Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -1 hour ago

Prins Albert & Gamkaskloof (Die Hel)

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

As alles volgens plan verloop gaan ons vanaf 13 Nov, saam met vriende, vir 3 aande Prins Albert toe (Ralie se grootword-dorp). Dié vriende van ons was nog nooit in Gamkaskloof nie. Afgesien van die feit dat ek jare gelede met 'n Ford Estcort (my eie - nie 'n Avis voertuig nie) daarnatoe is om te gaan werk, het ons sedertdien by drie geleenthede ander vriende en ons kinders na die kloof geneem. Na die laaste keer het ek eintlik besluit - nie weer nie. Maar na etlike jare het ek tog weer 'n behoefte om daar in die Swartberge te gaan rondry. Ons het tydens ons voorlaaste besoek aan Gamkaskloof 'n totaal van 18 klipspringers gesien.

Ons bly oor in 'n Lekkeslaap selfsorgplek en beplan om die een dag net vir 'n dagbesoek kloof toe te gaan en om die ander voldag sommer net in Prins Albert "rond te hang". 

Synde ons so lanklaas N1-langs Karoo toe gery het, is die voorlopige beplanning om weer by ons tradisionele "brunch-stop" 'n lekker brekkie te geniet - Veldskoen Padstal in die Hexvallei. En een van die aande in Prins Albert sal Karoo Kombuis se spyskaart beproef word. Andersins sal daar sekerlik Karoo lamstjops en boerewors van Das Olivier op die kole sneuwel. Das is die plaaslike slaghuis-eienaar en 'n destydse klasmaat van Ralie. Behalwe vir die dagtrippie Gamkaskloof toe, waartydens padkos saamgeneem sal word, sal ons ook die Swartberg Hotel se deli se lamspasteie gaan nuttig. 

Waarskynlik sal ons via Meiringspoort en die Klein Karoo terugkeer.

Synde kampering tans aan die agterspeen suig in die Boucher-huishouding, sien ek uiteraard baie uit na dié kort wegbreek.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/10/2023 - 06:09

Môre Chris B

Afgesien van die ooreet aan al die lekker Karoo-disse, beny ek julle wat daai wêreld van onse Neef Herman gaan platry.

Jy gaan seker sommer kortpad vat van Prins Albert af, deur die Swartbergpas na Die Hel toe.

As jy dit met 'n Ford Escourt kon doen, sal ou Grompie sekerlik oor daar kan gaan spore los. 

Ek sien uit na jou verslag oor die lekker verkenning.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 16/10/2023 - 07:12

.... jy kan op geen ander manier in Gamkaskloof kom as om die afdraai daarnatoe d.m.v. die Swartbergpas te bereik nie. Jy moet óf vanaf Prins Albert, óf vanaf die Oudtshoorn-kant af tot bo ry, waar jy die afdraai van die nét meer as 50 km-lange pad na Die Hel kry. En glo my, dit is 50 laaannngg kilometers - maar mooi (as jy Karooveld kan waardeer). Andersins moet jy maar, soos doerietyd se inwoners, stap.

Ja nee wat, Grompie draf daai paaie met 'n "smile" kaf.

0
Pretoria

Geert

Mon, 16/10/2023 - 07:29

Ons gaan Desember Oudtshoorn toe en wil dan ook by Die Hel gaan inloer. Ons het n plekkie daar onder bespreek, maar nie kampeer nie. Ons gaan ons karavaan by Oudtshoorn in die karavaanpark los vir daai aand. As ons terug ry moet ons miskien ook gaan loer hoe lyk dit by Prins Albert en n paar van daai Karoo tjoppies gaan oplaai waarvan jy nou praat....klink lekker

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 16/10/2023 - 07:51

Môre Chris.

Ons is so week gelede hier oor die berg noorde toe. Van my huis is dit 50 km tot in Prins Albert, so ek sny seker n 100km draai uit sou ek op teerpad hou  Oudtshoorn, de Rust en dan Prins Albert.

Die pad is paar plekke vreeslik verspoel, nog na die laaste Weskaap vloede, en ek was verbaas dat dit nie gesluit was nie. Sommige plekke gevaarlik. Hoe die pad lyk af in die kloof, seker ook n paar growwe stukke.

Ons het so half uur langer as normaal gery. Laat vir die kloof besoek so paar ekstra uur of twee toe vir veiligheid.

 

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 16/10/2023 - 08:19

.... dankie vir die op hoogte hou van die padtoestand oor die berg. Ek sal maar nader aan die tyd eers navraag doen oor die pad na Die Hel.

Die Swartbergpas was maar al die jare Ralie-hulle se normale roete Oudtshoorn toe. Haar pa was een van die balhoriges wat ook met sy Thames-lorrie oor die pas gery het - alhoewel, die destydse ou spoorwegbus het ook maar oor die pas gery. Die verbod op swaarvoertuie is eers later ingestel.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/10/2023 - 09:57

Môre Herman en ander belangstellendes

Ek het al videos op You Tube gesien waar boswaens deur Swartbergpas getoets/gesleep was.

Wat is jou mening, is dit doenbaar met 'n smal ligte boswa agter 'n 2x4 trokkie? Wat is die grootste probleem, steil op en af, kort draaie of is die pad hoofsaaklik smal. 

Volgens daai videos het die pad vir my eintlik baie ry/sleepbaar gelyk. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 16/10/2023 - 10:13

... daar is al vir jare 'n verbod op die sleep van karavane oor die Swartbergpas. Dalk het die vervaardigers spesiale toestemming gekry om hulle waens daar te toets. Persoonlik dink ek 'n mens is baie "stupid" as jy dit enigsins sou oorweeg om 'n wa oor die pas te sleep. Ek praat nie eens van die Elandskloofpas wat bo van die Swartbergpas af lei na Die Hel nie.

Ek het vroeër genoem dat die pad na Die Hel meer as 50 km is - maar dit is tot by die einde van die kloof waar jy verplig is om om te draai. Bo vanaf die afdraai tot onder in die kloof is 37 km. Maar dit is lanh kilometers. Die laaste gedeelte waar jy afsak tot in die kloof (enkele kilometers) is baie steil en meestal in 'n bedenklike toestand.

0

My broer het nou gaan aftree in Prins Albert. Sy huis is amper klaar gebou. Ons was so 6 maande terug daar en toe het hy nog in die karavaanpark gebly om die bouwerk te bestuur. Ons het vir hull gaan kuier en het vandaar oor die Wartbergpas terug gery George toe. Ons was seker so 1 km van die kruin af toe ons 'n bakkie met 'n Exlusive karavaan voor ons sien. Gelykkig het ons hulle nie aan die begin van die pas gekry nie. Toe die man bo is toe trek hy af. Ons het ook by hulle stil gehou want on kon nie glo wat ons sien nie. Hy was wit in die gesig. Hy het nie geweet die pas is so moeilik nie en sommer 'n kans gevat. Hoe hy weer aan die ander kant, Oudtshoorn se kant gevaar het weet ek nie want aan daardie kant van die pas was die pad nat en glad. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 16/10/2023 - 12:22

Ons was seker so 1 km van die kruin af toe ons 'n bakkie met 'n Exlusive karavaan voor ons sien. Gelykkig het ons hulle nie aan die begin van die pas gekry nie. Toe die man bo is toe trek hy af. Ons het ook by hulle stil gehou want on kon nie glo wat ons sien nie. Hy was wit in die gesig. Hy het nie geweet die pas is so moeilik nie en sommer 'n kans gevat.

Want tensy die borde verwyder is, was daar altyd groot kennisgewingborde op om te meld dat karavane nie toegelaat word in die pas nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/10/2023 - 12:36

....ek maar dit nie doen nie. Netnou raas Chris B met my. Gelukkig het Grompie 'n sensor, sirene en "lock brakes", alles in een pakket genaamd Marie. laugh

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 16/10/2023 - 12:38

Net soos Chris sê Wessel. Dit word verbied om presies die redes wat jy noem. Lang dele is basiese grondpad, maar daar is gedeeltes waar mens regtig een, een by mekaar verbyskuur. En dan moet die man wat afgaan aftrek. Opkomende verkeer kry voorrrang, die bordjies dui so aan.

Die pad het ek beslis meer as n duisend keer gery, en die stories te vertel wat toeriste aanvang is baie. Onder anders het ek uitlanders gekry waar die vrou bestuur. Aan die verkeerde kant van die pad op jou afgekruie kom, sonder om jou raak te sien. Die angs op die spierwit gesig is werklik. Dan beweeg jy maar in enige rigting om uit die pad te kom. 

Tydgewys is dit dieselfde vanaf Prins Albert tot in Oudtshoorn oor die pas of De Rust om. 

My gunsteling stop- plek is by droë waterval, vanaf Prins Albert kant gekom. Op die oomblik is daar n stroompie wat soos n sluier lyk. Meestal net n druppie. Jy stop daar, doodse stilte, net bye en voëltjies en bekyk die stuk pas wat hier voor jou soos n slang die berg op kronkel met die handgepakte klip keermure.

Ek sal nooit moeg raak vir die pas nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/10/2023 - 12:48

plan maak soos Geert. Die wa êrens los, en die pas gaan ry.

Servaas: Wat is jou indruk van woonwapark in Prins Albert??

Dis nogal 'n nadeel van Meiringspoort, die verkeer en trokke. Ek het verlede jaar gestop vir eet en koffie in die poort, want daar het reeds 'n woonwa gestaan. Die jaar het ek dit nie gedoen nie, raak ook maar skrikkerig as ek vreemde voertuie sien. Die stilhouplekke is eintlik baie netjies uitgelê. Het nie die toilette besoek nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 16/10/2023 - 13:44

... alhoewel ek nog nooit self daar gekamp het nie, het ek die afgelope Mei weer daar by Olienhof (die naam van die park) gaan inloer. Basies, maar netjies en lekker skaduryk. Ek sal met 'n geruste hart daar gaan kamp.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 16/10/2023 - 14:03

Wessel, ons het heel lekker gestaan by Bushman Valley net voor jy Prins Albert binnekom van Oudtshoorn se kant af...

.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 16/10/2023 - 14:48

Pasop vir Oliewenhof se muskiete !!!! Het  al daar in n huisie oorgeslaap, sonder muskietgaas, nie geweet van die muskietbevolking nie. Ek was amper siek gebyt, nare ondervinding.

Ek moet vra, wat doen mens vir n paar dae daar? Vir my is dit n treurige plek. Vroeg oggend is die straatjies stowwerig en leeg. Na 9 sien jy so paar verdwaalde siele rondloop en kyk die hoofstraat deur. Na 3 in die middag brand die son almal onder die skaduwee in. Die Suid Oos steek op op, en als word omhul in n stofwolk. My gevoel  van die plek. Het heel paar projekte daar gaan raadgee, en selfs n huis daar besit vir n jaar of wat.

0

WEessel. Die kamp wat ek van weet in die dorp is op 'n olyf plaas. Dit was baie netjies daar. Ablusie was oud maar word skoon gehou. My broer het seker so 6 maande daar gebly en dit was hom heel aangenaam. Wat ek wel opgelet het oor die vakansietye was dat lankstaners die kus oorde verlaat en dan daar gaan staan totdat pryse weer aan die kus bekostigbaar raak.

0

Ek stem met jou saam. Die mense wat ek mee gedeel het wat daar bly, my broer ingesluit, sê egter hulle bly baie lekker. Lekker mense en redelike sosiale kuier so tussen die lot. Hulle moet ook seker maar so sê. Ek sal maar weer met hom praat oor so jaar of drie oor sy gevoelens dan.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 16/10/2023 - 16:10

.... hoe het ek dit met jou? My klein vroutjie sal haar behoorlik opruk as sy moet hoor jy beskou haar dorp as "treurig". Ek moet saamstem dat hoogstens twee volle dae in PA vir my ook genoeg is. Toe ons die afgelope Mei daar was het ons 'n volle dag op Ralie se grootword-plaas spandeer en die volgende dag die dorp platgestap en ons verwonder aan die mooi ou tipiese Karoo argitektuur en die lekker Karoodorp atmosfeer "ingedrink". Sonder twyfel een van die mooiste Karoodorpe in ons land. Maar nou ja, dit is net my opinie.

Ek kan my nie herinner aan stofstorms nie, maar ek het al bleddie warm gekry in PA. 

Jan Bothma het die lekkerste olywe ingemaak op Swartrivier. Dolf Marais maak die lekkerste droë vye op Swartbult. Das Olivier se Karoo Slaghuis maak uitstekende boerewors. Swartberg Hotel se deli bedien uitstekende etes op die hotel se stoep.

Ek het al by Bushman Valley gaan inloer, maar persoonlik verkies ek eerder Olienhof. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 16/10/2023 - 20:12

Prins Albert is pragtige Karoo dorpie. Die  argitektuur en goeie toeriste attraksies vir n kort besoek stem ek heelhartig saam Ek geniet die Saterdag markie baie, en het paar goeie vriende daar.  Moet die van die lekker kaas vergeet nie Chris. En die wynplasie binne die hoofstraat. Jy is reg, ek is bevooroordeeld, eintlik n goeie bestemming. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus