Naand DZen D
ek wil net die volgende kategories noem;
a] ek is nie 'n harde 4x4 man nie, maar bestudeer boswoonwaens
b] Die border X moes gelys gewees het saam met die ander waens. Moenie die glips lees asof dit 'n ideale 1 aand slaap wa is nie.
c] Hoe belangrik is dit vir julle om naby 'n agent te wees. Dit kan keuse geinvloed.
d] Op die forum maak ons 'n verskil tussen 'n grondpadwa en 'n harde boswoonwa. Met laasgenoemde gaan jy Richtersveld, en Botswana toe. Grondpadwa is seker geskik vir goeie grondpaaie, maar nie vir hierbo genoem nie.
Ek het mense al raakgekamp wat die rowwe paaie plat sleep met 'n Bush Lapa. Daar moet 'n goeie rede wees waarom dit so gewild is onder die harde 4x4 manne.
Lekker rondsoek en lees, en sterkte met soektog en keuse. Hou asb aan gesels hier.
Kyk overlanding programme
Ek gaan geen fabrikaat goed of sleg sê nie, maar kyk gerus klomp overlanding programme op YouTube en sien dan met watter waens watter probleme optel. Ek het juis eergister n program gesien waar 4 kombinasies saam toer na Kgalagadi. Toer is erg vertraag deur n bekende offroaf 4x4 wa se skokbrekers gebreek het net van mooi grondpaaie ry. Ek dink daars gewone gravelroaders wat beter sal doen.





spesifikasies
DZen D
Jy moet spesifiseer wat belangrik is vir julle;
, hoeveel persone moet binne slaap.
hoe belangrik is 'n permanente bed vir pa en ma
Wil jy binne stort en vol toilet hê
Laaistelsel en sonpanele, wat is julle behoefte in aantal koel/vrieskaste. dit bepaal die aantal Watts en ampere benodig
Wat is lisensiegewig van julle 4x4, want die BVM van wa moet gelyk of minder wees as dit.
Kan wa en julle 4x4 dieselfde wielgrootte hê. Dan het jy reeds 2 spaarwiele vir die kombinasie.
Hoeveel wil julle spandeer op 'n boswa, wil julle nuut koop? kR500 vir nuwe Mobi Lodge is vêr te min.
Dan moet julle begin kyk op internet a die volgende ander opsies, as julle harde boswa soek;
Echo produkte
Tuff cat Mbada
Afrispoor se Caracal, Cheetah ens
Gecko
Infanta
Imagine
Nayela Okapi
Gaan kyk/lees ook die gespreklyk--"alternatiewe woonwaens"
Moenie oorhaastig koop nie, anders maak julle foute soos wat ek gemaak het. Onthou, as julle 1 maal wil koop, koop iets wat by ouer persoon se behoeftes pas. Watter wa is die minste werk vir 1 aand oorslaap.
Border X