Ek begin die gesprekslyn sodat ek ophou om die Alternatiewe sleepvoertuie gesprekslyn te besoedel met praatjies oor die 2013 Ford Ranger 3.2 auto 4x4 wat ek onlangs gekoop het.
Ek wil nie die goeie raad wat ander lede wat soortgelyke voertuie het/gehad het verbeur nie, so nou kan ons verder daaroor praat hier.
Almal ken teen die tyd die besonderhede van my aankoop, so ek gaan niks herhaal hier wat reeds gesê is onder Alternatiewe sleepvoertuie nie.

Achtung
Dankie Grootwind, nou het jy my vêr teruggevat in die verlede in. Ons het in vroeë tagtiger jare op al ons oppervlak analitiese masjiene soos SEM, TEM, Auger, ESCA en X-straal masjiene dit gehad.
Sekere tegniese werke, en instellings moes maar wag vir die ekspert van oorsee wat masjiene kom diens het.
Ford loop al weer voor
Dankie vir die verduideliking oor die Ford wat soos gewoonlik voorloop en twee afsonderlike breine het - een vir die lyf en een vir die enjin.
4x4 Megaworld het die installasie van die ekstras gedoen vir die vorige eienaar, en ek glo darem hulle weet wat hulle doen. Daar is ‘n boksie in die enjinruim naby die battery, wat nie lyk of dit deel van die fabrieksinstallasie was nie. Ek vermoed dit is ‘n beheermodule vir die ekstra ligte.
Ek is net bly al die ligte werk weer, en eintlik is ek bly die ligstaaf is af. Ek sou dit waarskynlik net gelos het as die toetsbeampte my nie gedwing het om dit af te haal nie, omdat ek nie onnodig wil lol aan iets wat werk nie. Ek vind dit egter oorbodig en het geweet dis onwettig. Ek dink ook dit kan moontlik die lugvloei oor die verkoeler belemmer.
Nou wil ek eers jou gesprek…
Nou wil ek eers jou gesprek besoedel. En dit is seker omrede ek n sagte punt het vir Landrover.
As ons kyk na coil spring suspensie reg rondom, Landrover doen dit al seker 30 jaar. 4 wiel disc remme. Permanente 4 wiel aandrywing, net so lank. Lug suspesie, ook n eerste vir hull. En wie was die eerste met n drive by wire enjin, ook Landrover in 2000 met td5. En hulle het skoolgeld betaal, die ander het afgeloer en verbeter. En toe gaan bou hulle die mees " sofisticated 4 wheel drive system in the world in die nuwe Defenders. Maar jy moet blykbaar voltyds " aan lyn" wees.
Ongelukkig is die nuwe tegnologie Landrovers die 2de mees onbetroubare voertuie. Porche het eerste plek.
Dalk is dit beter om ń betroubare record voertuig te ry, al voel jy soos n tropdier in jou witte.
Groet die Hiluxe mekaar ook soos Defender manne? Ons het amper so " brotherhood"
Groet die ...
Hiluxe ook mekaar??? Ai Herman, net in Orania waar almal met hartlike kopknik en waai groet.
Die lewe gaan by mense verby, ek het al probeer met die woonwa op sleep, om te flits as woonwaens van voor kom. Lyk my daai gewoonte het ook uitgesterf.
Ter plaatse groet mense net mekaar op straat as hulle mekaar werklik ken. Sommige ouens is gelukkig, al die buurt se dames groet hom hartlik,
Ouer tegnologie
Grootwind het mooi verduidelik van die slim breine wat hedendaagse motors het en hoe dit met behulp van terugvoer van sensors beter werkverrigting lewer. Dis wonderlik, en ten minste is dit nog binnebrand enjins (wat waarskynlik nie meer baie lank beskikbaar gaan wees nie).
Maar die eenvoud en logika van ouer enjins was tog makliker om te verstaan en om iets aan te doen as dit nie meer 100% reg werk nie. My eerste drie rygoed het nog plugs, punte en vergassers gehad. My pa het self al ons karre gediens, en ek moes bystaan en later self my kar diens. Olie en filters ruil, en die tyd stel met ‘n timing light nadat die punte se gaping eers gestel is.
Toe kom brandstofinspuiting en elektroniese ignition en kyk waar trek ons nou. Geniet die herstel van die ou LR Oom Neef. Deesdae se rygoed kan (mag) mens self omtrent niks meer aan doen nie.
Laaiplek
‘n Kappie vir die Ranger gaan lyk my nie minder as R30k kos nie. Alublack (Infanta se kappies) se basiese eenheid kos sommer R55k. Ek kan ‘n nuwe seiltjie - een van die clip on soort wat styf om ‘n aluminium raam pas - vir R1800 kry.
Uiteraard beperk dit die laai ruimte, en kan nie sluit nie. Vanoggend meet ek toe die bruikbare volumes van die Ranger se bak en die Prado se kattebak. Eg is net meer as 1 kubieke meter, en lg 0,88 kubieke meter. Dalk moet ek eers net ‘n seiltjie koop vir die prys van 72l diesel, en myself ‘n klomp rente spaar.
Seiltjie
Dit klink na 'n goeie plan. Wat is die kans om so 'n seiltjie na 'n jaar gesmous te kry. As daar 'n mark is vir gebruikte seiltjies, is dit 'n goeie korttermyn oplossing.
Maak net seker dat jy die agterklap kan oopmaak SONDER om seiltjie daar los te maak. Dit maak die lewe baie makliker.
Dan maak jy 'n bakkie hakie van ou besemstok, met hak vooraan, om goete nader te trek. Ek het van daai rekstroppe met die hakies, wat ek gebruik om sommer klein items soos P&P sakke agter vas te maak, sodat dit nie tot voor skuif nie.
Ander opsie is daai "slide"…
Ander opsie is daai "slide" magafters wat in a raam oop en toe skuif en ook kan sluit, Swaertjie het ene op sy vorige 2.2 Ranger gehad. Sy nuwe (ou) 2.2 het so 'n swaar seil gedoente met 'n dik pyp raam binne. Die raam sluit en maak dit moeilik om goed te steel selfs al sny iemand die seil. Weet nie wat dit kos nie maar dit lyk heel Butch op die tipper!
Kyk ook na ander alu wat…
Kyk ook na ander alu wat heelwat goedkoper is? Bv
Daar is ook nog...
...die volgende kappies;
RLD
Led Fly
Ek dink Infanta sit die pot mis. Hierdie genoemdes her kappies vir minder as R30 000
Securilid vs seil
Securilid is een van die rollerdeksels wat kan sluit wat mens op ‘n bakkie kan sit. Nuut kos hulle ongeveer R13k en is blykbaar nie waterdig nie. So sê ‘n ou in die Kaap wat syne op Gumtree adverteer vir R3k. Hy het dit in 2018 gekoop maar intussen ‘n kappie opgesit. Hy sê egter dis nie in dieselfde toestand as ‘n nuwe een nie en het ‘n paar duike en skrape. Ek wil nie die bakkie verfoei deur ‘n swak opgepaste rollerdeksel op te sit nie. Mens moet ook ‘n breë boog teen die agterkant van die kajuit opsit saam met die rollerdeksel. Ek is nie mal daaroor nie.
Die ou seiltjies met die rekke in is eintlik maar die beste, want hulle trek styf oor die kant van die bak en stertklap so daar is min plek vir water om in te kom. Hulle kos ‘n tiende van wat die Securilid kos, en kan maklik heeltemal verwyder word indien nodig. Al wat nodig is vir installasie is die spoortjie vir die inryg van die seiltjie teen die agterkant van die kajuit, en die twee plastiek stukke waarin die veerstaaf druk wat die seiltjie styf hou. Die rekke haak oor die hake waarmee die bakkie uitkom.
Wat sekuriteit betref is dit natuurlik gebrekkig. Die enigste plek waar dit my pla is as mens gaan inkopies doen, en vir die Engel wat gewoonlik agter in die Prado bly. Dis handig om ‘n yskas in die voertuig te hê, maar dis ook maar ‘n luukse en nie ‘n noodsaaklikheid nie. Inkopies kan mens in die kajuit los tot net voor jy wegry by die winkelsentrum.
Wat goedkoper kappies soos GZ betref, betaal ek eerder R7k meer vir bv ‘n Ramkappie en kry een met ‘n dakrak vir vuurmaakhout en vensters aan die kant vir die kinders. Maar ek gaan nie haas om een te koop nie, die regte een sal kom. Ek hoop nog om ‘n tweedehandse een raak te loop by iemand wat wil inruil by ‘n agent en niks ekstra vir die kappie gaan kry nie.
Terloop, ‘n ander voordeel van ‘n seiltjie is dat dit bietjie brandstof bespaar. Dit het ek gesien toe ek een op my vorige Ranger (2007 Supercab) gesit het.
RLD se kwotasie
R33499.01
Ek het al orals kwotasies gekry. Ramkappie wen sover vir wat ek wil hê (R30k).
Tusk (hulle en Ramkappie het afgestig van mekaar na ‘n uitval, maar dis presies dieselfde ontwerp. Inteendeel; Tusk beweer Ramkappie het hulle ontwerp gesteel) is bietjie goedkoper maar hulle is in Gauteng en die koerierkoste bring dit terug na dieselfde koste as Ramkappie.
Dink die rollerdeksel neem…
Dink die rollerdeksel neem ook bietjie spasie weg cir die "rol" as hy oop is?
Terloops, as jy rondkyk vir goeie kondissie gebruikte kappies loop maar katvoet. Sien vanoggend op Maroelamedia die nuutste truuk is nou om bakkies of FB Marketplace te adverteer en dan wag hulle jou in en besteel jou rot en kaal, laas week ook een niksvermoedende persoon doodgekiet. Wat hier rondom Pertoorsdorp gebeur vind sy pad ook na ander provinsies toe en as dit met bakkies kan gebeur sal dit ook met kappies gebeur (dieselfde mark)
Seiltjie in spoor ????
die seiltjie wat in 'n spoor hak/druk is beter. Die seiltjies wat jy met die rekke oor die kante span, is geneig om mettertyd die verf af te skawe. Werk net as bokant van kante lekker dik mer rubber behandel is.
Dit is dalk maar op langduur beter om die 4 spore op te sit, waarin die seiltjie knip/span.
Securilid op Ranger
My buurman het die rollerstesel op sy 2021[?] Ranger by Ford, met aankoop laat aansit. Ongelukkig na ongeveer 11 maande het sy bak in die voorste hoeke gekraak.
Ford moes die bak herstel/vervang EN die hoekstutte ook aanbring. Dit was 'n agenskap in Pretoria noord omgewing
Oorwegings
Ek stem saam met Grootwind, die rollerdeksel gaan plek in die bak opneem. Die bak wat gekraak het gee my ook nie moed nie. Die voertuig is dan veronderstel om amper 900kg te kan laai!
Ek het ook aan die verf gedink wat die seil met rekke kan krap en probeer onthou of dit op my vorige Ranger gebeur het maar ek kon nie. My probleem met die seiltjie wat in die raam inknip is dat die raam aan die bak moet vasgemaak word. Ek is nie lus om gate te boor nie. Of maak dit dalk vas in die gate wat reeds daar is vir hake vir vasmaak plek?
Ai, kon hulle nie maar dinge eenvoudig gehou het soos dit nie te lank terug was nie? Die duur kappies is nes boswaens wat so vrek duur is. Dit raak ‘n mode bykomstigheid en dan druk die vraag daarna die prys op.
die raam....
...word bo-op die plat gedeelte van die sypanele en voorpaneel aangebring. Dit kom nie aan die kante vas waar jou hake is nie. Die "flat bar" met gleuf vir seiltjie, is los soos bruggie oor die agterklap se opening.
Dis baie netjies, en as jy later die kappie opsit, kom die rame af en die kappie met sy stof afdigting maak daai gaatjies mooi toe.
bak seiltjie
Wildehont, hou dit vir nou eenvoudig. My stem is vir n gewone seiltjie. Ja die lussies maak merkies op die verf.. maar kry 2 stroke helder wrap materiaal en plak dit tussen die bak se hakkies en die bokant. Dit kan jy afhaal later. Die rek-toue is regtig nie moeite nie.
jy het nou al wat n idee is aangehoor ,sterkte met die moeilike besluit ![]()
Gaan daai Tusk kappie te…
Gaan daai Tusk kappie te veel kos om na jou te koerier? Sy prys lyk goed en dis ń mooi kappie met dra rak bo-op?





Chris, geen nodigheid om te…
Chris, geen nodigheid om te stres oor die Ranger se BCM nie, as jy nie peuter waar jy nie moet nie bly daai elektronika vrek betroubaar. Die prestasie ("performance") wat mens uit relatiewe klein enjins kry is baie baie indrukwekkend en alles te danke aan tegnologie (simple analogie,,,die enjin se beheer eenheid ("engine control unit", of ECU) doen intydse verstellings 'n paar duisend keer per sekonde delei duer 'n swetterjoel sensors se data (metings), amper soos om 'n mekaniek voltyds onder die enjin kap te hê wat heeltyd verstellings doen!). Diegene wat so effe anti-tegnologie neig, dalk onthou julle nog die eerste Mercedes diesel motors, bv die 1950's 190D (skoolvriend van my se oupa het ene gehad en ons het gedink die Merc is begeerenswaardig! Die realitiet in vandag se wêreld is egter minder so, daai Merc se enjin het 'n volle amper 40kW gelewer, dit het vreeslik vinnig versnel (o - 100km/h in 'n vinnige 31 sekondes, en dan boonop 'n verbysterende topspoed van 120 km/h. Drom remme reg rondom, geen ABS nie (ABS het elektronika nodig!). En net reg vir karavaan sleep, 'n hele 108 Nm draaimoment! (en Merc het gereken hy kan 'n hele 1200kg wettig sleep...weet net nie hoe nie!). In vergelyking, my oorle' Pa het 'n 1957 Opel Olympia Rekord (petrol) gehad, 3 spoed ratkas, dromremme, 'n hele 33 kW en 98 Nm, maar darem vinniger, topsped 130 km/h! Goed soos "self-tensioning" veiligheids gordels en lugsakke (alles wat elektronika benodig) was ongehoord, waarborge was tipies 6 maande of 20 000 km, ligte was 6V (nie 'n tikfout nie!). So, nee al daai sg. katoeters wat ons moderne voertuie het is daar vir 'n rede...en is uiters betroubaar...solank Koos "backyard mekaniek" sy vingers uit die werke hou. Wessel sal dalk nog die ene onthou wat in die 1970's op byna elke hoofraam rekenaar geplak was:
ACHTUNG!
ALLES TURISTEN UND NONTEKNISCHEN LOOKENSPEEPERS!
DAS KOMPUTERMASCHINE IST NICHT FÜR DER GEFINGERPOKEN UND MITTENGRABEN! ODERWISE IST EASY TO SCHNAPPEN DER SPRINGENWERK, BLOWENFUSEN UND POPPENCORKEN MIT SPITZENSPARKEN.
IST NICHT FÜR GEWERKEN BEI DUMMKOPFEN. DER RUBBERNECKEN SIGHTSEEREN KEEPEN DAS COTTONPICKEN HÄNDER IN DAS POCKETS MUSS.
ZO RELAXEN UND WATSCHEN DER BLINKENLICHTEN.
Om terug te kom na die BCM blikbrein...al wat Ford gedoen het was om funksies saam te groepeer wat saamhoort, bv om die ECU (enjin) en BCM (bakwerkverwante funksie) te skei. Dit word gedoen sodat daar nie 'n enkel falingspunt is nie. Ander vervaardigers groepeer alles saam, slegte ontwerp want daar is nou 'n enkel falingspunt. Wat die Ranger ligte aanbetref Chris klink dit of die vorige eienaar die regte ding laat doen het deur die ekstra ligte direk van die battery (en ek glo ook 'n relay) te voer..."wat die BCM nie van weet nie maak sy hart (brein) nie seer nie"!