Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman, Len Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -1 hour ago
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -5 hours ago
Môre Rona November 2026 Geert -6 hours ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Wessel November 2026 Geert -6 hours ago
Hoedspruit November 2026 Geert -6 hours ago

Dwarswegstrand, Karoo & Montagu

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Dinge begin so stadig rigting kry vir ons kort 3 weke wegbreek wat môre oor 3 weke begin. Die inpaklys is voltooi, die spyskaart aanmekaargesit en die wa se binnekant ge-"springclean". My tuiningenieur is weer volgende Maandag hier en dan word die wa van sy bokkies afgehaal, uitgetrek om gewas te word en gou na SupaQuick geneem om die battery (wat al etlike jare aankom) te laat toets ten einde seker te maak daar is nog genoeg woema om die "movers" te laat werk en tydens die reis die tru-kamera van krag te voorsien.

Ons reisplan is as volg:

4 Okt: N2-langs tot by Dwarswegstrandoord vir 3 aande.

7 Okt: N12-langs (George, Oudtshoorn, De Rust en via die pragtige Meiringspoort) na Karoo Nas Park vir 14 aande.

21 Okt: Aanvanklik N1-langs tot anderkant Touwsrivier waar ons suid wegdraai na Montagu vir 3 aande.

24 Okt: Huiswaarts via Wessel se grootword-dorp, Bonnievale, (waar ek gedwing word om tweekeer om die kerk te ry) voordat ons weer by die N2 by Stormsvlei aansluit vir ons laaste skof huistoe.

Kinderlik opgewonde want dit is bykans 2 jaar sedert ons laas gekamp het.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 23/10/2024 - 11:29

Ek is bly dat julle weer gebyt is. Julle is bevoorreg in DA-land met lekker koel weer, en baie kampeer opsies.

Die oomblik toe Marie van Cape Dry hoor, het my Sederberge idee gesneuwel. Ek sal maar inval en Montagu bespreek. Ek sal dan my onverdeelde aandag aan die wyn afdeling skenk. 

As ek so na die foto's kyk, lyk dit redelik vol daar. Ek sal maar baie vroegtydig my bespreking moet maak. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 23/10/2024 - 17:52

... loop die 20 nagte ekskursie ten einde. Die pad huistoe wag môre-oggend. Dit moet glo tweekeer om die kerk in Bonnievale insluit, waarna ons die N2 vanaf Stormsvlei, tussen Swellendam en Riviersonderend sal betree. Iewers sal ons nog 'n laat-oggend brekkie inwerk (oftewel "brunch" - wat vir my beter as 'noenmaal' klink).

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 23/10/2024 - 17:56

...het sekerlik verby gevlieg. Dit is verstommend hoe vinnig gaan dit as mens kampeer/toer. 

Geniet die laaste skof huistoe, onthou ek kry die "gevoel" met 2de rondte om kerklaugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 24/10/2024 - 10:30

... jou grootworddorp se strate is tans 'n gemors. Geen manier hoe ek tweekeer om die kerk kon ry nie. Ons moes regs om ry en in die eerste systraat regs draai. Dog ek sê maar net sodat jy weet waarom jy nie daai lekker gevoel in jou agterkant gekry het toe ek deur Bonnievale ry nie. Ons doen tans 'n brekkie in Riviersonderend.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 24/10/2024 - 10:44

Jis, dis nou slegte nuus. Daai 1ste straat regs waarna jy verwys, is Van Zylstraat. Ek het grootgeword in nr 9.

Geniet die brekkie, nou raak julle pad kort.Gaan jy sommer met R326 oor Stanford-Hermanus om huistoe??

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 24/10/2024 - 14:16

... nee, ons het N2-langs gehou tot by Botrivier en daarvandaan af huistoe.

Nietemin - ons is tuis na 'n fantastiese 20 aande van kampering. Al's was lekker - selfs die baie warm dae wat ons tydens die eerste week in die Karoo ervaar het (en wat Jan-, Len- & Neef-hulle gemis het). Dwarswegstrand en Montagu was ook wenners.

Na die uit- en afpakkery voel dit egter of ek nou 'n vakansie nodig het.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 25/07/2025 - 16:13

Badkamers word opgegradeer

Ek is bly. Alhoewel die badkamers nog netjies was, was dit effe afgeleef.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 25/07/2025 - 17:09

... nuut-opgegradeerde ablusies op ons wanneer ons op 4 Nov ons intrek op No 11 neem vir 'n maand.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 25/07/2025 - 17:38

Jislaaik ou maat, julle sit nog by die eiland en dan moet ons hoor dat julle novembermaand in DWS gaan wees.

Jou huis is nie dalk in die mark nie???laugh

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 25/07/2025 - 18:15

Ek is nuuskierig wat hul alles gaan doen. Vir ons was geriewe ook heel aanvaarbaar, maar deesdae is luukse ablusie en goeie sekuriteit hoog op die lys

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 25/07/2025 - 18:20

....noem ook dat die vaste akkomodasie onder hande geneem is. tot nuwe linne en beddegoed binne!!!!

Ooreenkomstig sal die tariewe seker OP-verbeter word. winkEk is egter bereid om vir goeie diens en geriewe te betaal. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 25/07/2025 - 18:29

... ons is darem 2 maande by die huis voor ons op 14 Okt Karoo NP toe vertrek vir 3 weke en vandaar na DWS vir 'n maand. Maar voor dit wag daar nog 'n katarak-operasie en my ver kinders kom vir 'n maand kuier. 

Intussen probeer my seun my arm draai om saam met sy gesin Kersfees/Nuwejaar in Hentiesbaai te gaan vier, maar dit sal nie gebeur nie. Ons is skaars 6 weke by die huis na DWS en dan gaan ons weer daarnatoe vanaf mid-Jan tot mid-Feb.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus