Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -2 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -10 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -12 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -14 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -15 hours ago

Julie 2025

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums

Goeie môre alaml,

So begin die 7de maand van die jaar. Het nou al die eerste helfde van die jaar lekker saam met die ander "gekamp".

Brits

Wessel Strydom

Thu, 24/07/2025 - 17:29

....jy is mos nou reg vir volgende jaar, met besprekings. volgende jaar bel jy op die kop 08hoo vir Ezibookings. 

Dalk was Stellenbosch se landlyne stukkend vandag. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 24/07/2025 - 17:59

Nie een sateliet kantoor of hoofkantoor of kamp sal hierdie massa oproepe wat op hierdie dag jaarliks kan hanteer nie. Ek weet nie of dit nog so is nie, maar vroeer jare het mense oornag voor Sanparks se hekke om voor in die ry te wees as besprekings oopgaan. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 24/07/2025 - 18:28

Ezibookings het ook laat weet dat hul vir hierdie dag nie meer vooraf eposse aanvaar vir Junie Julie besprekings nie, want hulle kry hordes en kan bittermin mense help en dan is oormeederheid kliente ongelukkig omdat hul nie hul besprekings kry nie....so vandag het hul net op inbel gewerk

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 24/07/2025 - 20:49

Ek sien so met julle bespreking probleme, dat ons wel n briefie in die epos gekry het.  By Onrus stuur hulle self die besprekings aan jou.  Werk lekker,

Kan julle glo ons moet al begin reg maak vir die deposito wat moet betaal word einde Julie. 

So die toer gadgets word nou meer na agter in motor huis geparkeer en die ander gadgets vir lank staan word skoon gemaak en nader getrek.  Baie opgewonde.

Lekker aand.

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Fri, 25/07/2025 - 10:26

Môre sê almal.

Gou bietjie kom inloer want ek kry deesdae naar min kans.

Hoop dit gaan nog voor die wind!

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 25/07/2025 - 12:20

... nou woonagtig in Engeland, is tans op 'n motorfietstoer deur Europa. Hy't hierdie ou met sy kampwaentjie in Oostenryk aangetref.

Kamp

Kamp

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 25/07/2025 - 13:51

Ek wonder hoe gemaklik is dit om so te lê en trap. Ons het in Sedgefield met een van daardie trap bote gaan ry en ek het gedog ek gaan dood na ‘n halfuur se trap teen die wind. My bene is egter langer as die gemiddelde man s’n. Verder kan dit lekker wees om so alleen te toer. 

0
Kaap

Goeie Hout

Fri, 25/07/2025 - 14:00

Ek het al gehoor van "help my trap" daardie fietse wat so klein motortjie het.

le en trap is n goeie bewoording.

 

Lekker naweek julle.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 25/07/2025 - 14:01

Alleen toer ----dan moet mens self die trapwerk doen. As dit al keuse/opsie is om te toer, dan stop ek liewer met kampering. 

Sjoe, ek wonder of die ou nie net staat af sleep na die naaste kampplekkie nie. 

Kan julle dink om agter hom te land in Magoebaskloof, en dis net verkeer van voor af.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 25/07/2025 - 14:15

..............vir jou gelukwensing boodskap gister.

Ek het toe maar langs Annatjie se ICU-bed (met haar internis se toestemming) vir my en haar 'n stkkie verjaarsdagkoek geniet (sy is 'n diabeet) terwyl die verpleegsuster gereed staan met 'n insulnien inspuiting om haar te spuit !

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 25/07/2025 - 15:54

...enige vêrdere nuus oor Annatjie??? Sterkte

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/07/2025 - 16:55

....Rona kwaad gemaak??? Sy het net verdwyn, is hulle dalk stil-stil oppad Botswana toe???

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 30/07/2025 - 15:22

Ek dink ek weet hoekom hoor julle nie meer iets van haar nie.  Sy het belangstelling verloor omdat kampsake skaars ter sprake is en dames nie noodwendig belang het by tegniese besprekings nie .  Ek weet die standaard antwoord is, as jy nie van 'n bespreking hou nie, hou verby.  As Rona nou die raad volg om verby te hou, is daar selde verderaan  gesprekke wat haar en ander dames sal interesseer.

Ek kritiseer nie, probeer maar net Wessel se vraag beantwoord.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 30/07/2025 - 15:52

Ek hoor wat Oom Len sê, maar sover ek weet is dit tans net die Bouchers wat gelukkig genoeg is om swaeltjie te speel. Ons het wel sover ‘n redelike kalm winter met te min reën gehad, maar daar is geen manier wat ek weer haak om te gaan kampeer voor die lente ordentlik gekom het nie. Teen daardie tyd is dit al somer in Brits. 
 

Ek dink ons almal (met die uitsondering van die Bouchers) is maar in dieselfde bootjie. Daarom sou dit lekker wees as Rona ons bederf met nuus van hoe hulle beplanning vorder. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 30/07/2025 - 16:01

So dien ek 22 Julie my belasting in, met al my stawende dokumente, EN al my betalingbewyse wat ek direk uit my sak aan dienste betaal het.

Ons het hoofsaaklik 'n hospitaalplan, wat beteken dat alle buite hospitaal kostes uit my sak kom. Apteek uitgawes vir chroniese medisyne gaan direk DISCOVERY toe, en die deel wat ek moet betaal, word sommer dadelik in die apteek gedoen. Dus, toon my fonfs se belastingsertifikaat slegs die apteekkostes, hetsy deur hulle betaal, en wat ek dan self betaal het.

Sodoende dien ek toe nie 'n bewys van apteekbetalings in nie, want dit word mos getoon op DISCOVERY se sertifikaat. Kan julle glo, die jaar word DISCOVERY se staat betwyfel. SAID versoek toe 'n detail staat van DISCOVERY wat aantoon wie hulle nie betaal het nie. In retrospek is dit seker 'n billike versoek om te verhoed dat ek 'n dubbele mediese aftrekking beding. 

Moet dus nie skrik as julle ook so 'n versoek ontvang nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 30/07/2025 - 16:09

...is kort om die draai vir ons. Ek lê al wakker oor al die grondpaaie wat ek gaan/moet sleep.laughdevil 

Dis hopenlik net

goeie grondpad na Mokala se hek toe,

dan plaaspad na Joosteswerwe se plaaswerf toe

as ek reg onthou, stukkie na Waschbank toe

daarna op pad terug die ongeveer 5km plaaspad na Bundu River Lodge se kampplek toe.

Binnekort [19 Aug.] val ons in die pad, en soos die sein toelaat, sal ek julle ophoogte hou van ons toer.

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 30/07/2025 - 19:54

Hallo Wessel.

Bundu se pad is nie grond pad.  Dit is berg en n dale.....

 

Geniet.  Dalk sien ons mekaar by Van Zyls.

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 30/07/2025 - 20:21

Ek gaan jou raad aanvaar oor die Slopie waarin die rally is.

Ek gaan een laat maak by my vriend Vincent by Tent repair Centre.  Met toer gesien dit is dalk vinniger om so op te slaan as elke keer in te ryg.  

Mooi aand.

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 30/07/2025 - 20:21

Geert, as jy sleep, maak jy die slopie vas dat dit nie flap nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 30/07/2025 - 21:31

Wessel, dit gaan redelik onder die omstandighede met haar, dankie.  Sy is vanaf gister uit die hospitaal ontslaan en darem tuis.

Sy kan nog nie loop nie maar kry tans daagliks fisioterapie om haar daarmee te help.  Ons het ook daagliks 'n verpleeg-versorger om te help met haar versorging.

In die omstandighede lyk dit vir my ons 56 jaar van karavaan-kampering het tot 'n einde gekom.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus