Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -27 minutes ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -57 minutes ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -4 hours ago
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -5 hours ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -5 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 03/12/2025 - 18:35

... se Tupperware is klaar geplak - rêrig. Die oue se Rhinocab is gister afgehaal en sou gistermiddag op die nuwe opgesit word (by Hermanus Auto Fitment Centre). Laasgenoemde installeer ook die vrieskas-glylaai en die bedrading vir die vrieskas. Hulle sit ook 'n LED-lig agter in die kappie - wat nie op die vorige een was nie. Hulle doen ook die stofdigting by die agterklap. Dan laat ek ook 'n kontrepsie insit (waarmee sommige bakkies standaard toegerus is) wat die agterklap soos 'n veertjie laat oop- en toemaak (ongelooflik) sowel as "gas lifts"op die agterklap. Laasgenoemde "kit" is eers gister bestel en hulle het gehoop op aflewering nie later as môre of Vrydag nie. Ek verwag dus nie om die nuwe een waarskynlik voor Vrydag te hê nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 03/12/2025 - 19:49

Dis omtrent 'n opgradering wat die kappie en agterklappe aanbetref.

Ek mis nogal 'n LED lig in die kappie.

Sluit die vrieskas bedrading 'n ekstra battery agter onder die kappie in, of word dit voor in enjinkompartement gesit??

Daai agterklap raak nogal swaar as mens dit aanhoudend moet oop en toemaak. My armpies raak mos al hoe dunner.

Nou ja, dan wag ons maar geduldig.wink  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 04/12/2025 - 07:05

... nee, ek is die opsie van 'n ekstra battery aangebied. Maar op hierdie stadium voorsien ek nie dat die moontlikheid van "wild camping" sal realiseer nie. Ek het nog altyd reggekom met slegs een battery.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 05/12/2025 - 11:43

Chris B, ek gaan sommer hier antwoord op jou laaste inset onder Expedition 5.0.

Dalk is ou Grootwind OOK heimlik effe jaloers op jou nuwe 4x4. Wel ek weet vir 'n feit, ek issad 

Ongelukkig is my beterhelfte gladnie inskiklik om effe rowwe terrein te verken nie. Dus sal 'n 4x4 in ons huishouding nie ten volle [glad nie] benut word nie. Ek moet maar vrede daarmee maak.

Ek gaan my egter inleef in jou mededelings van jou 4x4 reise/vakansies. Gaan jy dit oor jou hart kry om met 'n 3 maande oue trokkie Hentiebaai se strandry te doen.  

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 05/12/2025 - 13:22

Jaloers op 'n Toy? Nooit gesien nie, ene gehad lank gelede en dit was een te veel! Wat 4x4 aanbetref het ek 'n Jeep Grand Cherokee gehad gevolg deur 'n Cherokee. ook aanvanklik gedink dat dit lekker gaan wees om in laestrek 4x4 te speel innie sand....duur les geleer, die goed het net meer (duur) goed wat breek en om die ekstra geld te regverdig vir miskien een maal in 'n skrikkel jaar se speel  is dalk nie die slimste ding wat hierdie oom al ooit gedoen het nie. In elk geval bitter min 4x4's kom van die vloer af "reg om te gaan speel innie sand". So dan kom daar nog 'n klomp uitgawes by, spesiale bande, ens. ens. ens. Maar ek gun jou die nuwe speelding Chris!

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 05/12/2025 - 13:23

... die nuwe outjie vanmiddag haal. Die installering van al's wat ek versoek het is gedoen en die Tupperware is opgeplak. Net gou die versekering uitsorteer voordat ek by die handelaar wegtrek.

Wessel - t.o.v. jou vraag oor Henties-toe. Ons sal maar eers sien wat gaan alles in 2026 geskied. Behalwe vir die 2 weke wegbreek na Dwarswegstrand gedurende Januarie en die Oktober kuier in Kgalagadi is daar nog niks anders vasgemaak nie. Ons wil baie graag in die middel van die jaar (ons winter en hulle somer) vir die ver kinders gaan kuier, maar dit is nog nie gefinaliseer nie. Dus sal Henties dalk nie in 2026 realiseer nie.

0
Kaap

Goeie Hout

Fri, 05/12/2025 - 15:06

Geniet die nuwe tupperware bakkie.  Alle voorspoed met hom.  Ek is saam met Oom Grootwind.  4x4 moet jy gebruik en ek kry die bakkies te jammer as die manne so oor die sand ry en die toere klim in die rooi.  Nee wat, Zuzie hardloop net nou en dan grondpad in Kruger.

Lekker naweek.

Dankie tog ons bokke gaan nie n rooi kaart kry die naweek.  Want hulle speel nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 05/12/2025 - 15:52

Dié Hilux is gekoop met een primêre ding in gedagte - om te kan gaan hengel by Hentiesbaai. As dit dan al is waarvoor dit dalk net een keer per jaar gebruik word -"then be it'. My seun se rits 4x4's wat hy oor die jare gehad het was ook met een primêre doel voor oë - om in Namibië te gaan hengel. Maar as jy 'n 4x4 vir 'n ander doel benodig - dan het jy dit en hoef nie net te lees en te hoor van ander ouens se wonderlike ervarings nie. Ek hunker al jare lank om die Baviaanskloof te gaan ry, om Gharagab en Bitterpan in Kgalagadi te besoek, om al die 4x4 roetes in die Karoo Nas Park te gaan ry ens. Ek het geen begeerte om 4x4 hindernisbane en/of roetes te gaan ry waar jy soms moet padbou of eers moet uitklim om te gaan verken nie.

Nee wat - ek het lekker dinge in die agterkop wat ek met die nuwe outjie wil gaan doen.

Hoekom het Toyota jou dan so kwaad gemaak Grootwind? Ekself hou maar by Toyota na 4 Cressidas en nou my 5de Hilux, grotendeels oor die uitstekende diens wat ek by my handelaar kry. Almal is klaarblyklik nie só gelukkig nie - as ek luister na Wessel se belewenis met sy agentskap. Tussen die Cressidas het ek 3 Ford dubbelkajuite gery (nee, een was 'n Mazda) en ook die wonderlikste diens by die agentskap gekry. Dan was daar ook 'n Colt (waarvan ek liewer nie wil praat nie).

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 05/12/2025 - 16:27

Ons wil sien asb!!!! Ek wil deel in jou vreugde.

Kry net asb iemand wat pyp rook om daai nuwe reuk uit die kajuit te dryf.devil

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Fri, 05/12/2025 - 17:57

Sommer spoggerig Chris. Baie geluk en vele goeie km vir jou en Ralie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 05/12/2025 - 18:44

....seg ek jou. 

Die neus lyk baie anders as ou Grompie s'n. 

Marie hou baie van die swart modderskerms. Dalk moet ek dit ook oorweeg, dan is dit sommer 'n nuwer Grompie.

Ek hoop jy hou van daai vaste hak. Onthou, as dit moet kan jy die bal in boonste gate laat vasmaak. 

Geluk en geniet hom gate uit, of is dit "in" vir 'n 4x4laugh 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 05/12/2025 - 18:50

Ai, as ek net weer ń slag daai reuk van ń nuwe kar kan inasem. Geniet Chris. Volgende keer in Karoo N Park ry julle al die agterpaaie.yes

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 05/12/2025 - 19:29

Baie geluk Chris. Mooi bly darem maar mooi en ek wens vir julle vele veilige myle. Lekker planne maak vir al die agterpaaie wat jy nou kan verken.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 05/12/2025 - 19:45

Chris, wat se materiaal is gebruik om agterklap en vloer se opening toe te plak. ?? Dit moet iets wees wat baie buigbaar en elasties is.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 05/12/2025 - 20:41

... watse ougat 'kepsie' kry ek toe op die koop toe. Plus 'n baie bakgat sportsak.

Hilux

Hilux

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 05/12/2025 - 20:46

... ek het nog nie in detail gekyk na die materiaal wat gebruik is vir die "dust proofing" nie. Die vorige Hilux s'n was "rip stop" materiaal, maar hierdie een is beslis 'n ander materiaal - lyk na iets nylonrigs. Dit is gedeelteliks 'n Toyota "kit". Die vorige een het soos 'n droom gewerk. Kom ons hoop hierdie een is minstens net so goed.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 06/12/2025 - 05:57

....is wragtag BAie mooier as die van verwagte 2026 Hilux.

Daai kepsie is net reg vir Henties se son, of nielaugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus