So breek die oomblik aan........................................en kon ons die toer begin in Durban.
Na harde werk om die huis netjies en ordentlik agter te laat is die sleutels Sondagoggend om 7uur aan die agent oorhandig. Daarna is die Classique gehak en ons die pad na Johannesburg aangedurf. Pad was redelik stil en na byna 57 jaar van werk jaag niks ons meer nie en het rustig gery. Kon dit sien aan die brandstof verbruik wat my nogal verbaas het want ons is swaar gelaai.
By ons dogter aangekom en ons seun het Vrydag geland van Papua New Guinea af vir sy vakansie. Gaan 'n paar dae saam kuier.

Môre Hennie.,…
Môre Hennie.,.........................................................................dit gaan baie goed dankie en nou dat ek ge "rebore" is werk alles baie goed.
Kry nog tot die einde Desember elke dag B12 inspuiting - Elmarie doen dit sommer- en yster pilletjie. Hulle het groot tekort in my gevind en wou amper nie die operasie doen nie omdat my rooibloed telling te laag was. Gelukkig kan die Dr's deesdae jou mediese rekords naslaan op die internet en was dit 2jaar gelede alles reg.
Nou moet ek bieg dat ek sedert Covid nie elke dag geoefen het nie en ook nie na my dieet gekyk het nie. Soos Bruce Fordyce altyd gesê het hy is op 'n ligte dieet - as dit lig is is eet hy. So ek het begin erge sooibrand kry en het toe medikasie gebruik daarvoor sonder om na die nagevolge daarvan te dink. Die medikasie het my B12 en yster drasties laat daal en ek het baie moeg gevoel. Gedink dit is maar die ouderdom.
Internis het my toe B12 en yster voorgeskryf en ek het dadelik die sooibrand medikasie gestop en oefen nou weer gereeld. Geen of baie min gas koeldrank en sjokolade en het 6kg in die proses verloor. Amper weer my Comradses gewig.
Voel baie goed en is stadig besig om my kragte te herwin.
Baie bly vir jou Jan. Ja, 'n…
Baie bly vir jou Jan. Ja, 'n mens dink jy is oraait maar eintlik is daar onderliggende kwale wat 'n mens eers uitvind na so 'n skielike terugslag.
Sterkte en ons vertrou dat jy spoedig tenvolle sal herstel.
Toer gaan voort…
Toer gaan voort................................................................en is ons vandag weg uit Knysna. Al die kinders is ook terug na Gobabis en Nelspruit. Een klomp veilig in Upington en ander in Bloemfontein. Hulle sê paaie was besig gewees.
Lekker kort dag gesleep en staan vannaand oor by Kleinplaas in Oudshoorn. Môre sal ons nog 'n kort dag hê tot by Karroo NP waar ons paar dae gaan oorbly.
Lekker saam met kinders gekuier maar dit is nou bietjie alleen tyd 😋
Jan...
...onthou daar is 'n paar droëbek tuisblyers wart maar te graag verniet saam toer. Jy sal dus jou toerverslag/terugvoer breedvoerig moet volhou, met stawende foto's.
Nr 8 is lekker staanplek, en soos jy voor dit staan, en na nr 8 kyk, is daar na die regterkant 'n paar staanplekke met lieflike koeltebome. Dit is nog lekkerder staanplekke, as nr 8 self.
Die Gobabis kinders het seker nie deurgery tot by Upington nie, of sleep hulle nie woonwa nie?
Ja, darem 'n nie 'n te vêr…
Ja, darem 'n nie 'n te vêr sleep van Kleinplaas na Karoo NP. Gaan natuurlik deur die pragtige Meiringspoort.
Hoe gaan dit nou met jou gesondheid?
Gaan inloer.
Vinnig met Jan en Elmarie gaan kennis maak vanoggend. Gawe ou sening daai, Het n foto van die twee, Jan sal moet instem dat ek dit kan plaas.
Herman…
Herman......................................dankie vir die inloer. Was aangenaam verras. Jy kan maar foto plaas sodat die mense kan sien hoe lyk gelukkige pensioenarisse. ![]()
Wessel..Herman lyk goed met mooi gesonde kleur.
Lekker gesels in die kort tydjie.
Is veilig in die Karroo en koelte staanplekke is klaar geneem. Staan maar op 8 en koelte is stadig besig om ons te bekruip. Dis warm maar ons is bly om hier te wees.
Kinders het net Ventertjies gesleep. Hulle kan nie uitgepraat raak oor Meiringspoort nie. Bly maar mooi en wil plan maak om bietjie die poort te voet gaan verken.
Karoo nr 8
Ai tog, maar nr 8 is lekker vir die beterhelftes, naby die dames se ablusie en die kombuis. Laasgenoemde het tot 'n broodrooster!!!
Jan en Elmarie
Eers ń regsteling. Jan lyk blakend gesond, met die lyf van n man wat 20 Comrades medaljes het. Seninglyf. Elmarie kyk beslis goed na haarself.

My genugtig.................
....................en ek dog Jan-hulle is oumense soos ons twee.
Gaan nie vir Elmarie…
Gaan nie vir Elmarie.......................................wys nie want sy hou aan vertel dat dit sy is wat my 74jaar jonk laat lyk. Sal kole op die vuur wees.
Wessel ek is gebore met krom bene en Herman was baie diplomaties met die neem van die foto. 😳
Nou nog 34grade…
Nou nog 34grade.....................................hier en dit is 7uur. Son skyn nog en gaan vannag nie veel afkoel nie.
Het ook die swembad gebruik maar dan is jy dadelik weer warm as jy uitklim. More bietjie beter.
Bulkraal piekniekplek…
Bulkraal piekniekplek..............,...........................................waar ons vanoggend wou gaan ontbyt maak is so oortrek met miere wat jou aanval dat ons die aftog geblaas het.
Die Karoo NP het Donderdag middag 'n storm gehad en oral sien jy nog poeletjies water in die veld. Gister die Klipspringer roete gery en wild was volop met baie Springbokke. Wild is in mooi kondisie en blinkvet.
Elke aand is die kamp vol want baie mense gebruik die Karoo as 'n oornagplek en vertrek vroeg in die oggende weer. Meeste hak nie eers af nie. Op die oomblik is ons net 3 kampeerders in die kamp.
Gister bietjie voorraad aangevul in Beaufort Wes maar nooit weer nie. Vuil dorpie en selfs winkels is nie skoon nie. Ons is nie vol fiemies nie maar kon nie wag ons hande te was by die kamp nie. Selfs wetwipes was nie genoeg nie.
Verder kuier ons nog lekker en geniet die rustigheid.
Jan...
Jy moet die kans gebruik as kamp leeg is, en gou skuif na digte skadu staanplek, of het julle nou weer mildadig opgeslaan.
Was julle na die inkopiesentrum met die "groot" OK soos mens BW inkom, vanaf die park se kant. Ons het dit verbasend netjies getref, maar julle is nou nog in die feestelike tyd daar. Almal kom seker skoolklere en goete koop.
Al die ou dorpies is maar 'n morsige/besige plek op 'n Vrydagmiddag. Verwag maar dieselfde op Montagu ook. In 2022 gaan slaap ons op my geboortedorpie, Bonnivale oor, oppad Bellville toe. O genade, wat 'n besige hoofstraat met al wat plaaslik is, in die winkels. Ek het my plek nie geken nie, en kon nie gou genoeg terug by die woonwa kom nie.





Jan, hoe is die gesondheid…
Jan, hoe is die gesondheid nou. Het die "prosedure" darem gehelp.