Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -13 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -21 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -21 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -23 hours ago

Januarie 2025

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

So het 'n jaar waarna ek baie uitsien aangebreek vir vir een groot rede: die einde van ons kampdroogte is in sig!

Dan ook wens ek aan al my forumvriende net die beste vir die jaar wat voorlê met goeie gesondheid en vele heerlike kampe. Mag 2025 al julle stoutste verwagtinge oortref. Julle verdien ditheart

Brits

Wessel Strydom

Fri, 10/01/2025 - 18:31

Dankie Chris, mens moet omtrent deur die oefening van bespreek gaan om by tariewe uit te kom.

R288/nag buite seisoen vir ons ou grootmense is eintlik 'n moerse bargain, in so 'n uitsoek oord.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 10/01/2025 - 20:31

R288/nag buite seisoen vir ons ou grootmense is eintlik 'n moerse bargain, in so 'n uitsoek oord.

Ons het R930/aand betaal. Seefront is nog duurder.  
 

Die pensioenarisse trek omtrent nou in. Die laaste werkendes ry seker Maandag. Lyk of die droogte gebreek is van Sondag af. Reën en wind in afwisseling word voorspel tot Donderdag se kant sover ek kan sien. Ek hoop julle kry Vrydag ‘n droeë dag om op te slaan. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 11/01/2025 - 10:29

Is julle klomp ouens so stil omdat julle in Khayelitsha in spanning sit en wag vir die president???laughlaugh

Ek wou gaan maar is te bekommerd ek gaan my geduld verloor as hy aankondig dat Nasionale Gesondheidsplan ook gewettig word.  

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 12/01/2025 - 15:14

Hoe het dit met jukskei-dag gegaan?? Darem iets gewen en Johan Voetspore se hand geskud??

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 12/01/2025 - 16:09

Ek en Ralie is maar beginners met dié spel. Tydens ons langverblyf by Eiland Spa in 2019, het ons vir die eerste keer op sosiale vlak daarmee kennis gemaak. Ons was slaggereed om weer in 2021 by Eiland Spa te gaan speel. Ons het spesiaal skeie daarvoor aangekoop. Maar a.g.v Covid het daar niks van gekom nie.

Ons woon hier tussen twee ernstige jukskei-spelende broers - die Gerber-broers weerskante van ons. Hulle oortuiging het my en Ralie laat besluit om sowat twee jaar gelede by die klub aan te sluit. Ek is sommer die diepkant ingegooi deurdat ek nou sekretaris van die klub is. Ons het 5 aktiewe klubs in die Overberg jukskei-distrik, naamlik Kleinmond, Bettiesbaai, Groenberg (Sandbaai), Gansbaai en Struisbaai -almal gewilde aftreedorpe.

Gister se toernooi was ons jaarlikse groot fonds-insamelings toernooi met besoekende spanne van oraloor in die Boland. Ons het deelgeneem in vier afdelings. Ek en Ralie het saam met twee ander klublede deelgeneem in die C-afdeling, waar ons tweede uit 6 spanne gekom het - en elkeen 'n bottel whisky losgeslaan het.

Jukskei

Jukskei

Die kortetjie op die foto (Amanda) is een van ons wonderlikste klublede. Sy's liggaamlik gestrem met o.a. slegs drie vingers aan elke hand. Maar sy's 'n inspirasie vir ieder en elk met haar aansteeklike gees - ook besoekers. Ek het dus twee bottels whisky vir myself, want Ralie drink nie dié Skotse drankie nie.

En nee, Johan Badenhorst kon dit toe ongelukkig nie maak nie. Hy't inderwaarheid reeds 'n ander afspraak gehad wat hy probeer kanselleer het, maar uiteindelik nie kon verander nie. Nietemin was dit 'n gesellige dag van samesyn, maar o wee, die son het ons amper in ons moer gebrand.

 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 13/01/2025 - 08:27

En so is ons vakansie ook verby en ons weer tuis. Ons was bevoorreg om vir ons ver kinders te kon gaan kuier in Dubai.

Ai watter erge kontras tussen SA en daar.

Ek kon die oulike wa verkry het in `n ruil transaksie... die ou boerbok en 8 kamele maar ek wou 9 kamele hê maar die ou wou nie bes gee nie.

.

 

.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 13/01/2025 - 08:56

.....ons het iets in gemeen, my seun en gesin is ook in Dubai. Hy is bemarkings- finansiële-bestuurder by Volkswagen/Audi MiddeOoste.

Welkom terug in die onbeskaafde omgewingsad 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 13/01/2025 - 16:07

.....ons het iets in gemeen, my seun en gesin is ook in Dubai. Hy is bemarkings- finansiële-bestuurder by Volkswagen/Audi MiddeOoste.

Hi Wessel.

 Skoonseun is `n akoestiese ingeneur vir Saint Cobain. Hy het ongekende toegang en kennis van al die nuwe konstruksie wat daar aangaan. Was saam hom na een of twee projekte waarmee hulle besig is en die skaal van werk is enorm.

In SA was hulle opgewonde om `n tender van 1000vk/m te kry in Dubai tender hulle nie eers vir enige iets onder 5000vk/m nie.

Sea Worls in Abu Dhabi se plafonne is deur hulle ontwerp en geinstalleer. Akoestiese pleister is deesdae ook die in ding wat gebruik word in groot ruimtes om die klank gehalte te verbeter.

 Skoonseun se private ryding is juis `n VW Terramont AWD. 

.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 13/01/2025 - 16:17

..............dit 'n karavaan !

Oom Len die ouens kamp meestal met self geboude waens. Reuse goed met 2  aircons. 

Die amerikaanse Airstreams is oral te vinde maar is meestal ingerig as wegneem ete winkels.

Kom naweke sien jy hordes mense wat die woestyn invaar om te kamp en te braai. 

.

..

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/01/2025 - 07:42

....hoe gaan dit met julle ??? ek verneem sommer hier, want ek is oortuig almal stel belang om te hoor hoe dit met Annatjie by die huis gaan.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 14/01/2025 - 10:07

Hallo Wessel !  Ons het baie om voor dankbaar te wees, dankie.  My nier-disfunksie is soortvan uitgesorteer en ek voel op die oomblik piekfyn.  Annatjie se beenwonde word tweekeer per week deur 'n wondsuster hier by die huis verpleeg.  Twee dele van die wond wek op die stadium kommer en haar been moet feitlik permanent horisontaal gehou word.  Op hierdie stadium kan sy net kort endjies met hulp loop.  Daar is darem 'n positiewe kans dat haar groottoon gered kan word terwyl pogings aangewend word om die dooie weefsel sonder 'n operasie te verwyder en die verspreiding daarvan te stop.

Ons bly positief dat ons wel hierdeur sal kom.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 14/01/2025 - 21:48

Ek het die foto van die Vaalrivier gesien wat Geert geplaas het. Mens is so dankbaar vir die baie water wat ons damme kan vul. Ons was gister Middelburg toe en dit was mooi om te sien hoe die Klein Olifantsrivier (alhoewel net 'n klein riviertjie) ook sy walle oorstroom - meermale is dit net 'n stroompie. Die mielielande is pragtig - sommige blokke reeds in saad.

Op pad terug het dit liggies gereën en Daan het redelik stadig gery. Nie ver van Alzu af nie, kon ons iets kleinerig in die pad sien. Dit het aanvanklik op 'n afstand vir my gelyk soos 'n plastiese sak wat oor die pad waai. Soos wat ons nader gekom het kon mens sien dat dit 'n dierjie is. Nog nader, en hier was 'n Kolgans met haar sewe piepklein kuikentjies besig om die N4 oor te steek. Ons het gestop met noodligte aan. Sy het die aankomende 2 bane en ons regterbaan reeds gekruis - toe nog net vir die laaste baan wat sy ook veilig oor is. Die pad was gelukkig baie stil. Dit wil dan voorkom asof sy aan die een kant bly (daar is 'n mielieland), bedags aan die anderkant gaan wei waar meer vleiland is en laatmiddag weer na haar slaapplek terugkeer. Ongelukkig/gelukkig sal ek nooit die einde weet nie, maar altyd wonder of hulle oorleef.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 15/01/2025 - 08:52

Mnr Boucher is baie stil. Seker druk besig om die ou lady vol te stop. Ek verwys natuurlik na sy karavaan, nie sy vrou nie. Ek sien sommer saam uit na hulle vertrek oormôre na Dwarswegstrand toe. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 15/01/2025 - 09:11

Die meeste moet vandag gepak word, maar ek sal maar die jukskeie by die huis los. Ek beplan, om nadat ons opgeslaan het, te gaan niksdoen - ek's 'n ekspert daarin. Nee, ek sien uit na lang stappe op daardie pragtige strand. Swem, daar tussen die bloublasies sal maar agterweë bly.

Die rede vir vandag se pakkery is 'n middel-van-die-dag afspraak môre by 'n oogspesialis in Hermanus. Ons sal maar die gepakte Hilux by die huis los en met mammie se karretjie ry.

Ek beplan om Vrydag tussen 08:00 en 09:00 hiervandaan te vertrek.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 15/01/2025 - 09:28

....behoort mos daai verskriklike lang afstand Hermanus toe, maklik baas te raak.laugh

Ons smag ook na 'n kort wegbreek na koeligheid toe. Ek bly somme maak en afstande uitwerk, maar die SuidKaap strande bly vêr. Ons moet nou eers ons Februarie blits-besoek aan Stanford agter die rug kry.   

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 15/01/2025 - 10:15

Ek beplan om Vrydag tussen 08:00 en 09:00 hiervandaan te vertrek.

Ek sien vanoggend daar is weer padversperrings en betogings op die N2 daar in jou seun se geweste. Helse ompaaie wat die mense nou moet ry.angry 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 15/01/2025 - 10:48

Wessel, kanselleer die vliegkaartjies en verander die blitsbesoek in ‘n toer. So al met die tuinroete langs…

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 15/01/2025 - 11:31

... hoef ek nie daardie deel van die N2 te ry nie. Maar ek lees wel vanoggend in Die Burger dat daar weer begin is met padwerke in die Albertinia-omgewing wat blykbaar nogal groot vertragings teweegbring.

Ons sal maar die normale ding (vir ons) doen wanneer ons ooswaarts met die N2 ry. Eerstens word 'n lekker groot beker koffie vir elk in die Hilux gesit (daardie bekers wat jou koffie lekker lank warm hou). Dan brunch by Ou Meul in Riviersonderend, Wimpy koffie in Heidelberg en dan deurdruk tot ons bestemming.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus