Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Sterkte Verskoning Geert -2 hours ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 hours ago

One Drive Memories

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Is daar nog forum-gebruikers wat al hulle foto's op Microsoft se One Drive gestoor het? My dogter het my aangemoedig om dit te doen. Sou jou rekenaar se hardeskyf skielik besluit om die gees te gee - en die inhoud kan nie herwin word nie - het jy 'n rugsteun van al jou foto's op One Drive.

Maar wat ek nogal van hou is die feit dat One Drive elke dag (waarop jy foto's geneem het op daardie spesifieke datum) vir jou 'n herinnering stuur van die betrokke dag se foto's. Ekself gaan selde loer op al die lêers waarop my ou foto's is - behalwe wanneer ek dalk 'n spesifieke foto soek. Dan skielik, uit die bloute, kry jy 'n e-pos met die foto's wat jy op die betrokke dag geneem het. En dit bring meestal 'n klomp aangename herinneringe terug.

Vandag het ek o.a. die volgende foto's ontvang wat geneem is op 1 Feb 2019 tydens ons verblyf in Shingwedzi (tydens een van my vele wegbreke wildtuin toe as ek in die noorde moes gaan werk).

Shingwedzi

Dit was ons chalet waar Ralie amper die dikstert skerpioen, aangesien vir een of ander gogga, in die toilet wou optel. Genadiglik het sy my geroep om dit te kom doen - waarna ek toe sien dat sy met 'n lelike kalant "speel".

Die volgende foto het ek op die S56 (Mphongolo Loop) geneem toe dié ou "dagha boy" pas 'n lekker modderbad geneem het.

Shingwedzi

Tussen gister se foto's is ek weer herinner aan die muskeljaatkat wat ons met verlangende oë sit en aanstaar het toe ons die aand van 31 Jan 2019 in Mopani gebraai het.

Mopani

Aag - en so kan ek aangaan met foto's waarvan ek al amper vergeet het. As jy (ook) nog nie jou foto's op One Drive stoor nie, is dit dalk raadsaam om dit ernstig te oorweeg.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 17/04/2024 - 07:56

...môre, daar is mos darem nog lekker koffie en rooibostee ook, as laaste uitweg teen uitdroging.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Wed, 17/04/2024 - 08:02

Ek sien jy is 'n man met 'n plan om vooruit te kan kamp. Julle moet dit gaan geniet daar in die Karoo. Ek sal dit ingedagte hou om ook weer so 'n draai daar te gaan maak. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 17/04/2024 - 17:23

... op hierdie dag (17 April 2019) het ons die langpad aangepak wildtuin en Eiland Spa toe. Ek verpes om die stuk pad tussen Villiersdorp en Worcester (veral in die Stettyn-omgewing) te sleep a.g.v. 'n baie ongelyk oppervlak - een van min slegte teerpaaie in die Wes-Kaap (maar steeds beter as meeste van die R-paaie in omtrent al die ander provinsies).

Sodoende besluit ek toe daardie jaar om die genoemde R43 uit te skakel en eerder via Stellenbosch en Du Toitklooftonnel te ry, Dit sou egter daardie raps te veel wees vir my rigiede besluit om nie meer as 500 km op 'n dag te sleep nie. Daarom besluit ons toe om die eerste aand by ATKV Goudini oor te staan. Dit is 'n netjies-versorgde oord, maar nie my "cup-of-tea" nie. Een weeksaand se oorstaan was egter nie sleg nie.

Hier staan ons knus onder die Brazilian Peppers ingetrek.

Goudini

Goudini se terrein en swembaddens is werklik mooi versorg. Dit is eintlik 'n baie lekker oord, maar ongelukkig te na-aan Kaapstad. Oor naweke is dit beslis nie vir ouballies soos ek bedoel nie. Maar gee ATKV wat hulle toekom - dit is netjies.

Goudini

Goudini

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 17/04/2024 - 19:06

Dankie vir die terugvoer, het al soveel negatiewe dinge gehoor van Goudini dat ons dit nog elke keer vermy het. Lyk my dit is aanvaarbaar vir mid week?

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 17/04/2024 - 19:48

...dalk moet jy vir die forum 'n patrollie soheentoe sleep, vir 'n naweek. Dit sal opreg waardeer word.wink

Dan kan jy mos 1ste hands verslag doen oor die netjiese oord.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 17/04/2024 - 19:56

Meestal onder Indiërs en bruin mense. Chris Jnr was ‘n paar maande gelede daar by ‘n verjaardag partytjie van ‘n bruin seuntjie wat deur ‘n vriendin van Salomien in pleegsorg geneem is. Chris Jnr en die pleegsorg ma se broerskind was die enigste wit kinders en Salomien en die pleegsorg ma was die enigste wit volwassenes. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 17/04/2024 - 20:44

My suster, wat soos ons op 'n stadium baie lief vir Goudini Spa was, noem dit "Mitchells Plain Under The Mountain". Ek kan nie die oorverdowende doef-doef musiek van my onmiddelike bure verdra nie. En maak jy beswaar daarteen, word jy as 'n rassis uitgekryt. Daarom bly ek maar weg.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 17/04/2024 - 21:14

Ek is presies 40 jaar gelede vir die eerste keer Kaapstad toe verplaas en Goudini is so 45km van ons huis af.  Ek was nog net eenkeer vir 'n werkseminaar (kort na my aankoms in die Kaap) by Goudini en nog nooit weer nie  -  juis as gevolg van die klagtes oor uiterste lawaai en drankmisbruik veral oor naweke.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 17/04/2024 - 21:54

... het ons verder gereis tot by ons tradisionele eerste (en laaste) bestemming op ons reise tussen die Boland en die Laeveld - naamlik die Karoo Nas Park. My meer daaroor later sodra One Drive Memories die foto's vir my wys. Maar dit sou nie net 'n enkel-nag se oorstaan wees nie. As ek reg onthou was dit 'n 7-nagte oorstaan.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 19/04/2024 - 12:45

Ons het op 18 April 2019 vanaf Goudini Spa na Karoo Nas Park vertrek. Ek en Ralie was baie lief vir die heel eerste staanplek aan regterkant (as jy anti-kloksgewys deur die kampeerarea ry) - No 21. Ons het menigmaal daar gekamp, totdat die staanplek ook geplavei is en ons nie meer kon opslaan soos ons altyd gedoen het nie. Hier staan ons vir die laaste keer op No 21.

Karoo

Karoo

Karoo

Bibi, die mak koedoe wat as kalf in die veld gekry is en hans grootgemaak is, het as volwasse koedoe haarself in die kampeerarea kom tuismaak. Sy het kort-kort vir ons kom kuier om 'n versnaperinkie te vra.

Karoo

Karoo

Karoo

As jy nie gekeer het nie, het sy selfs probeer om in die karavaan te klim. Ek het verstaan sy is intussen dood.

Ek sal vir die volgende 2 weke nie die forum vermoei met my herinneringsfoto's wat One Drive daagliks aanstuur nie, aangesien ons môre in die pad val na Kgalagadi en Namibië - om môre-aand in Calvinia te oornag by Donkieshoek.

0
Pretoria

Geert

Fri, 19/04/2024 - 17:58

Toe ons einde Desember daar was, was daar n mak koedoe wat kortkort kom kuier het....weet nie wat haar naam is nie

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 06/05/2024 - 11:46

Die Bouchers is weer terug - en gister ontvang ek toe weer 'n paar herinneringsfoto's vanaf One Drive. 

12 Jaar gelede was ons op pad wildtuin toe met ons ou tentjie en ou gazebo. Ons het eers 'n paar dae oorgestaan in die Karoo Nas Park.

Karoo

Ek weet daar is forumlede wat niks wil weet van tentkamp nie, maar ek en my ander helfte kuier alte lekker op hierdie primitiewe manier.

My vrou, 'n Karoo-blommetjie wa op 'n Karooplaas grootgeword het, het my vertel van "vuurhoutjie-voëlent" - 'n parasitiese plant wat op ander struike en bome groei. En in die Klipspringerpas sien sy die volgende raak en stel my bekend daaraan.

Karoo

Van nader beskou gee die blommetjies jou die indruk van 'n vuurhoutjie.

Karoo

Maar raak jy aan die swart ("swawelpunt") van die blommetjie, dan gaa dit onmiddelik oop.

Karoo

Op hierdie dag (in 2016) was ons ook op pad wildtuin toe. Ons het vir die aand oorgestaan by ATKV Klein-Kariba - een van my gunsteling oorde.

Klein-Kariba

Van Klein-Kariba af het ons deurgedruk tot Punda Maria en via Thohoyandou by Punda Mariahek (hieronder) ingegaan.

Punda Maria

'n Jaar later was ons weer op pad wildtuin en ATKV Eiland Spa toe. Op hiérdie aand (5 Mei) het ons by Aan-die-Oewer by Orania oorgestaan. Ek het verstaan dat daardie groot boom waaronder ons op foto (hieronder) gestaan het is saam met verskeie ander ontwortel in 'n groot windstorm.

Orania

En 2 jaar later (2019) was ons weer in Punda Maria. Die S99 (die Mahonie sirkelroete) is 'n wonderlike pad wat ons minstens een keer per dag ry as ons in Punda is. Daardie jaar het die klompie wildehonde ons twee keer op hierdie roete verras. Dié roete lewer ook van die mooiste natuurtonele op.

Punda Maria

Punda Maria

En in 2019 was ons op 5 Mei weereens in Punda. Hier is 'n kort video clip van ons gunsteling staanplek, waar ons 3 uit die 4 keer wat ons in Punda gekamp het, gestaan het.

video
0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 06/05/2024 - 13:17

is vir my 'n nuwe een - waarskynlik aangesien dit hoofsaaklik/net(?) in die Karoo voorkom en my kennis oor Karoo-plante laat veel te wense oor.

Ek het nou eers dié outjie gaan naslaan, en ja, hulle kom meestal voor in die baie warm en droë dele van die land - gaan onder die naam Monquiniella Rubra (as ek die regte een beet het). Die beskrywing van hoe dit met aanraking oopvou stem presies ooreen, Chris.

Baie dankie dat jy interessante memories met ons deel - maak sommer dat mens wens jy was nou daar (selfs die tent en gazebo laat my verlang na baie plekke)

 

 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 06/05/2024 - 16:29

Dankie vir die deel van jul herinnerings, dit is lekker om so na mense se onthou te kyk, baie bring ook lekker herinnerings terug.

Vreemde plant daardie, maar tog besonders mooi.

0
Pretoria

Geert

Mon, 06/05/2024 - 16:57

12 Jaar gelede was ons op pad wildtuin toe met ons ou tentjie en ou gazebo. Ons het eers 'n paar dae oorgestaan in die Karoo Nas Park

Ongelooflik die gras! Is dit dieselfde staanplekke wat nou sand en paving is?

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 06/05/2024 - 19:57

... ja, Punda het 'n swembad. Ek reken al die hoofkampe in die wildtuin beskik nou oor swembaddens.

Ja - daardie was die goeie ou dae toe al die staanplekke in die Karoo Nas Park nog grasstaanplekke was. Ek het begrip daarvoor dat die staanplekke nou geplavei is, want die gras moes kort-kort vervang word en water is soms maar skaars. Maar dit was lekkerder met die grasstaanplekke.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 07/05/2024 - 11:06

One Drive is darem pligsgetrou om my te herinner aan foto's wat op spesifieke dae geneem is. Die volgendes het ek weer gister ontvang.

In 2006 het ons op hierdie dag wildtuin toe vertrek. Hier staan die "government" by Veldskoen Padstal, besig om koffie te drink. Dit was voor die dae wat ons besluit het om ons ontbyt in die padstal se restaurant te gaan nuttig. Kyk net daai blou Mazda 2.5TD. Dit was 'n lekker sleepvoertuig.

2006

'n Jaar later was ons op pad Kgalagadi toe om die onderskeie wilderniskampies te besoek. Op 6 Mei het ons by Red Sands Lodge buite Kuruman oornag. Ons het in hierdie chalet oornag. Red Sands is 'n lekker oornagplek, hetsy in 'n chalet of om te kampeer.

2007

2007

In 2012 was ons op pad wildtuin toe met ons tent en gazebo en het eers 'n paar nagte oorgestaan in Karoo Nas Park (soos op my vorige inset genoem). Op 6 Mei het ons die Afsaal 4x4 roete gaan ry. Dit was in die dae toe Afsaal nog nie beskikbaar was as akkommodasie-fasiliteit vir die publiek nie. Ek en Ralie het verskeie kere daar stilgehou en 'n lekker goue koue op die stoep gedrink.

2012

Soos ook in my vorige inset genoem was ons in 2016 in Punda Maria. Toe het ons ook op my gunsteling staanplek gestaan (waarvan ek op my vorige inset met die video clip gewys het).

2016

Hierdie ouens (kuifkop tarentale) kom gereeld inloer vir iets te hap. Dit is die enigste plek waar ek hulle nog gesien het.

2016

Hierdie tipe tonele op die S99 (Mahonie sirkelpad) duik kort-kort op.

2016

In 2017 - op pad wildtuin toe - het ons die volgende aand (na ons oornag by Aan-die-Oewer) by een van ons tradisionele oornagplekke oorgestaan - te wete Aldam. Nooit 'n oord om oor huistoe te skryf nie, maar baie aanvaarbaar vir een aand se oorstaan.

2017

In 2019 (weereens in Punda) het ons dié troppie wildehonde net 'n dag later weer langs die S99 (Mahonie sirkelpad) gekry.

2019

 

video
0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus