Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
5.6kg Umfula Johann L -1 hour ago
Bo Umfula Johann L -1 hour ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Rugby Wêreldbeker 2023

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on

Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.

Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.

Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.

Pretoria

Geert

Fri, 27/10/2023 - 09:57

Vanaf MSN se blad

CAPE TOWN - Presidential spokesperson Vincent Magwenya said that declaring Sunday a public holiday should the Springboks win the Rugby World Cup (RWC) on Saturday was still being considered.

Magwenya was responding to a question from a journalist during a briefing on the President's weekly programme on Thursday, asking whether President Cyril Ramaphosa would stick to the promise he made at the Green Hydrogen Summit last week.

Magwenya said they were receiving messages from South Africans around the world about the suggestion.

"The president has received a lot of messages in this regard via us and directly. South Africans from all walks of life have reached out to him. He said to me I must relay the fact that he's considering the request."

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 27/10/2023 - 10:23

Geert om eerlik te wees sal ek moet uitvind.  Maar ek dink nie so nie.

Nou watse tipe AB supporter is jy wat nie eens weet of sy span liedjies het nie?   Dit moet seker moeilik wees om die swart trui te dra maar Bok liedjies saggies in jou kop se sing?   Soos 2 honde wat binne jou baklei. laugh     Jy hoef regtig nie 'n swart trui in SA te dra om uit te staan nie, jy ry mos alreeds 'n wit Toyota?

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 27/10/2023 - 10:31

Ek hoop werklik nie die lawwigheid veroorsaak dat van die lede so aanstoot geneem het dat hulle besluit om nie verder deel te neem aan die forum nie. 

Ongelukkig het dit gebeur

0
Bloemfontein

Skerpioen

Fri, 27/10/2023 - 11:56

Soos 2 honde wat binne jou baklei.

Jy is reg Anton.  Twee honde wat baklei.  Al liedjie wat ek saamsing is " Daar GAAN die Bokke"    Voor ek weer 'n Toyota sal ry skreeu ek eerder weer vir die Bokke.   Jy het baie minder probleme.   

0
Worcester

Wildehont

Sat, 28/10/2023 - 12:54

Salomien het vir my die present gegee gister. Ek dra dit vandag met trots.

A

0
Bloemfontein

Skerpioen

Sat, 28/10/2023 - 13:26

Baie dankie Geert.  Ek hou daarvan.

Daai Voortrekker Monument bly maar iets besonders.  

Sterkte vir amlal se spanne.  Ek gaan vanmiddag gou n paar kleie breek voor die braai.  Praat weer more middag 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Sun, 29/10/2023 - 07:02

Aan die getroue Bok  ondersteuners.   Baie geluk met die Bokke se wen.  Dit was n super game.  Ek dink die hele wereld het dit super geniet.  Dis hoe rugby gespeel moet word.  Nogmaals geluk aan die Bokke.  Spekkies onthou om baie water te drink en 10 grandpas drie keer n dag.cheeky  thanks vir jou fotos Geert.  Jy moet n swart filter volgende keer gebruik op jou Pentex. Swart maak alles beter. Probeer dit.

Dissipline en nogmaals dissipline.  Dit maak of breek n game.  Jy kan nie n final speel met 14 man nie al was dit so amper. Die Mighty All Blacks bly my Hero.  Sam jy is en bly n yster.   Die skeidsregters was uitstekend.  Hulle kan n voorbeeld stel vir al die ander skeidsregters.  Julle verdien ook n beker.

Ek wonder of die verdwaalde boksembende se verdeelde kinders nou ook die draad gaan vermy soos hulle die laaste paar dae gedoen het?  Of gaan hulle my nog aanval?  Ek is nou reg vir hulle en sal geen meer "kant" vat nie.  As jy n knieknakker is los my uit en lees verby.  Hierdie All Black gaan jou byt en dan huil almal weer omdat jy nie ore het nie.  Vermy asb die draad soos julle gedoen het.  as jy my respekteer kry jy dit dubbelvoudig terug. 

Weer geluk aan die Bokke.  Begin nou spanbou want die rugby wereld en spel is aan die verander.  Hopelik speel ons nie rugby met kop beskerming oor 4 jaar nie.  

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 29/10/2023 - 07:40

 Net een punt nodig om ń punt te maak !! Sing gou saam "Óns is die wen kant, óns is die wen kant, champions of the wooooorld."

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 29/10/2023 - 14:52

Ek is 'n vurige Springbok ondersteuner en is ook bly dat hulle die wêreldbeker gewen het, al was dit met net een punt. Ek weet ook dat die eindstryd in 'n wêreldbeker tussen twee van die beste spanne in die wêreld, nie noodwendig skouspelagtig sal wees nie omdat die twee spanne mekaar medendoënloos sal opdreun.

Ten spyte hiervan is ek nogal teleurgesteld in die Bokke se vertoning. Die AB het deurentyd besit van die bal gehad, wat het dan aan die Bok-kant verkeerd geloop ?  Die lynstane het ook merendeels aan die AB behoort, selfs met kere waar die Bokke die bal ingegooi het !  Die Bokke het egter fantasties verdedig.

Die Bokke kon nie eers eenkeer 'n drie druk nie wat uiters teleurstellend is vir die wêreld se beste span.

Wat my steeds sooibrand gee, is die voortdurende se "up & under" geskoppery, sonder om veld te wen en net jou teenstanders instaat stel om 'n teen-aanval te loods.

Maar nouja, netsoos die Queen se begrafnis en King Charles se inhuldiging is genoeg genoeg.  Ons het nou 'n oordosis van rygby gehad en nou gaan ons seker weer 'n oordosis van 2024-verkiesing hê !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus