Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -6 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -7 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -8 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -8 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -8 hours ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -8 hours ago

Mei 2025 saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

So het Mei maand aangebreek. die maand waarna 'n klomp uitgesien het. Hoekom???? Ons is oppad na Krugerwildtuin toe!!!! Ander sleep weer KarooNP toe.

Kuier en klets gerus saam asb.

 

Pretoria

Geert

Fri, 09/05/2025 - 09:19

Rona - Satara

Daar is nog opening by Satara vir die naweek as jul soontoe wou gaan

Berg en Dal het ook nou opening gekry vir hierdie naweek. Ek het nou nie Rona se nommer om haar te laat weet nie

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 09/05/2025 - 20:26

Ek voel sommer lus om te tjank. Lees nou eers (dat ons terug is by die huis) hierdie stukkie inligting wat jy geplaas het. Wat dit erger maak: ons ry toe maar weer vanoggend dieselfde pad Skukuza toe, om by Phabeni uit te gaan want die een grondpad wat ons in gedagte gehad het (ken nie die padnommer nie) is heel gesluit. Daan was lus vir droëwors, en maak nog eers weer 'n draai in die winkel. Terug by die bussie sal hy toe sommer so uit die bloute vra of ons nie Satara toe moet ry nie, net miskien is daar 'n staanplekkie vir die nag. Kan jy glo dat dit hierdie keer ek was wat kleinkoppie getrek het - sê nou daar is nie plek nie..... waar slaap mens buite Orpen hek? Maroela is ook vol. Ag toggie!!! Ek waardeer dit baie dat jy aan ons gedink het.

Mens weet nooit hoe dinge vorentoe loop nie - iewers, waarskynlik in volgende week, moet Daan weer na die dokter in Nelspruit toe gaan.....

  • Hoop jou e-pos adres is op jou profiel....gaan my nommer vir jou stuur.

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 10/05/2025 - 11:58

Ons was nou vir net enkele daggies in die wildtuin en het besluit om ook ons roete af te wissel -  Hazyview, Sabie, Long Tom pas, Lydenburg, huis. Wat 'n pragtige pad met die mooiste plantegroei, landerye (hoofsaaklik neute), en dan ook die Bloekom-surprise en Denneplantasies.

Toe ek die huis oopsluit het dit net nie reg gevoel nie. Dit ruik selfs verkeerd. Die plek is nuut, dis ons eie goed, dis skoon, dis vir my mooi, gerieflik, maar dit is nie waar ek wil wees nie! Die woord onvergenoegdheid het by my opgekom, maar nee, dis nie dit nie. Ek waardeer al die voorregte, maar dat ek eerder 'n ander tipe lewe verkies is nóú 'n feit. Toe ek my bussie beplan het al, was lang toere die gedagte. Om nou permanent te toer - maksimum 'n maand op 'n plek, sal die ideaal wees (behalwe vir die bos waar langer beter sal wees).

Daar is egter nog 'n paar hekkies om oor te kom (operasies o.a.) en ek moet vir Daan oortuig - hy wil 'n aftrapplek hê..... Vir my is dit sinneloos. Verhuur eerder albei huise en geniet die tyd wat ons nog oor het. Sal maar sien na watter kant die skaal uiteindelik gaan "tip".

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 10/05/2025 - 12:50

Wat was Rona-hulle se baie bedreigde spesie eerste dier wat hulle gesien het? Of het ek mis gelees.

Sy't gisteraand vir my o.a. die volgende foto gesien van 'n kollekat wat hulle gesien het.

Rona

Ek is só spyt dat ons vir haar en Daan gemis het.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 10/05/2025 - 20:00

Ons eerste dier was 'n witrenoster met sy breë bolip (onthoring). As ek so lees van die ander forumlede se besigtigings dan klink dit asof mens hulle darem nog gereeld raakloop alhoewel die nuus i.v.m. stroping baie ontstellend is.

Die luiperdfoto was amper 'n nagedagtenis. Daan het hom so verstom aan die pragdier, skaars drie meter van ons af dat hy nie betyds gereageer het toe die outjie ons vol in die gesig kyk nie. Hierdie was net voordat hy in die sloot verdwyn het.

Sê jy vir my "gelukkige mense". Nou wonder ek wat om julle te noem ná die drie jagluiperds vanoggend. Seker "baie gelukkige mense".

Ek is ook teleurgesteld dat 'n kuiertjie nie moontlik was nie, maar ek dink ons sou die aand laat in ons onderskeie kampe aangekom hetlaugh. Alles is nie verlore nie - julle is nog lank hier rond, en ons het wiele.....alles hang af van komende doktersbesoeke. Net miskien kom  die ontmoeting op 'n meer geleë tyd.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 10/05/2025 - 20:35

... ek weet nie wanneer Daan se volgende dokters-afspraak is nie. Maar ek slaap eerskomende Dinsdag- en Woensdagaande (ten minste) in Nelspruit. Ek vertrou maar ek hoef nie langer te bly nie. Sou darem só bakgat wees om julle te ontmoet.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 10/05/2025 - 21:57

Daar is nog nie 'n afspraak by die dokter nie, Ons wag vir sy oproep Maandag. Intussen neem ek kennis van julle aande in Nelspruit. 'n Kuier kan net lekker wees. Laat weet jou sodra ons uitsluitsel het en dan kan ons iets daar rondom beplan.

  • Ons is dan nie in die wildtuin nie en kan mos maar die dorp se strate rooi verfwinksurprise
0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 11/05/2025 - 12:09

... die rooi-verwery sal dan voor Dinsdagaand 21:00 moet gebeur. Dit is die laatste wat ek iets mag eet of drink voor Woensdag se prosedure. Dit is natuurlik nou as julle verneem het van Daan se operasie en as dit saamval met my opname. Ons sal minstens nog Woensdagaand ook in Nelspruit oornag, maar ek word belet om alkohol binne 24 uur na die prosedure te gebruik. En hoe verf 'n mens nou strate rooi as jy nie die regte "verf" mag gebruik nie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 13/05/2025 - 15:32

Hallo, en welkom hier op die forum.

Gonubie. Naby Oos Londen as ek dit reg het?

Jou beplande vakansie in die wildtuin maak my skoon jaloers, en jy sal meer moet vertel. Bly jy in vaste akkommodasie, of kampeer jy? Nuuskierig, so jy sal asb. meer met ons moet deel.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 13/05/2025 - 16:29

Hierdie is nou ons eie domgeit. Vir meer as 'n jaar al bly ons op hierdie erf. Die hele dorp is direkte Eskom kliënte. Ons kry nie 'n rekening nie - het 'n voorafbetaalde meter. Van die begin af koop ek en Daan maar so om die beurt krag wanneer een in die dorp is en dink ons krag moet aangevul word sonder om ag te slaan op die strokie. Vir die huurder wat vanaf 1 Mei in die ander huis ingetrek het is 'n aparte meter geïnstalleer wat dan deur 'n ander firma hanteer word - ons moet net sorg vir genoeg eenhede op die hoofmeter. Toe Daan 'n elektrisiën vra om die meter te kom koppel en dan 'n sertifikaat uit te reik, het ons tarief ter sprake gekom. Hou nou vas jou jas: hy betaal in die omgewing van R3/eenheid terwyl ons tarief R9.52/eenheid is! Daar is nie 'n manier wat ons die huurder soveel kan laat betaal nie, so is hulle kragverbruik nog vir ons rekening. Sedert 2 Mei spook ek al met Eskom en die einde lyk nog nie in sig nie..... Vandag antwoord op 'n e-pos gekry "if no response within 10 working days from today....."

Dit is goedkoper om in die wildtuin te kampeer......

 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 13/05/2025 - 19:38

hy betaal in die omgewing van R3/eenheid terwyl ons tarief R9.52/eenheid is!

Eskom vat julle vir ‘n vet ride en dis nie rolprente toe nie. Sterkte met die uitsorteer daarvan.  

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 14/05/2025 - 08:06

Dom vraag. Het jy R100 se krag gaan koop en so die eenheidsprys vasgestel. Wat wys die strokie. As jou meter ń verminderde getal as strokie wys, is dit ń  foutiewe meter. 

Ek het gehoor dat Escom die boere dril, maar daar is lang  " privaat" lyne en transformators by .

Vind uit wat die tarief is wat jou bure betaal, en begin van daar met spesifieke verwysings vir jou vertoë.

 

0
Irene

Grootwind

Wed, 14/05/2025 - 09:09

Hou in gedagte dat elektrisiteit in "blokke" verkoop word, maw die eerste blok (dink dis iets soos tot 450kWh vir die goedkoopste tarief vir die eerste blok, daarna tot 600kWh vir die volgende verhoogde tarief, ensovoorts). Die "bloktelling is veronderstel om te "reset" aan die begin van elke maand, As ek Eskom se nuutste tariewe reg verstaan (sien skakel hieronder) het hulle weggedoen met hierdie model, as ek tyd het sal ek probeer om my kop rondom dit te kry. Hou ook in gedagte dat Eskom tariewe reeds op 1 April met sowat 12.74% gestyg het (stadsrade se tarief styg egter eers op 1 Julie vir die wie se toevoer vanaf 'n mislikepaliteit is....maar R9.52/kWh klink nie reg nie, tensy Rona hulle dalk een of ander buitengewone opset het, bv. 3-fase, groot krag verbruiker? Stel voor julle vra ook vir 'n oudit/toets van julle meter.

https://www.eskom.co.za/…

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 14/05/2025 - 11:38

Daan het gister presies vir R100 krag aangekoop (by 'n winkel) met die doel om te sien of ons tarief moontlik al aangepas is sedert ons op 2 Mei die foutiewe tarief aangemeld het sonder dat ons kennis gekry het. Vanoggend het ek dieselfde gedoen deur my bank app te gebruik. In albei gevalle het ons 10.5 eenhede gekry. Dit beteken dat ons R9.52 per eenheid betaal.

Ons het 'n kragpunt laat installeer nog voordat hier fondasies gegrawe is. Dit het dan niks te make met die hoeveelheid elektrisiteit wat ons verbruik nie en eerder dat ons op 'n verkeerde tarief geplaas is vir 'n woonerf. Tevore het ons op 'n plaas gebly en 'n rekening van Eskom gekry. Daar het ons betaal vir die paal, transformator (?), lyn ens. plus verbruik. Dit was duur en ons verbruik het ongeveer 'n kwart van die totale bedrag uitgemaak (ons besigheid ingesluit). Ek vermoed dit is die skaal waarop ons nou is. Geen idee hoeveel ons per maand vir krag betaal nie - ons het maar net aangekoop soos wat ons onthou het daarvan en daar is nog baie eenhede op die meter. Feit is net dat ons te veel betaal per eenheid en probeer om dit reggestel te kry - pyn en lyding.... 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 14/05/2025 - 20:30

Ek vra vooraf om verskoning as iemand gaan aanstoot neem. Indien jy 'n sensitiewe persoon is, blaai weg asb.

Om 17:34 vanaand kom daar 'n boodskap op ons GPF, met geen inligting vooraf nie:

"The compooks pregnant and is suffering, please dear God can the police hurry up to put the poor animal out of its misery"

Ons het kopgekrap oor dié storie.Ek het ook my sleutelbord bekyk om te sien of dit moontlik iewers 'n letter na links of regs moes wees maar kon nie die woord ontsyfer nie. 'n Uur later het iemand anders gevra : "Sorry, what is a compook". Die antwoord van 'n ander: "It's meant to be "the cow looks". Skielik lyk dit toe nie meer so vreemd nie maar ons het die woord nogal snaaks gevind. Die dame moes in groot skok gewees het - die volgende boodskap was van 'n ongeluk op die Lydenburgpad. 'n Bakkie het 'n rondloper (ongemerkte) bees getref en die koei moes maar verlos word. Baie tragies.

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 14/05/2025 - 21:22

'n Dag van vele dinge, maar ek het nou bietjie gaan oplees oor hierdie nasie waarvan Wildehont melding gemaak het op Chris se vakansiedraad. In Pilanesberg Laerskool het ons iets omtrent hulle geleer, kan net nie meer onthou wat dit was nie - waarskynlik in Aardrykskunde. Daar is nogal heelwat feite beskikbaar en interessant is ook wat die Afrikaanse weergawe van Wikipedia sê onder die opskrif "Oorsprong" - veral oor hul kort lengte. Dis nie soveel "leeswerk" nie, gaan kyk gerus - dink hulle getalle word min en mens weet nie hoe lank hulle nog gaan bestaan nie.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 15/05/2025 - 08:04

Dis jammer om van die koei se lyding te verneem. Ek glo die polisie het haar nie net verlos daarvan nie, maar ook van haar vleis. Daar het seker net ‘n bloedkol, pens en derms oorgebly. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus