So het Mei maand aangebreek. die maand waarna 'n klomp uitgesien het. Hoekom???? Ons is oppad na Krugerwildtuin toe!!!! Ander sleep weer KarooNP toe.
Kuier en klets gerus saam asb.
groot skoonmaak...
....is amper klaar. Grompie is gespuit, gewas en gepoleer en gestofsuig.. Kavango is vanoggend gewas, en sal binne skoongemaak word voordat ons begin pak vir toer Namakwaland om, tot in KarooNP .
Ons maak ook reg om Sondag…
Ons maak ook reg om Sondag op te vlieg na Gauteng (waar niks werk nie) alhoewel ek moet gaan werk.
My dogter hulle sukkel al vir weke dat daar water is en dan weer nie water. Hulle het ook nou addisionele sonpanele bygevoeg by die bestaande stelsel en water tenks laat installeer.
Hennie....
...ten minste gaan julle lekker by dogter kuier. Welkom in Gauteng waar geleef word soos Afrikane, volgens president. Gewoond aan geen water, geen elektrisiteit en slaggate.
Trev
Sit ek nou en wonder oor hierdie een - die groot verandering wat jy aan jou karavaan laat doen. As ek reg onthou het jy gesê dat dit by die maandeinde gereed sal wees. Is dit klaar en is julle gelukkig met die uitkoms? Tyd raak knap na 8 Junie......die wildtuin wag.
Ek wonder....
Sal mens lekkerder kamp met so 'n duur wa, as met 'n goedkoper wa[ R600 000] of sommer met dit wat mens het.
Op my ouderdom is MR1.25 op belegging 'n baie lekkerder kamp![]()
R1,25 miljoen wa
Dit ry darem seker self na die oord toe, maak self staan en is klaar opgeslaan met drinkgoed gegooi, kampvuur wat brand en stoele warm vir die boude wanneer jy daar aankom.
Wessel
Dankie vir die belangstelling. Die operasie is geskeduleer vir komende Maandag. Dit gaan net 'n dagprosedure wees. Inklok by die hospitaal om 6h00 (bitter vroeg) en indien alles vlot verloop het die ou hopelik een pyn minder teen die einde van die dag
- ek moet net nie te veel piep en pamper nie![]()
Rhona
Ons sou dit vanmiddag (Saterdag) afhaal, maar ek het vir Garth gesê hy moet maar die ekstra dag vat om seker te maak alles is en werk 100% reg. Hy sal of more (Sondag) of Maandag die karavaan vir ons bring - kan nie wag nie.
En dan begin die pakkery - die 11 dae in Kruger gaan ons langste kamp nog wees - so ek weet nie of ek my 7 voet dubbelas treiler ook moet haak nie
- hopelik gaan dit nie nodig wees nie.
Ons vertrek volgende Sondag (8 Junie) en slaap ons 1ste aand by Malelane Satelliet kamp, van daar af na Skukuza vir 4 dae, dan Letaba 3 dae en Shingwedzi ook 3 dae.
Trev...
...11 dae is kort. As ons vir 21 dae met 'n klein Kavango kan gaan, en omtrent alles saamry, behoort julle maklik sonder moeite reg te kom.
Ons het slegs nodig gehad om 1x brood en 1x pakkie tamaties, plus paar 5l bottels water te daar te koop. Goed is duur in wildtuin winkels. R31 vir 5l water.
Begin 'n gesprek om julle toer te dek. Ek sal graag wil hoor hoe julle veral Skukuza en Letaba gevind het.
Wat is jou beplanning, vanaf Shingwedzi, by watter hek uit huistoe??
Wessele
die verwysing na die sleepwa was tong in die kies- ons sal meer as genoeg plek in die karavaan he, veral met die nuwe kombuis.
Ek oorweeg om dieselfde roete te volg wat jy gedoen het - by Phalaborwa hek uit en of oorslaap Phalaborwa Safaripark of om deur te ry tot in Polokane waar ons heel moontlik by vroulief se "hotel" sal oorslaap - die 2de opsie behoort my dan brownie points vir die volgende jaar of so te gee![]()
Skakel na my gesprek: https…
Skakel na my gesprek: https://www.kampforum.co…;





Len
Ek dink aan julle en vertrou dat Annatjie spoedig weer beter sal wees. Baie sterkte.