So het 'n jaar waarna ek baie uitsien aangebreek vir vir een groot rede: die einde van ons kampdroogte is in sig!
Dan ook wens ek aan al my forumvriende net die beste vir die jaar wat voorlê met goeie gesondheid en vele heerlike kampe. Mag 2025 al julle stoutste verwagtinge oortref. Julle verdien dit![]()
Kan nie vir Pierre …
Kan nie vir Pierre onthou nie.
Toe ek begin het was ek gelukkig om by die Dusi koning Graham Pope Ellis en ook Eric Clarke te kon leer. Altwee het later hulle eie Kanoe besighede begin. Graham is tragies dood in 'n trekker ongeluk op sy plaas. Is juis een van sy kanoes wat ek nou het.
Hy het weke voor die Dusi ons op staptogte langs die Dusi geneem en ons al die "lyne" gewys wat ons moet neem en al die kortpaadjies of soos ons dit genoem het "sneaks" gewys waar jy tyd kon wen.
Later by Henk McGregor se groep geoefen. Al my Dusi canoes is deur Eric en sy seun Gary Clark gebou.
Is reg Herman het 20 Comrades gedoen en het daar ook permanente nommer. Interesant as jy jou Dusi permanente nommer kry word jy 'n Dusirat genoem.
Maskas Jan!
Ek het altyd gedink daar skuil meer as wat ons weet agter dié stil man
. Welgedaan! Geniet julle tydverdryf/stokperdjie. Dit lyk na 'n lekker manier van ontspanning (saam met die inspanning om regop te bly
)
Lekker reën …
Lekker reën word vir vannag en volgende week by ons voorspel.
Voel jammer vir die vakansie gangers wat nog hier is maar ons het die reën baie nodig. Die aarde verskroei.
Brits is nat
Ons het ook reeds baie reën gekry die maand. Tot gistermiddag het ek 127mm gemeet, en die voorspelling is dat dit gaan aanhou reën tot einde volgende week.
Dit is egter vreeslik bedompig, en boonop warm ook.
GM !
Goeie môre almal wat reeds wakker is en ook die ou spulletjie wat nog slaap en later by ons gaan aansluit.
Dis met 'n lied in my hart dat ek in my eie huis op my eie tyd, in my eie bed wakker word en nie 04:00 wakker gemaak word om bloed te trek en dan 'n uur later weer gewek te word met die woorde "jou koffie word koud" nie. (Ek hou van koffie, maar op my eie tyd nadat ek Die Burger by die voordeur opgetel het).
Daar kort egter nog iets om die prentjie te voltooi, maar ek vermoed julle weet seker wat dit is.
Hulle wil mos met vakansie gaan..............
Ek sien my bure oorkant die straat en die bure langsaan is ernstig aan die was van hulle grondseile en vuil karavane - en hulle wasgoeddrade hang vol van wasgoed ! (Was die mense dan nie wasgoed as hulle op vakansie is nie ? Hulle het seker genoeg klere om vir 'n maand saam te vat).
Dis natuurlik die lekker om net te kyk hoe swoeg ander met die terugkeer van vakansie.
Jare van Januarie Duzi,…
Jare van Januarie Duzi, Maart Argus fietstoer en Mei Comrades doen is nou verby.
Miskien nog 'n "BERGRIVIER"
. Speel sommer. Ouderdom speel ook 'n rol en soos jy sê, probeer om fiks te bly en geniet die ontspanning.
Daar kort egter nog iets om…
Daar kort egter nog iets om die prentjie te voltooi, maar ek vermoed julle weet seker wat dit is.
Niks lekkerder as jou eie bed en dan met vroutjie langs jou. Hopenlik verander die prentjie vannaand.
Jippeee!
Die "ou" Len is terug. Dit klink sommer positief en ek sien uit na sy saamgesels![]()
Ek moet nou ry - gaan twee hondjies oppas op 'n plaas vir die dag.
Gelukkig het die Dakar ook 'n rusdag, Die ouens het gisteraand vir my nie moeg gelyk nie, sommer gedaan.
Geniet wat julle doen vandag![]()
Hallo Almal
Len. Ons neem n ouerige 2 balie was masjien saam met ons maand staan by Onrus. Mamma se dit is terapeuties as sy was met die 2 balie. Maar sulke 2 balies vat plek.
As ons toer vat ek n 25 liter emmer en gooi die vuil wasgoed daar in met water en seep. Gedurende die ryerye beweeg die water en seep en wasgoed saam. En siedaar, mamma kan dit net uotspoel vannaand en op hang.
Geseende 2025.
Sekuriteit by Onrus
Goeie Hout, hoe was julle vakansie by Onrus? En wat was julle ervaring van die sekuriteit? Is daar enige voorvalle van diefstal gerapporteer?
Sekuriteit by Onrus
Hallo Wildehont. Alles wat mooi is vir 2025.
Ons het genadiglik geen verliese gely. Ek haat dit soos jy om gas bottels ens te sluit. Maar ons het gehoor van diefstal waar persone (en die bestuur vermoed dit is kinders van binne die kamp) wat mense se drank gesteel het.
Verder was daar geen insidente gewees.
Ons het heerlik gekamp. Weer was puik, en natuurlik die vuurtjie het elke aand ons kos warm gemaak. En natuurlik die nodige verversings is ook genuttig. Net jammer die tyd was so vinning verby.
Ons beplan n vinnige Feb kampie. Besluit nog waar. Ek hou van Klipkrans daar naby julle.
Dan die groot vertrek na Kruger in Mei.
Groete
Dis goed om te hoor
Ek is bly julle het geen verliese gely nie, en het die vakansie geniet. Dit gaan altyd te vinnig verby.
moet my kampprofiel....
herbedink. Ek lees so lekker aan Geert, Chris S, Trev et al se Desember kampeerdery, en kry sommer lus om ook so iets aan te vang.
Dis net jammer dis so vêr Suid/Oos Kaap se strande toe. Dalk moet ek volgende jaar buite seisoen hier afsleep na 'n oord met weinig populasie. Die periode van sonder kamp tussen middel September tot middel Maart is effe lank.
Vir een of ander rede trek Bosbokstrand my. Anders moet ek op die "grootmens" staanplekke, tussen hek en ablusie by DWS gaan staan. Ten minste is dit bekend aan ons. Bedoelende, ek weet wat om daar te verwag.
Na 'n oggend van ...
... van penne inkap en toue span om gazebo's en skadunet-afdakke op te slaan, het ek vir die lotjie wat saam met my was, gesê dat ek nou goeie oefening kry vir volgende Vrydag se opslaan by Dwarswegstrand. Môre lê daar eers 'n groot jukskeidag hier by ons klub in Kleinmond voor. Ons kry besoekende spanne van oral. Daar lê dus 'n lang dag van jukskei voor. Johan Badenhorst (Voetspore) kom hanteer die prysoorhandiging. So van hom gepraat - hy is werklik 'n voorslag met sy betrokkenheid met 'n verskeidenheid van aktiwiteite in ons dorpie.
Wessel ...
... Dwarswegstrand kos my R288 per nag.
Nee, Johan doen net die oorhandiging van die pryse.





Het in Std 8 my kanoe …
Het in Std 8 my kanoe "vlerkies" of is dit "roeispane"? gekry. Het daai jaar in Julie (middel winter) maand innie Vaalrivier saam met 'n skoolmaat onsself geleer om die onstabiele ding te bemeester. Na die 3de uitval in die vrek koue rivier genoeg motibvering gehad om eerder bo te bly! Dink een van ons kanoes (eintlik die skool s'n
) is steeds erens oppie rivier se bodem na ons dit "per ongeluk" gesink het...vergeet om die half opgeblaaste tjoep of klein polistireen agter in te druk vir so bietjie dryf krag
. Die dapperes kan gerus bietjie duik in Vanderbijl se Emfuleni park langs die Holiday Inn, die boot behoort seker steeds daar te wees...
Jan as jy die Duzi al 'n paar keer gedoen het het jy dalk ook kontak gehad met een van die destydse kanoe sterre, Pierre v/d Merwe, wat op sy tyd een van SA se bestes was, oud-Vanderbijlparker. Dink hy woon ook deesdae in Centurion en is steeds aktief in roei.