So het 'n jaar waarna ek baie uitsien aangebreek vir vir een groot rede: die einde van ons kampdroogte is in sig!
Dan ook wens ek aan al my forumvriende net die beste vir die jaar wat voorlê met goeie gesondheid en vele heerlike kampe. Mag 2025 al julle stoutste verwagtinge oortref. Julle verdien dit![]()
Chris S....
...ek is nou nie so wel ter vele tale nie, MAAR,
ek wens jou toe 'n lieflike verjaarsdag en en geseënde nuwe lewensjaar, voorspoedig saam met jou gesin.
.
Lekker verjaar ...
... Wildehont. Geniet jou verjaarsdag. Ek geniet dit ook namens jou hier by Dwarswegstrand met 'n droomdag nadat die suidoos ons gister behoorlik kasty het.
Terloops - ek het sommer vanoggend nog 'n maandbespreking hier gedoen (4 Nov - 4 Des). Ek het gedink om Hartenbos toe te gaan vir genoemde tydperk, maar hulle bied nie maandpakkette aan vir daardie tyd van die jaar nie.
Dus is ons nou bespreek vir 3 weke in Karoo, dan 'n maand hier by Dwarswegstrand, dan huistoe vir die "silly season" en weer terug hiernatoe vir 15 Jan tot 14 Feb.
Mooi jaar vir jou Wildehont…
Mooi jaar vir jou Wildehont.
Chris B. Jy magties maarjy het omtrent ń klomp planne!! Tot dusver vir 2025, 3 maande kamp en ń hengeltrip vir afwisseling . Skoon jaloers op julle.
Dankie almal
Ek waardeer die mooi wense. Ek sit al amper twee ure in ‘n bestuursvergadering en ek sê nie vir my kollegas dat ek verjaar nie so ek verjaar in die geheim.
en ek sê nie vir my kollegas…
en ek sê nie vir my kollegas dat ek verjaar
Wat is jou "baas" se nommer. Wil halfdag vir jou onderhandel.
. Geniet dit.
Dwarswegstrand nou een van…
Dwarswegstrand nou een van ChrisB se gunsteling see vakansie, "niks doen", bestemmings.
Dwarswegstrand is regtig nie so lekker nie
Terloops - ek het sommer vanoggend nog 'n maandbespreking hier gedoen (4 Nov - 4 Des). Ek het gedink om Hartenbos toe te gaan vir genoemde tydperk, maar hulle bied nie maandpakkette aan vir daardie tyd van die jaar nie.
Dus is ons nou bespreek vir 3 weke in Karoo, dan 'n maand hier by Dwarswegstrand, dan huistoe vir die "silly season" en weer terug hiernatoe vir 15 Jan tot 14 Feb.
Ons gesinne wat elke Desember daar staan het vir mekaar gesê ons gaan van nou af vir almal wat vra sê ons staan by Glentana. Dwarswegstrand raak nou heeltemal te gewild. Ons gaan vir almal vertel hoe goor dit daar is.
Ons gaan vir almal vertel…
Ons gaan vir almal vertel hoe goor dit daar is.
Lekker lag ek nou. Dit is die probleem as 'n plek baie gewild raak. Sukkel om later plek te kry. Gelukkig sal Hartenbos ook nog groot aantrekkingskrag wees met die vele ander aktiwiteite. Ek dink die kamper by DWS se behoeftes is anders.
Iets wat my dwars ...
... die krop steek is mense wat onnet in ablusies is. Hier is tans deur die bank afgetredenes. Mens sal dink dat volwasse mense 'n sin vir netheid sal hê. Maar dit is allermins die geval by verskeie van dié "grootmense" hier by Dwarswegstrand. My skoonpa het altyd gepraat van 'n 'grootman' of 'grootvrou' wanneer hy verwys het na 'n persoon se ouderdom.
Die reeds netjiese ablusies word knap instand gehou deur die skoonmakers. Maar o donkie - jy kry morsige grootmense. Ek kon nog nie kla oor toilette nie, maar storte se aantrekgedeeltes se vloere (ten spyte van die feit dat daar 'n mop is) word in heelwat gevalle waternat en vol vuil voetspore gelos. Jy kan dit nog van jonger kinders verwag, maar gryskoppe???
dit het iets met.....
.....die grootmanne se oge of pense te doene. Kan nie meer so lekker op die vloer sien nie.
Hopenlik korrel hulle beter, so met die klank van lopende water saam, ja![]()
Onnetheid
Soos wat Chris noem - veral in die kleedkamers - is iets wat ek ook nog nooit verstaan het nie. Mens kry dit selfs in "Dames" se kleedkamers - glo dit! Daar is vir my in elk geval 'n onderskeid tussen 'n dame en 'n vrou.....
Hoe redeneer sulke mense? Ek betaal om by hierdie oord/wildtuin te wees, en iemand moet agter my skoonmaak? Is hulle by hul eie huise ook so slordig?
As 'n mens net 'n greintjie selfrespek het gaan jy dit mos nie aan 'n mede kampeerder doen nie? Meer vrae, en ons sal seker nooit die antwoord daarop kry nie ai tog.
Eie stort
Ek verkies dit om die stort in die Kavango te gebruik. Ek hou nie van ‘n oord se ablusie waar die vloer waar mens moet staan en aantrek na jy gestort het amper nooit droog bly nie. Ek haat dit om met nat voete te staan en aantrek.
In die Kavango klim ek uit die stort in die karavaan in op ‘n lekker dik stortmatjie. My klere is byderhand en ek kan regop staan en aantrek. Dit spaar my ook die moeite om alles saam te piekel ablusie toe.
Ek moet sê dat die ablusie in die E-blok in Hartenbos van uitstaande gehalte is. Die aantrek gedeelte langs die stort is lekker groot en dit is baie modern. Dit gaan my egter nie oortuig om eerder by Hartenbos te gaan staan nie.
Praat van oumense wat ook…
Praat van oumense wat ook morsig is, jip ook al gesien hoe los vsn die ou manne ń wasbak, praat nie van ń nat aantrekhokkie nie. Miskien is dit meer agv vergeetagtigheid? Ek dink darem so.
Ons het die gewoonte om ń matjie saam te vat stort toe, en stort met plakkies aan. Die goggas wat op ander tone vassit is nie grappies nie, kan jou voetvelle laat vrot. Was al daar.
Mors
Paar jaar terug n ou man wat deel was van karavaan klub gesien wat moes toilet sit terwyl hy stort....hy loop toe kaal vinnig oor die gang van stort na toilet, maar was te laat....klomp droppings in die gang. Gedink omdat hy van n karavaan klub en kampeer etiket ken, hy sal opruim as hy klaar toilet gesit het. Nee....hy het gelos vir oord personeel om op te tel en skoon te maak.
Eintlik moes ek daai vark afgeneem het en gename en shame het dat hy nie weer ooit sy gesig op n kampeer terein sal wil wys nie
skimmelrige gesprek
Herman, ek gril nou so, ek gaan sommer summier bietjie alkohol inneem vir inwendige ontsmetting.
Dalk moet mens maar 'n spuitbottel met Dettol of Savlon saamneem ablusies toe. Sommer dadelik voete spuit en dan by woonwa die alkohol inwendig aanwend.
Stortmatjie
Ons neem elkeen ons lekker dikkerige stortmatjie saam, wat eers op die vloer oopgegooi word nadat daar binne die storthokkie afgedroog is. Dan word met droë voete op die matjie geklim - net soos ek by die huis doen. EN BY ABLUSIES MOP EK DIE AANTREKHOKKIE SE VLOER AS EK KLAAR IS!!! (as daar hopelik 'n mop is).
Ek is deur skoolkoshuis, "army", landbou-kollege se koshuis en menige jare van kampeer-ablusies gebruik - en nog nooit enige voetskimmel-probleme opgetel deur kaalvoet te stort nie. Dieselfde geld vir Ralie. Dalk is ons maar dikvellig (by die voete langs).
Storte
ooo nou raak julle n groot nee nee aan.
Dankie Wildehont. Ek het n stortjie agter die Fleetline staangemaak en stort lekker laat aande daar. Mamma se sy slaap nie met n rokerige VARK. En ek mis die kinders wat koue water oor stort gooi in die aande. Soggens sal ek gaan stort met PLAKKIES. Kinders in ONRUS mors die atorte op. Wonder wat die skoonmakers dink van ons dan.
In Onrus gaan stort ek vroeg die oggend van 01.01.2025. Die boer (daar is baie boere van Malmesbury) en hy herken my. Toe hy klaar ge pppppie het. Toe wil hy kom handgee. Ek maak of ek my seep laat val. Want hy het nie sy hande gewas.
Lekker verjaar
Wildehont. lekker verjaar ou maat lekker verjaar.
jou geskenkie is seker klein na die vakansie ens. Grap net.
My skoonseun verjaar 26/12. So ek probeer darem n geskenkie vir hom gee.....Na kersdag.





Tolange padstal....
of wat eens 'n mooi en lekker stalletjie was. Dit lyk nou baie anders, maar dis die einste plekkie waar ek lekker en goeie dae beleef het.
In elk geval Wildehont, overgezetzijnde: baie geluk en sonskyn (mooi dag) op 'n lekker verjaardag. Hoop die jaar wat voorlê bring net voorspoed in alles wat jy aanpak.