Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -8 minutes ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -14 minutes ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -2 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago

Strydoms in Kruger '24

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag vriende

Nou wag ek maar dat die besprekings oopmaak vir Junie 2024. Gister gebel en kan eers van 24 Julie af bespreek. 

Ons finale datums vir Julie'24 in Kruger is as volg;

Tsendze  9 tot 15 Julie

Satara     15 tot 21

Onder Sabie  21 tot 27

Berg en Dal    27 tot 29 Julie

Brits

Wessel Strydom

Sat, 06/07/2024 - 11:40

Jis Chris man, kon jy nie mooi vir hom verduidelik het dat die volgende Kavango wat daar kom staan, eintlik 'n banggat is nie. O gaats, dis dalk presies wat jy vir ollie gesê het.laugh

0
Worcester

Wildehont

Sat, 06/07/2024 - 11:53

28 is regtig ‘n lieflike staanplek. Teen die heining so entjie van Mooiplaas piekniekplek af, lekker groot met genoeg skadu en genoeg son, en sigafstand van die badkamer en kombuis. Die naaste krane is wel by 27 en 29. 
 

Hierdie is waarna die Strydoms kan uitsien (minus die dogtertjie in pienk wat besig was om haar eie hopscotch baan te teken waaroor niemand mag loop of ry nie):

A

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 06/07/2024 - 15:54

dankie vir die mooi foto, nou raak ek mos opgewonde. Ek het daai staanplek so bekyk verlede jaar, en die baie son het my getrek.

Die boom ooglopend korrek geplaas is 'n groot bonus. Dit lyk of ek sommer die wa met Grompie kan trek, waar joune op die foto staan. Dan kan ek seker sonder moeite dit weer daar hak met vertrek.

Sê vir jou dogtertjie, ek sal haar hopscotch baan soek, en selfs bespringlaugh

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 06/07/2024 - 16:03

...............lyk heerlik.  Ons het die vorige keer op nr. 32 gestaan, ook heerlik gewees - dis die derde plek soos wat jy inkom oppad na nr.28.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 07/07/2024 - 16:38

....net die klein goedjies wat in kajuit gaan, word môre oggend gelaai. 

Ek groet dus tot ek weer internet sein het. Die Wifi katoeter gaan nou saam met skootrekenaar ingepak word. Ek het so 'n paar lede se kontakbesonderhede, en sal die vrymoedigheid neem, om soms iets te deel met hulle. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 07/07/2024 - 19:24

maar ek wens vir julle 'n voorspoedige reis en baie aangename wildtuinvakansie. Daar is soveel om te geniet....selfs al is dit net mooi dieresurprise

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 08/07/2024 - 18:49

.............die laat weet Johann. Nou is dit vir Wessel, Grompie, die Kavango en die klompie olifante.  Vir sy onthalwe hoop ek vir die beste ! Hulle het net mooi op die regte tyd die koue weer ontsnap.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 08/07/2024 - 20:32

Verlede week Maandag ry ons die middag terug na ons slaapplek naby die afdraai Hans Merensky toe van Ford af waar ons gaan kyk het hoe gaan dit met die Ranger . Toe sê Chris Jnr “Pappa, die hek”. Dit was maar swaar om die hek te sien en te weet ons gaan nie weer vanjaar daar in nie. Môre val daardie voorreg die Strydoms te beurt. Julle moet dit maar geniet. Hulle is besig om die nuwe toegangskompleks te bou Suid van die bestaande hek. Geldmors as jy my vra, hulle kan eerder bietjie onderhoud doen in die wildtuin. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 08/07/2024 - 21:59

t.o.v. veldvure nadat ek vertel het van hoe die wêreld rondom ons brand. Behalwe vir skade aan wyding en infrastruktuur moet daar so baie diertjies ook wees wat nie betyds kan wegkom nie...my hart is seer.

Ek haat veldvure - selfs die beheerde brande wat in die wildtuin toegepas word. Ja, ek weet dat dit 'n toegekampte gebied is wat dit noodsaaklik maak, maar tog... (jammer as ek dit kras uitgedruk het, maar kan dit nie sagkens stel nie).

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 09/07/2024 - 08:32

Ek verstaan dit is laat Julie tot in Oktober die tyd wanneer die Kruger Wildtuin die noodsaaklike beheerde brande toepas.  Dis miskien iets om ingedagte te hou waneer 'n mens 'n vakansie daar bespreek.

Ons het dit al by twee geleenthede ook raakgeloop, eenkeer in Augustus by Pretoriuskop en 'n volgende keer in September by Makhadzi-piekniekplek (noord van Letaba). In laasgenoemde geval het 'n veldwagter eers vir ons kom sê hulle gaan nou begin brand en ons moenie bekommerd wees nie.  Maar dit was tog 'n skrikwekkende gesig toe die brande begin is en die vlamme hoog uitstyg.  Die wind het darem saamgewerk en die vlamme en rook weg van die piekniekplek en die toeganspad gedryf.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 09/07/2024 - 08:38

Wessel het nie melding van brande by Magoebas kloof gemaak nie, ek aanvaar hy is betyds daar deur voor die brande begin het. Hy het wel genoem dat daar steil ente was en dat sy remme gehou het.

Self verkies ek weer, en het nog altyd Magoebas om gery, wil volgende keer die ander pad bietjie ry en vergelyk.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 09/07/2024 - 08:54

Die twee keer wat ons op die toer by die afdraai na George’s vallei pad verby is was hulle besig met padwerke op die pad. As hulle dit mooi kan regmaak sal ek dit weer ry. Dis aansienlik minder steil as Magoebaskloof. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 09/07/2024 - 08:59

...............die steiltes dan die Ford en Toyota manne dan so ?  Is dit nou die afdraendes, die opdraendes of albei ?

Ns. Ek het dan 54 jaar gelede met my Ford Angliatjie (let wel Ford) en Sprite GT daardie opdaendes en afdraendes kaf-gedraf.  

.

0
Pretoria - Oos

Andre Smit

Tue, 09/07/2024 - 09:57

Môre môre almal,

Moet net rapporteer die ergste hitte is vereers verby hier in Petoorsdorp.

Len ek kan nie daai opmerking so los nie.devil

Ek is bereid om feitlik enigiets te verwed dat jy nie vandag daardie pas met daai kombinasie sal aanvat nie.

Ek luister by die radio vir die antwoord.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 09/07/2024 - 11:56

Ek kan ongelukkig nie 'n weddenskap met jou aangaan nie, want foeitog daardie karretjie en karavaantjie lê seker lankal op die "scrapyard".

Wat die weer betref, ek kan ook rapporteer dat die hitte van 'n paar weke gelede hier in Slaapstad ook vervang is met hengse koue, wind en reën.

Mooi loop !

0
Worcester

Wildehont

Fri, 12/07/2024 - 18:43

Wessel het laat weet:

Naand Chris, nr 28 is lekker. Darem son van 8h00 tot so 16h30. Twee kaste roer my 200amp.hr batterye. Dis so 34C in middag. Het  al 2 keer luiperd gekry, BAIE olifante en buffels. Paaie is vreeslik sinkplaat, check maar af en toe die battery pole, wil nie n Len oorkom nie. Vandag S.wedsi toe tot by Red rocks.

Ek hoop nie hy gee om dat ek dit hier deel nie. Ek beny hom. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus