Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Braai rots of net.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 minutes ago
Lava Stone.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Die BOm program Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Graniet Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Lava stone vir kosmaak Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 hours ago

Mei 2025 saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

So het Mei maand aangebreek. die maand waarna 'n klomp uitgesien het. Hoekom???? Ons is oppad na Krugerwildtuin toe!!!! Ander sleep weer KarooNP toe.

Kuier en klets gerus saam asb.

 

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 28/05/2025 - 19:38

Ek dink aan julle en vertrou dat Annatjie spoedig weer beter sal wees. Baie sterkte.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 29/05/2025 - 06:35

...sterkte met die terugslag. Ek glo daar sal 'n oplossing gevind word.  

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 30/05/2025 - 12:15

....is amper klaar. Grompie is gespuit, gewas en gepoleer en gestofsuig.. Kavango is vanoggend gewas, en sal binne skoongemaak word voordat ons begin pak vir toer Namakwaland om, tot in KarooNP . 

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 30/05/2025 - 12:30

Ons maak ook reg om Sondag op te vlieg na Gauteng (waar niks werk nie) alhoewel ek moet gaan werk.

My dogter hulle sukkel al vir weke dat daar water is en dan weer nie water. Hulle het ook nou addisionele sonpanele bygevoeg by die bestaande stelsel en water tenks laat installeer.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 30/05/2025 - 12:40

...ten minste gaan julle lekker by dogter kuier. Welkom in Gauteng waar geleef word soos Afrikane, volgens president. Gewoond aan geen water, geen elektrisiteit en slaggate.

0
Pretoria

Geert

Fri, 30/05/2025 - 14:05

Ek is tans by Outdoor X skou.....hier is BAAAAAIE om te sien....vir my een van die lekkerste skoue nog

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 30/05/2025 - 18:30

Sit ek nou en wonder oor hierdie een - die groot verandering wat jy aan jou karavaan laat doen. As ek reg onthou het jy gesê dat dit by die maandeinde gereed sal wees. Is dit klaar en is julle gelukkig met die uitkoms? Tyd raak knap na 8 Junie......die wildtuin wag. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 30/05/2025 - 18:38

R1.25 miljoen - wat sien mens? Ek is bietjie (baie) dom as dit kom by karavane. Vertel tog net vir interessantheid (al wil ek nooit weer 'n karavaan hê nie)smiley

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 30/05/2025 - 19:37

Sal mens lekkerder kamp met so 'n duur wa, as met 'n goedkoper wa[ R600 000] of sommer met dit wat mens het.

Op my ouderdom is MR1.25 op belegging 'n baie lekkerder kamplaugh

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 30/05/2025 - 19:38

...wat is nuus van Daan en sy operasie?? Het dit al plaasgevind, en suksesvol afgeloop??

0
Worcester

Wildehont

Fri, 30/05/2025 - 19:44

Dit ry darem seker self na die oord toe, maak self staan en is klaar opgeslaan met drinkgoed gegooi, kampvuur wat brand en stoele warm vir die boude wanneer jy daar aankom.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 30/05/2025 - 21:58

Ek wou vra of dit 'n 4x4 wa is. Wildehont het my gelukkig uit die onkunde verlos. Bargain sou ek dinklaughlaugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 30/05/2025 - 22:23

Dankie vir die belangstelling. Die operasie is geskeduleer vir komende Maandag. Dit gaan net 'n dagprosedure wees. Inklok by die hospitaal om 6h00 (bitter vroeg) en indien alles vlot verloop het die ou hopelik een pyn minder teen die einde van die dagsmiley - ek moet net nie te veel piep en pamper niedevil

0
Lyttelton

Trev

Sat, 31/05/2025 - 06:01

Ons sou dit vanmiddag (Saterdag) afhaal, maar ek het vir Garth gesê hy moet maar die ekstra dag vat om seker te maak alles is en werk 100% reg. Hy sal of more (Sondag) of Maandag die karavaan vir ons bring - kan nie wag nie.

En dan begin die pakkery - die 11 dae in Kruger gaan ons langste kamp nog wees - so ek weet nie of ek my 7 voet dubbelas treiler ook moet haak niedevil  - hopelik gaan dit nie nodig wees nie.

Ons vertrek volgende Sondag (8 Junie) en slaap ons 1ste aand by Malelane Satelliet kamp, van daar af na Skukuza vir 4 dae, dan Letaba 3 dae en Shingwedzi ook 3 dae. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 31/05/2025 - 06:58

...11 dae is kort. As ons vir 21 dae met 'n klein Kavango kan gaan, en omtrent alles saamry, behoort julle maklik sonder moeite reg te kom.

Ons het slegs nodig gehad om 1x brood en 1x pakkie tamaties, plus paar 5l bottels water te daar te koop. Goed is duur in wildtuin winkels. R31 vir 5l water.

Begin 'n gesprek om julle toer te dek. Ek sal graag wil hoor hoe julle veral Skukuza en Letaba gevind het.

Wat is jou beplanning, vanaf Shingwedzi, by watter hek uit huistoe??    

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 31/05/2025 - 07:45

.....die belangrikste raad is, moenie dat Daan weer swaar goed optel nie.!! Spring eerder vanself op sy rug, of in sy arms indevil

0
Lyttelton

Trev

Sat, 31/05/2025 - 08:36

die verwysing na die sleepwa was tong in die kies- ons sal meer as genoeg plek in die karavaan he, veral met die nuwe kombuis. 

Ek oorweeg om dieselfde roete te volg wat jy gedoen het - by Phalaborwa hek uit en of oorslaap Phalaborwa Safaripark of om deur te ry tot in Polokane waar ons heel moontlik by vroulief se "hotel" sal oorslaap - die 2de opsie behoort my dan brownie points vir die volgende jaar of so te geelaugh

 

0
Kaap

Goeie Hout

Sat, 31/05/2025 - 09:07

Nou lag ek lekker.  So n duur karavaan moet rooiwyn van n goeie jaar ook kan skink.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus