Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -14 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -22 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -22 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 day ago

Januarie 2025

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

So het 'n jaar waarna ek baie uitsien aangebreek vir vir een groot rede: die einde van ons kampdroogte is in sig!

Dan ook wens ek aan al my forumvriende net die beste vir die jaar wat voorlê met goeie gesondheid en vele heerlike kampe. Mag 2025 al julle stoutste verwagtinge oortref. Julle verdien ditheart

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 20/01/2025 - 08:05

... geloer na die "link" vir Vadersgawe. Ek stem - dit lyk netjies. Maar teen daardie prys??? Dis vir die ryk mense bedoel en ek val nie in daardie kategorie nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 20/01/2025 - 08:29

Klink of julle heerlik niksdoen by Dwarswegstrand. Dit moet vrek rustig wees daar buite skoolvakansie. Omdat ons self jong kinders het geniet ons Desember wanneer die kinders in die oord lekker saam speel en kattemaai. Toe ons verlede jaar Maart daar was, was dit baie stiller omdat daar ‘n meerderheid afgetredenes was. Aangesien die skole tans aan die gang is, is daar seker nie ‘n enkele kind in die oord nie. Geniet die vrede en stilte en die geraas van die see. Julle staan darem nie heel voor nie, so die Suid-Oos behoort julle darem nie te erg te pla nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 20/01/2025 - 08:49

Ek sien hulle is besig om No 33 oor te plavei. Het jy die plaveisel opgefoeter Wildehont?

Ek kan nou agterkom dit is nie net meer 'n briesie uit die suide nie - die windjie begin nou sterker druk.

Ja - hier is geen kinders in die park nie. Maar hierdie twee oumense geniet nogals kinders se teenwoordigheid in so 'n oord. Dit skep altyd nostalgiese herinneringe aan ons jonger dae toe ons ook nog met kinders gaan kamp het.

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 20/01/2025 - 08:51

Jy wat dalk hier lees - geniet joune ook.

Geniet julle niks doen. Onthou 'n stappie op die strand is ook niks doen. Julle kan dan ook julle seëninge tel. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/01/2025 - 09:47

...enkele dinge wat my pla;

1] ek gaan sukkel om boot en woonwa van Brits af daar te krylaugh

2] ek twyfel of ek 12 grootmense en 8 jongmense bymekaar gemaak sal krysurprise

3] vreemde manier  van tariewe aanbied.

Is 12 grootmense =  6 egpare? Dan moet sommige egpare nie kinders hê nie

Dis mos veel makliker om tarief per terras te kwoteer, afhangende hoeveel woonwaens en tente per terras[staanplek] toegelaat word.

Vir mense wat NIE van niksdoen hou nie, en kan betaal vir eksklusiwiteit, is dit 'n lieflike oord. 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 20/01/2025 - 10:23

Ek sien hulle is besig om No 33 oor te plavei. Het jy die plaveisel opgefoeter Wildehont?

Nie waarvan ek weet nie. Daar was twee stene op die hoek naaste aan die pad los, maar verder was die plaveisel mooi gelyk, met ‘n effense helling na die see se kant toe vir dreinering .  Dalk maak hulle die geplaveide gedeelte groter. Dit sal nogal gaaf wees. Dis nou wel lekker om te kyk hoe die fisante hulself begrawe in die sand, maar dit raak stowwerig - veral met die hoeveelheid fietsverkeer wat ons gehad het tussen die kinders en hulle maats. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 20/01/2025 - 12:50

Ek en Ralie praat gisteraand oor die mense wat so lekker lank kamp en oordink toe die idee om vir twee maande voor die Des/Jan skoolvakansie te gaan kamp en weer vir minstens die eerste twee (dalk drie) maande van die jaar na genoemde vakansie-periode.

Vanoggend het ek die gedagte verder geneem en reeds my eerste maandbespreking gemaak - hier by Dwarswegstrand van 15 Jan tot 14 Feb. Ek betaal nou R2 880 vir 10 aande. My tarief vir 30 aande gaan dan R4 200. M.a.w. R140 per nag. Dis mos 'n 'bargain'. Teen daardie tarief kan ek amper nie bekostig om by die huis te bly nie.

Dan oorweeg ek om vir 'n volgende 30 aande by Ebb & Flow te bespreek. Maar daardie besprekings maak eers op 1 Maart oop vir die Feb-gedeelte en 1 Apr vir die Maart-gedeelte.

Verder oorweeg ek 3 weke se verblyf in Karoo Nas Park vanaf 14 Okt vanjaar (dit is wanneer gryskopafslag in werking tree). Ek sal dit deur EZI Bookings bespreek om die afslagtarief te ontvang. En dan 'n verdere 30 aande dalk by ATKV Hartenbos - as laasgenoemde vir daardie tyd van die jaar maandtariewe het (ek wag vir 'n antwoord op my navraag). Andersins ook hier by Dwarswegstrand.

Vroeg Desember tot mid-Januarie is ons dan by die huis om die "silly season" (met sy hoë tariewe) te vermy.

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 20/01/2025 - 13:06

Ek en Ralie praat gisteraand oor die mense wat so lekker lank kamp en oordink toe die idee om vir twee maande voor die Des/Jan skoolvakansie te gaan kamp en weer vir minstens die eerste twee (dalk drie) maande van die jaar na genoemde vakansie-periode.

En daar het die kamp gogga nou weer behoorlik gebyt. Ek neem aan met daardie lankkamp sal die voltent ook dan opgeslaan word. Teen die tariewe is dit mos die moeite werd. Moet nie dat Chris S dit sien nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/01/2025 - 13:09

Het iemand enige nuus oor die 2 maters doer onder. Dis net te stil, en ndit maak my bekommerd. 

Ek het laas Saterdag voelers gestuur per telefoon, sonder enige reaksie tot hede. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/01/2025 - 13:15

...by die Strydoms om vir sulke laaaang kampe te gaan. Marie raak skoon skuins as sy te lank weg is van haar naaimasjien.

Ek is ook nog nie voldoende ingeoefen om vir so lank niks te doen nie. 

So graag ek die Oos Kaap wil besoek, by Bosbokstrand, wil dit voorkom of DWS gaan wen. Pryse is beter en Bosbokstrand is blykbaar net skoolvakansies vir kampering oop. 

Anders moet ek begin om detail na te gaan van plekke soos Yellowsands en Areena. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 20/01/2025 - 13:31

... nee, hierdie ou luigat slaan nie sommer voltent op nie. Ons kamp soms vir langer as 3 maande by Eiland Spa ook net met die stoeptent. Ek het 'n 100% skadunet-afskorting laat maak waarmee ek die helfte van die stoeptent se voorkant toemaak m.b.v. Velcro en 'n paar penne wat ek onder inslaan. Dit is voldoende vir ons.

Terloops - ek het so pas my bespreking vir Karoo Nas Park ontvang. 14 Okt tot 4 Nov.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 20/01/2025 - 14:48

Vanoggend het ek die gedagte verder geneem en reeds my eerste maandbespreking gemaak - hier by Dwarswegstrand van 15 Jan tot 14 Feb. Ek betaal nou R2 880 vir 10 aande. My tarief vir 30 aande gaan dan R4 200. M.a.w. R140 per nag. Dis mos 'n 'bargain'. Teen daardie tarief kan ek amper nie bekostig om by die huis te bly nie.

En die tarief sluit krag, water, riolering,  vullisverwydering en sekuriteit in. Ek kan heeltemal verstaan waarom afgetredenes vir so lank by oorde gaan staan. Ek het na ons besoek aan Dwarswegstrand in Maart 2024 genoem dat hulle egter kompetisie is vir ons werkendes wat aan skoolvakansies gebonde is in die Maart/April vakansie. Ons kon vir hierdie jaar Maart/April net op staanplek 17 plek kry al het ons amper ‘n jaar voor die tyd bespreek. Ek sal hierdie jaar maar bespreek wanneer die besprekings opmaak vir Maart 2026. 
 

Marie raak skoon skuins as sy te lank weg is van haar naaimasjien.

 

Vat die masjien saam. Een jaar toe ons by Jongensfontein was in Maart, was daar ‘n afgetrede tannie wat klere vir Barbie poppe verkoop het aan die kinders. Ons het toe nog gesê hoe slim sy is om met die oord se krag te sit en stik terwyl dit stil is en dan aan die kinders te verkoop wanneer dit langnaweek is. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 20/01/2025 - 15:25

Die dag wat ek op pensioen gaan, gaan ek my karavaan haak en ook gebruik maak van maand tariewe. Dolphin vra tans R5000 n maand. 

By Oasis in Uvongo maak hulle geleentheid om ook oor Desember te kan staan teen maand tarief, maar moet dan 3 maande neem en vooruit betaal. Hulle het R7000 betaal vir 3 maande.....dit werk uit op R76 n dag

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 20/01/2025 - 15:39

Chris is bly                                                   dat jou denke nie ook sit en niks doen nie. Het al begin bekommerd raak. smiley

Die lankstaan is lekker veral as jy niks by die huis het wat jou aandag nodig het nie. Ons het ook altyd soveel moontlike plekke gekamp maar net voordat ons afgetree het, het die idee van net een kamp beter geklink. 

Het dit in die Kruger begin en het die laaste twee jaar net in een kamp gekamp. Ons lang toer het ons lank in een plek gekamp soos Skukuza, Keurboom, Montegu en Ebb & Flow. Was lekker en het nooit vervelig geword nie. 

Sterkte met julle beplanning.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 20/01/2025 - 15:57

Hardekraaltjie                                            oord in Belville waar baie lankstaaners kamp het kennis gekry van die munisipaliteit dat hulle einde Januarie 2025 almal moet uit. 

Dit is blykbaar die oudste kamp in Suid Afrika en volgens video wat ek gesien het is dit baie netjies en nie 'n plakkerskamp nie. Netwerk 24 het met mense onderhoude gevoer en van hulle gebruik dit om nader aan hospitale te wees vir behandeling. 

Hulle sê hule trek nie omdat die kennisgewing deur een van die oord se werkers aan hulle uitgedeel is sonder enige rede. 

0
Sandbaai

maurits

Mon, 20/01/2025 - 17:32

Chris, aan beplanning en bespreking doen is daar niks met jou kop verkeerd nie, maar hoekom jy altyd na n warm plek toe neuk gedurende die warm tyd van die jaar weet ek nie! Ken jy Cradock gedurende Oktober? Jy gaan verlang na Kleinmond. Maurits

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/01/2025 - 17:43

Ek stem Maurits, ek kyk gereeld die temperature van KarooNP, Bergkwagga, en daar is geen manier dat ek in somer maande daar gaan kampeer nie.

Ek sal hoogstens 'n aand daar oorslaap oppad na koel plek toe, of terug huis toe. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 20/01/2025 - 18:32

... onlangs in Oktober vir 2 weke in Karoo Nas Park (by Beaufort-Wes, nie Cradock nie Maurits) - en Len, Jan en Neef het 'n paar dae saamgekamp. En het ons uitermate warm gekry? Nee.

Ek en Ralie het al vir 2 weke oor Kersfees/Nuwejaar daar gekamp. Toe't ons nog nie 'n lugreëlaar in die wa gehad nie - en ons het elke oomblik geniet. Met die afgelope Okt-kamp het ons wel die lugreëlaar in die wa gehad en nie 'n enkele dag was dit nodig om dit te gebruik nie. 

Nou's ons 21 aande daar bespreek - 14 Oktober tot 4 November. Nee wat, ek gaan met die volste vertroue dat ons dit gemaklik sal oorleef. My vrou is buitendien 'n Karoo "girl" wat somers sonder elektrisiteit op 'n Karooplaas oorleef het. Toe ek nou julle kommentaar vir haar lees, het sy net gesmaail.

En buitendien - daar's mos twee swembaddens. As dit dan moet, gaan paradeer ek maar daar met my boeppens in my Speedo.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus