Stop nou die dag vir brandstof by garage .Vra die joggie vir R100 se petrol met n sug staan hy op en loop weg .Ek vra vir hom En waar gaan jy nou heen? .Se die ou "Meneer ek gaan haal net n teelepeltjie om meneer se brandstof uit te meet "
Ons kla al jare oor die prys…
Ons kla al jare oor die prys van petrol. Ek onthou nog toe petrol 24c 'n gallon was so om en by 5c 'n liter.
Toe die prys opgaan na 26c 'n gallon, het almal gereken die oordeel is hier, ekonome3 het groot werkloosheid voorspel, minder motors gaan verkoop, fabrike sal moet afskaal, handelaars gaan toemaak.
Julle moet bietjie hier kom kyk hoe stroom al die splinternuwe duur 4x4's met sulke lang slap karavane agter hier in.
Dit is nou 11.15 vm en die kamp is al klaar vol, nee wat ons sal maar bly kla oor die prys van petrol, maar ons sal ook maar bly ry en lekker leef!?
Oom Mike Eksteen het so in…
Oom Mike Eksteen het so in die laat 1975 een oggend geseg.... "JULLE SAL NOG N RAND N LITER BETAAL"..
Oom Mike was verkeerd... ons betaal nou al amper R 15 per liter..
In Moz was petrol 68 MT per liter so ongeveer R15
Ja boet
Arie soos jy se ry en kamp sal ons kamp al kos die petrol wat.Laat my dink wat die 1 ou gese het toe hulle hom vra oor die prys van vleis wat nou so duur is .Seg die ou wel dan koop ons net minder vleis en meer drank al kos n bottel KWV R500 en n pakkie sigaretette R100 is dit nog steeds n bargain ![]()
Petrol in 1974
Sjoe onthou ek so goed ek het n 50cc yamahoe motor fiets gehad en 0.50c het daai tenk vol gemaak .Vandag sit ek met n generator by die huis wat my R70 kos om die tenk vol te maak so om en by 5l tenk en pappa hy suip daai ding leeg binne 4 ure .
Ek dink
Ons moet net n gedagte hou dat die salarisse daai tyd ook maar skraps was .Ek dink die burgers daai tyd was 0.25c gewees onthou nog so goed my "journyman" stuur my op vir hom n burger te koop vra toe wat kos dit ek se Rob dis 0.25 c .Nee hel se hy los maar Ek sal vanaand by die huis eet
Soos Arie sê, ons sal altyd…
Soos Arie sê, ons sal altyd kla oor die prys van brandstof. Ek betaal nou R13.04 per L 50ppm, maar sal maar steeds ry volgende maand.
Dassie, toe ek begin werk het, het ek R53.00 per maand as appie gekry en my kar met R0.50 se petrol moes 'n maand hou. Ek onthou my broer het eendag gesê "as 'n pakkie 30 sigarette R1.00 kos, bly dit nog 'n bargain"
Ek hou uit die aard van my laaste werk, nog steeds die olie, rand ens dop, maar weet ek kan niks daaraan doen nie.
Al wat mens doen om nou brandstof in te gooi, is om die pyn uit te stel, maar dit laat ons darem beter voel.
Soos iemand eendag hier gesê het, hy gooi nie cheapstuff in sy kar nie.?
Hier iewers in 1983, dink ek…
Hier iewers in 1983, dink ek, het die petrol prys vir die eerste keer in dubbel syfers in gegaan, pompe moes verander word. Joggies moes mooi kop hou om te bereken hoeveel jy nou werklik in gegooi het.
Min salaris
Ditto Johann L as n appy het ek R13.85 c n week verdien .My bus geld was R5 n week .Soos die 1 ou se I was so broke i could'nt pay attention
In 1965 begin werk vir die…
In 1965 begin werk vir die helse pay van R20 per maand!
Wat sal ons
Wat sal ons maak ons moet die foggies ingooi ry moet daar gery word kamp moet daar gekamp word en so hou ons die staad se sake vol geld
As I get older....
It ain't the price of petrol / diesiel I'm worried about...
I'm gonna be using less and less of that...
Already got me wheelchair...
It's the blooming price of PILLS I'm worried about...
I'm gonna be using more and more of them...![]()
Ja, dit gaan maar swaar so…
Ja, dit gaan maar swaar so met die finansies. Moes juis weer vanoggend die motor drankwinkel toe stoot. Geen geld vir brandstof nie







Jy grap Dassie, een van die…
Jy grap Dassie, een van die dae..... hopelik dan kry ons ook 1km/teelepel