So het Mei maand aangebreek. die maand waarna 'n klomp uitgesien het. Hoekom???? Ons is oppad na Krugerwildtuin toe!!!! Ander sleep weer KarooNP toe.
Kuier en klets gerus saam asb.
Dit was nou nie ‘n vakansie nie
En ‘n totaal onbeplande uitstappie. Toe ons Donderdagaand van Lanseria af Potchefstroom toe ry sê ek vir Salomien dat ons oor presies twee maande DV weer daardie selfde pad gaan ry, oppad terug van Punda Maria af.
Dankie vir almal se betuiging van simpatie. Dit is bitter moeilik om ‘n ouer te verloor. My skoonpa was ‘n goeie man, en ek en hy het om dieselfde vuur gesit so dit was vir my maar ook hartseer. Ook baie hartseer was die toestand van die infrastruktuur in en om Potchefstroom waarvan ek reeds vertel het.
Skoonma is uiteraard ook baie hartseer, maar sy besef haar man se ou liggaam kon nie meer nie. Sy niere en hart het ingegee. Sy het ook sekerheid oor wat met sy siel gebeur. Salomien kon lank genoeg daar wees om haar te help met al die dinge wat met die afsterf van ‘n eggenoot gepaard gaan. Haar (Salomien se) broer woon darem ook in Potchefstroom.
Gister moes ons 02:30 opstaan om betyds te wees vir ons vlug 07:00. Dit was goed om tuis te kom, en dankbaar te wees vir die toestand waarin ons dorp en provinsie is. Ons beplan geen verdere reis of uitstappies totdat ons einde Junie DV vertrek Krugerwildtuin toe nie. Ek gaan dus waarskynlik maar redelik min tot niks bydra tot die forum. Intussen geniet ek ander se toere se terugvoer en beplanning. Ek is veral jaloers op Wessel, wat tans in my gunsteling kampie in die Krugerwildtuin is. Ek is steeds spyt ons kon nie vanjaar daar plek kry nie.
Kaapse weer
Die weervoorspelling sê dit sal vandag 15º hier by ons in Kaapstad wees met stormsee om die Kaapse kus. Die voorspelling is verder 24mm reën vir vandag waarvan 12mm vanaf vanoggend reeds geval het. My drie reënwater tenks met 2200 liter elk is reeds vol. Ek kon dus nou weer die munisipale stopkraan toedraai en ons reëwater-pomp aanskakel vir huisgebruik. Lekker man!
Dis verstommend hoe vinnig die parkie se gras hier in ons kompleks na groen verkleur net na 10 dae gelede se vinnige reënbui.
Nouja, ons vriende daar in die Wildtuin, julle moet maar lekker warm kry, veral die Kapenaars want hier wag lekker koue op julle.
Geniet daai warm weer. Ons…
Geniet daai warm weer. Ons kry kou hier in die Kaap.
Ook uitgekamp...net bietjie anders
Dit was 'n rowwe (en eintlik goor) paar dae. Daan is Dinsdagoggend in die hospitaal opgeneem en ek moes vir vier dae die tyd omkry tussen die hospitaalsaal, parkeerterrein en gastehuise (nie een hiervan is my voorkeur kampeerplek nie). Al hierdie was nog net ter voorbereiding van 'n liesbreuk wat herstel moet word.... Volgende week weer na die spesialis...
Opsomming: Eerstens haal ek my hoed af en sê baie dankie aan almal wat geskik is om bloed te skenk en dit dan ook doen. Ek is ook dankbaar dat Medi Clinic Nelspruit ons mediesefonds se voorkeur hospitaal is. Die diens wat ons ontvang het was uit die boonste rakke, met baie vriendelike personeel - dag en nag. Gastehuise: nie alle LekkeSlaap akkommodasie is gerieflik nie - wanneer jy intrap (met 2 bespreekte aande) en die eienares se seun heet jou welkom met iets soos "ek hoop die stort werk, 'n vorige gas het gekla" klink dit reeds nie belowend nie. Wanneer mens dan laataand "tuis" kom en daar is net koue water, is dit alles behalwe prettig. Die volgende twee aande het ek 'n ander plek gekry (ook LekkeSlaap) - wat 'n teenstelling, dit was 5-ster (en boonop goedkoper). My sus wat 'n gastehuis in Witrivier gehad het het dit permanent gesluit in Desember (verhuur die plek) en woon nou in Pretoria.
Ek het ook sooo gehoop om vir Chris en Ralie te kan ontmoet. Met alle beplanning wat omver gegooi is en ek dink hulle skuif alweer teen die einde van die week, lyk dit nou taamlik onwaarskynlik. Ek voel skoon hartseer. Ai!!
Rona ...
... ek kan ook getuig van Mediclinic Nelspruit se puik diens.
Ons was gelukkiger as jy met ons Lekkeslaap verblyf (Dew Drop). Dit het oor alles beskik wat ons benodig het en is slegs 800 meter van die hospitaal af. Toe ons ook 'n warm water probleem gehad het, was die eienares (Wena) blitsig daar en vinnig die probleem opgelos.
Sterkte met dit wat vir Daan voorlê. Op hierdie stadium lyk dit of my behandeling 100% suksesvol was.
Ons kuier nog lekker in Krokodilbrug tot 2 Jun. Is werklik jammer dat ons mekaar gemis het.
Rona & Daan
Goeie naand Rona. Sterkte aan jou en Daan met die verdere hospitaal prosedure.
Gastehuise: My seun en skoondogter het 'n selfsorg gastehuis in Sutherland en hulle maak gebruik van drie besprekingsagente. Hulle ervaring is dat een van die drie se tariewe iewat goedkoper is, maar hulle is nie altyd gelukkig met die gehalte van gaste wat deur hierdie agentskap bespreek nie. Die gastehuis het in Desember tot op die grond afgebrand, maar is nou splinternuut herbou en van vooraf toegerus. Hulle het besluit om eerder nie weer van die betrokke agent gebruik te maak nie.
Chris, Len
Dankie vir die goeie wense. Ek vertrou dat ons volgende hospitaalbesoek (die eintlike operasie) 'n baie vinniger prosedure sal wees - ons wag egter nog vir 'n uitslag voordat dit gedoen kan word en die afspraak met die chirurg is uitgestel na Donderdag. Ek het verlede week gekyk vir verblyf nader aan die hospitaal, maar met die op-die-nipper bespreking kon ek nie drie agtereenvolgende aande in dieselfde gastehuis kry nie. Innibos fees begin ook hierdie naweek en verblyf raak skaars.... Behalwe vir Ben Mari karavaankamp (wat heel waarskynlik ook vol gaan wees) kry ek nie ander karavaanparke in Nelspruit wat lyk asof ek daar wil wees nie (my bussie is 'n opsie). Ek wag maar en sien....gelukkig sal Daan se verblyf uitgesorteer wees![]()
Sterkte Rona
Sterkte Rona vir jou en Daan.
Hoop alles loop goed af.
Rona ...
... daardie verblyfplek van Daan is nogal 'n duur plek. Ek het nie eens daar geslaap nie - 06:30 ingeboek en net na 12:00 ontslaan. Die rekening, wat gelukkig ten volle deur my mediese fonds betaal is, het bykans R24 000 beloop. Die kardioloog se rekening (ook ten volle deur my medies betaal) was bykans R25 000. Die narkotiseur se rekening was meer as R5 000. Meer as R50 000 vir beswaarlik 'n halfdag. Duur lotjie!!
Nietemin - ons vertrou alles verloop seepglad.
Ouderdom en lewensuitkyk
Ek het met die afgelope wildtuin vakansie 'n paar interessante mense ontmoet, wat my opnuut 'n positiewe perspektief op die lewe gegee het.
1] So gesels ons met die bure in Satara, egpaar wat albei veel ouer as ek is. Die ou raak so aan 80, en sy vrou het effe jonger voorgekom. Hulle kamp nog 'n hond uit die bos, met 'n Jurgie [nuwer as Herman s'n] en 'n Subaru Outback. Hulle huis [sopas verkoop] word geplunder terwyl hulle in Satara is, maar hul antwoord was----die eiendomsagent en versekering moet maar uitsorteer.
2] So kom daar 'n egpaar uit Australië, en vra of hulle na ons Kavango kan kom kyk. Wys hulle toe binne en buite, en die ou klim omtrent onder die wa in. Hy soek 'n boswa om die "outback" te gaan besoek. Ek moes net daar vir Echo bel om hulle in kontak te bring, en om van agente doer onder te verneem. Die egpaar is ook nader aan 80, as 70 jare, maar hulle wil/gaan toer in "out back"
Ek haal my hoed af vir sulke mense, en ook vir ons eie [ouer] geledere vriende wat ook so positiewe lewensuitkyk het en uitstraal.
Goeie gesondheid is die…
Goeie gesondheid is die skeutelwoord.
Sonder my " onbeplande besoek" van kanker, sou ek hoogs waarskynlik nog baie lank kon aanhou om in die wilder dele rondgeloop/ ry. Was blakend gesond.
Baie goeie vriend is huidiglik in Suid Amerika. Oa is Macu Picu (???) Uitgeklom, op die Amazone gaan rondkarring en Lake Titikaka gaan besoek. Verlede jaar die Namib Naukluft gestap. Hy het verlede week 71 geword.
Die omies op die....
....ouetehuis se stoep, word besoek deur 'n nagraadse student wat die lewensverwagting en lewensstyl navors. Vra sy;
die 1ste omie hoe oud hy is. Seg hy amper 85, want ek het nie gerook nie
Die 2de omie, lyk ok redelik goed, seg hy 89, want ek het nie gerook of gedrink nie.
die derde omie lyk erg gehawend, grondpad kilos, longe hyg, hande bewe, 4x4 loopraam byderhand. Seg hy, ek het gerook, gedrink, vrye seks gereeld beoefen. Sy vra, nou hoe oud is oom? 36 jare my kind!!!.
Ek het gerook, geniet steeds biertjie en wyn, en is sterk oppad na 69!!! Wonder watter faktor het negatiewe impak op my![]()
![]()
Ja, die oudword stories...............
.................is nie 'n grap nie, maar as die gesondheid begin lol, dan is dit 'n lollery van 'n ander aard !
In ons geval het ons nog tot verlede jaar (Desember 2024) 'n hond uit 'n bos uit gekamp op ons onderskeie ouderdomme van 77 en 76. Maar toe slaan Annatjie se siekte met mening toe en ons begin toe saam wonder of ons nie met die kampeerdery moet halt roep nie. Na amper 5 maande is Annatjie weer by die huis en ons begin alweer loer na kampering in die Wildtuin vir Mei 2026 ! Maandag egter reken Annatjie se wondsuster daar is fout by die been met aaromleiding en ons moet vinnig by die vaskulêre chirurg uitkom. Ons kry toe gister 'n noodafsprak by die chirurg met die nuus dat die bloedvloei na haar voet weer geblokkeer is en sy benodig eintlik weer 'n aar-omleiding, MAAR die dokter sê haar liggaam sal glad nie weer so 'n groot operasie kan deurstaan nie - sy woorde was "ons sal haar dood-opereer ! " Sy aanbeveling is ons doen niks omtrent die saak nie en kyk maar vorentoe, dag vir dag wat gebeur.
Nou is kampering vir eers weer op die ys en ons sal maar later besluit of Wildtuin 2026 kan realiseer.
Ai Len ...
... ek hoop en vertrou saam met julle dat Annatjie se probleem opgelos kan/sal word en dat daardie verlange na kamp (veral in die wildtuin) julle nóg beskore sal wees.
Sterkte daar Len. Ons hoop…
Sterkte daar Len. Ons hoop vir die beste uitkoms.





Mei saamgesels 2025
Ek en Chris kamp so 2 plekke van mekaar in Krokodilbrug. Chris braai vanaand wors uit Komatipoort se slaghuis. Nou wonder ek of Somerset- Wes se geur so bietjie afgeneem het? Ek het vandag 5 jong leeutjies en wyfie naby Krokodilbrug op die teerpad geniet. Die mannetjie het langs die pad in die gras gerus. Blykbaar was daar n vangs die oggend vroeg. Verder het ons genoeg ander mooi diere die oggend gesien Maurits