So breek die oomblik aan........................................en kon ons die toer begin in Durban.
Na harde werk om die huis netjies en ordentlik agter te laat is die sleutels Sondagoggend om 7uur aan die agent oorhandig. Daarna is die Classique gehak en ons die pad na Johannesburg aangedurf. Pad was redelik stil en na byna 57 jaar van werk jaag niks ons meer nie en het rustig gery. Kon dit sien aan die brandstof verbruik wat my nogal verbaas het want ons is swaar gelaai.
By ons dogter aangekom en ons seun het Vrydag geland van Papua New Guinea af vir sy vakansie. Gaan 'n paar dae saam kuier.

Jan...
....is alles reg sodat julle môre in die pad val??? Diefwering voltooi, Ranger gediens, vrieskas styfgeprop, en al sulke dinge.
Julle moet heerlik en veilig reis. Geniet dit gate uit en onthou van die droëbek vriende wat uitgehonger wag op fotos van julle reis.
Môre Wessel…
Môre Wessel..................................................ja alles gepak net koue goedjies en padkos sal môre vroeg gelaai word.
Sal môreaand in Upington oorslaap en vroeg Maandag in Twee Rvieren wees. Ai dit bly maar lekker al is ons permanent op "vakansie" om die opgewondenheid te beleef.
Gaan bietjie snaaks voel sonder die woonwa maar sien baie uit na die toertjie.
Lank gewag...
maar uiteindelik het julle beurt aangebreek!! Hoop julle gaan 'n fantastiese tyd hê. Ek gordel solank vas - hier kom 'n lekker verslag en foto's (ek glo) en veral met die verrassing wat jou seun in gedagte het kan dit net prettig raak![]()
Mooi ry. Ek bly ingeskakel.......
Baie dankie…
Baie dankie.....................................................vir die goeie wense ons is oppad.
Veilig in Upington…
Veilig in Upington...............................aangekom gister middag. Net baie vervelige pad van Drie Susters af om te ry.
Oorgeslaap in The Cape Lodge wat mooi klein kamers het maar goed versorg.
Nou oppag Kgalagadi toe. 
Jan ....
... ek glo dit is een groot lekkerte wat voorlê. Ek sien in my geestesoog die pad wat julle vandag tussen Upington en Twee Rivieren ry. Dit voel of ek sommer noudie dag daardie pad gery het - alhoewel, dit was noudie dag toe ons eers lekker ontbyt by Diamond T Coffee Shop in Askham geëet het. Geniet elke oomblik.
Na Twee rivieren
Jan, as jy dink gister se pad was vervelig, dan gaan jy vandag nog ene ry. Ten minste kan mens met veiligheid by afdakkies stop vir koffie en eetgoedjie.
Twee Rivieren…
Twee Rivieren............................................aangekom en baie brandstof gebruik. Die wind was baie erg van skuins voor en die brandstof verbruik was dieselfde as wanneer ek die woonwa sleep.
Dit is 30grade hier en besluit ek toe om vir Elmarie te bederf en opgradeer toe na 'n huisie. Die Kgalagadi is virskriklik droog en die paaie rof. Nietemin was ek nogal taamlik aangedaan net om hier te wees want met 75jaar oud weet ek nie of dit miskien die laaste keer is wat ons dit sal kan doen nie. So ons gaan die beste van dit maak. 
Droogte....
...dis verskriklik. Sommer net om te vergelyk toe ons daar was, heg ek foto aan.
Kaal veld...
en droë suipings is nooit lekker om te sien nie. Ons moet darem weet dat dit aan die einde van die winter is en glo dat die nuwe reënseisoen wat voorlê weer verandering (ten goede) sal bring.
Baie bly dat julle veilig gery het tot dusver. Sterkte met die hitte maar kuier ook lekker. Hou moed, Jan![]()





Klink asof Wessel ...
... aan die ATB behoort?