So het 'n jaar waarna ek baie uitsien aangebreek vir vir een groot rede: die einde van ons kampdroogte is in sig!
Dan ook wens ek aan al my forumvriende net die beste vir die jaar wat voorlê met goeie gesondheid en vele heerlike kampe. Mag 2025 al julle stoutste verwagtinge oortref. Julle verdien dit![]()
KarooNP klimaat
Môre Herman, dankie vir jou en Chris B se bevestiging van klimaat in Karoo.
Ek het gister amper begin bedenkinge kry oor my eie bespreking, middel September daar. Ek soek mos altyd 'n koelteboom, of dit April, Mei of September daar is.
Netso het ek gedurende Mei ook die lekkerste koelte in Twee rivieren gekry, sjoe was ek bly. die dag temperature het bo 30C gedraai. Oggende op -2C begin. Praat van uiterstes.
Ai tog, dit klink so.................
.............lekker om so baie en so lank op so baie verskillende plekke te kan kamp en dan nog die wêreld vol te kan stap, veral lang ente op die strand. Geniet elke oomblik daarvan want die tyd gaan kom wat.........................
Wessel vra hierbo na ons welstand. Wessel, as ek dalk nie 'n belangstelling navraag van jou beantwoord het nie, vra ek nederig om verskoning. Ek wil nie nou 'n lekker kamp-geselsery bemors met krankhede nie, maar ek moet nou Wessel se navraag beantwoord. Vir die huidige is my nierprobleem met behulp van hospitalisasie-behandeling opogelos. Die skuldige partye is blykbaar my bloeddruk en diabeet medikasie wat nou vervang is met ander medikasie. Annatjie se bloedvloei-probleem in haar been is wel met die aar-omleiding opgelos, maar die beenwonde sukkel maar om te genees (tipies van 'n diabeet) en sy kan nog nie op haar eie loop nie. In 'n poging om haar groottoon van amputasie te red, moet haar been altyd horisontaal gehou word terwyl die wondsuster tweekeer per week die wonde verpleeg en 'n sekere prosedure met die dooie weefsel by haar toon volg.
Ons hou moed, maar dit lyk nie of enige kampe hierdie jaar gaan realiseer nie.
Vertel ons van Hartenbos
Oom Len, baie sterkte met julle gesondheids uitdagings. Dit kan niks lekker wees nie. As Oom tyd het, vertel ons bietjie van julle Hartenbos kamp. Dis gewoonlik lekker om terug te dink aan kampeervakansies en die goeie herinneringe te herleef. En dis vir my ook lekker om van ander se ervaringe te lees. ‘n Foto of twee is ook altyd welkom.
Len ...
... weereens wens ek Annatjie spoedige beterskap toe - en vertrou dat die groottoon kan herstel.
Wat die kampery aanbetref het ek en Ralie net besluit om die maksimum daaruit te haal terwyl ons nog kan (soos wat jy en Annatjie ook gedoen het terwyl die gesondheid jul nog toegelaat het.
'n Winderige dag.
Ons het in die vroegoggend-ure wakker geword my met 'n klompie groot reëndruppels wat neerplons - maar niks ernstigs nie. Tans waai hier 'n suidoostewind wat klaarblyklik na vanaand se kant toe sommer lekker sterk gaan word. Die ouens daar voor op die see-uitsigstaanplekke se tente en seile staan klaar bol in die wind. Ek sien daar't intussen 'n hele paar stormbande bygekom. Dit is seker lekker om op 'n mooi dag daar voor te kamp, maar ek is gelukkig genees daarvan om by see op 'n see-uitsigstaanplek te kamp.
Om sterker winde te trotseer ...
... het ek vir my stoeptent "pockets" tussen die middelpaal en die wa, sowel as tussen die middelpaal en twee hoekpale laat maak. Ek het ook twee verstelbare pale laat maak wat deur die "pockets" aan die voorkant tussen die middelpaal en die hoekpale gaan.


Dit gee stewigheid aan die stoeptent se voorkant. Ek het ook twee addisionele verstelbare pale wat weerskante van die middelpaal ingebring word. Dit word in posisie gehou met die volgende.

Regoor dié dit het ek lussies aan die stoeptent laat aanbring sodat ek dit stewig kan anker met 'n tou om dit af te trek.

Die toue word so regaf as moontlik grond toe gespan.

Dan lyk my plan teen die wind só.


En as dit lyk na neuk, het ek die nuutgekoopte stormnet en nog twee stormbande ook.
Hartenbos in Desember 2024
Met ChrisS se aanmoediging, dink ek nou terug aan ons onlangse kamp in Hartenbos middel-Desember. Dit was 'n soort van 'n kamp met familie van Pretoria (Annatjie se suster en haar man), Hartbeespoort (ons peetkind en haar gesin) Botswana (nog 'n peetkind en sy pasgetroude vrou) en een van my seuns en sy gesin met hulle Bushlapa Ratel. Ons het almal in Blok F gekamp, 'n hanetreetjie van mekaar. Dit was 'n heerlike weersiens van almal en ons het lekker gekuier en saam gebraai.
Hier is ons staanplek, feitlik altyd koelte gehad.


ChrisB se stoeptent versterkings
ChrisB, uitstekend en wel gedaan. Daardie slopies aan die dak waardeur horisonpale gestoot word en die reguit af span van toue is die absolute antwoord op 'n wind-bestande tent. Ek hou ook baie van die lussies aan die buitekant van die dak waarmee jy dit af op die stutpaal (wat aan die binnekant is, kan aftrek. Puik en wel gedaan !
Dalk het jy, maar miskien het jy net potjies nodig vir jou vertikale pale om te keer dat hulle nie skuif in erge wind nie.

Bierblikkie....
....werk net so goed in 'n noodgeval. Die blikkies wat groente inkom, wat die dekseltjie heeltemal af/oop trek, nog beter.
Kyk waar poot staan, sit blikkie daar, en slaan spyker deur blikkie se boom. Nou kom die paal/poot binne in die blikkie, en kan nie die pad vat nie.
Groot pret/rede
om gou paar bierblikkies leeg te maak
Paalpotjies
Ek het 'n ruk terug soortgelyke items by Tentco gekoop, maar dit nog nie gebruik nie. As die wind wel later vandag optel, soos voorspel, sal ek dit beslis gebruik.
Tans sit ons hier in die Spur by Mosselbaai Punt. Die see is rof en onbeskof a.g.v. die wind.
Daar draai die Hilux se wiele
Lyk my die niksdoen gewoonte is verbreek. As die weer onbeskof raak aan die kus is dit nie so lekker om met net ‘n afdak opgeslaan by mens se karavaan te sit nie. As dit met ons gebeur speel ons speletjies met die kinders en maak vuur in die wasmasjien drom met ‘n raam met bene wat ‘n kampvriend my vir my verjaardag gegee het. Hopelik waai die slegte weer gou oor.
Chris moes ry.....
....want die spinnekoppe se spindrade was besig om dit te anker aan die kragpaal.![]()
Ek hoop sy tent staan nog as hulle terugkom van die Spur af. Of, hy het volle vertroue in sy wind voorsorg.
Niksdoen
Ek het die ander dag al gewonder waar trek mens die streep. Toe ek lees van 'n 4km workout op die strand het dit geklink na harde werk. Om fiks te bly (vir jukskei) verg seker soveel oefening en net dáár dink ek is die reël al tot niet![]()
Skerpioene - al enige teëgekom, Chris?
Ek moes ...
... my Porta Potti se chemikalieë gaan aanvul en is vir daardie doel na Tuinroete Karavane. Ons vullishouertjie, wat aan die binnekant van die karavaan se deur vas was, het die gees gegee en moes ook vervang word. Dit is skrikwekkend wat kamptoebehore kos. 'n Botteltjie Thetford chemikalieë kos R630. Die vullushouertjie het R450 gekos.
Ralie is op 'n proefneming om gluten uit haar dieet te sny (op mediese advies). Weet jy hoe sukkel mens om glutenvrye brood in die hande te kry. Ons het gelukkig 'n bakkery in Kleinmond wat sulke brood bak - en selfs glutenvrye pizzabasisse maak. Ek kry toe op Google inligting oor 'n plek in Mosselbaai wat gluten-vrye produkte het - maar daar loop ons toe 'n bloutjie. Synde ons toe in die dorp was en Ralie oor 'n besoek aan Die Punt soos 'n klein klonkie oor 'n winkelstoep is, besluit ons toe om sommer by die Spur te gaan eet.
A.g.v. ons laat-middagete sal vanaand se beplande hoenderpotjie seker nie aan die beurt kom nie.
Hiervandaan sal die niksdoen seker weer ernstig begin gebeur.
Rog brood
Hello Chris. Probeer ook om Gluten minder te maak en kry by ons Spar, lekker rogbrood wat seker soos jy weet of baie min of gluten vry is.
Koringmeel het baie gluten, en dit is wat die taai in die deeg sit sodat dit lekker uitrys. Skoon rogbrood is maar dig. My gunsteling rogbrood is ń whole kernel rye bread genaamd Pumpernikel ?? So lekker donker, effe suur en puik met ń smeersel roomkaas en snytjie goeie ham. Parma ham as jy kan kry.
Nee Rona
Dit was net 'n 4km "stroll" - rustig sonder om moeg te word. Ek hoop die weer gee ons môre weer kans om hierdie keer in die rigting van Groot-Brak strandlangs te stap.
En oor jukskei wil ek glad nie praat nie. My neus is in sy peetjie gebrand na verlede Saterdag se voldag toernooi. Nou wil ek nie aan jukskei dink nie.
Baie dankie
Dankie Rona, ek waardeer dit!
Toe ons Desember en Januarie verby die Stilbaai afdraai gery het op die N2 het ek probeer foto’s neem van die padstal, want as ek reg onthou was dit eens julle s‘n. Die foto’s het egter nie mooi uitgekom nie.







Stem Chris
Oktober is nog vêr van warm af. Inteendeel gaan jy dalk nog paar koue nagte kry.
Jannewarie en Feberwarie kry ons bergwinde, dan is dit beter in die Kruger Park. Vra my, ek was al daar, en dit was leefbaar.