Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -12 minutes ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -7 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -8 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -8 hours ago

Strydoms in Kruger 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Na 'n lang "aanhou" op die telefoon darem deurgekom na Ezibookings, om vir volgende jaar te bespreek. ek vermoed hulle fone lui onophoudelik.

Ons is baie gelukkig, ons bespreking is as volg;

Malelane-------4 Mei

Skukuza -------7 tot 13 Mei

Satara----------13 tot 19 Mei

Tsendze--------19 tot 25 Mei

P. Borwa -------25 Mei Safari park

Deposito betaal en sommer epos na Mopanie gestuur met staanplek voorkeure. Nou hou ons duimvas, gevra  in volgorde vir nr 28, 26 en 29.

Pretoria

Geert

Tue, 03/06/2025 - 09:24

Dit lyk na n lekker program....alhoewel ek sal voorstel om n ekstra dag by Malelane te neem....wildsbesigtiging is oor algemeen goed daar. Geniet weer die beplanning 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 03/06/2025 - 10:00

.................kry jy nie skaam nie, julle is skaars terug uit die Wildtuin en volgende jaar se besoek is al klaar in die bed gesit ?

Dit lyk in elk geval na 'n baie lekker reisprogram.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/06/2025 - 10:12

....ek dog ek is vinnig MAAR nie vinnig genoeg nie!!!! Ek kon nr 29 kry, die ander twee was klaar toegeken.

Ek wonder of dit mense is wat tans daar kampeer en sommer vanoggend by Mopanie gaan bespreek het.

Staanplek 29 is gaaf, uit son beskikbaarheid oogpunt, maar 26 en 28 veral, is nog beter. Nr 28 is boonop maklik toeganklik en oop draad toe. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 05/06/2025 - 10:41

Dit is eintlik 'n baie lekker staanplek. Ek het 4 jaar gelede daar gestaan toe ek te laat was om No 26 te kry.

Ek dink jou kans vir jou voorkeur-staanplek sou beter gewees het as jy dadelik Mopani-ontvangs gebel het toe jy jou besprekingsnommer gekry het.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 05/06/2025 - 11:05

Chris, dalk is jy reg. Ek het dadelik die epos gestuur, maar ander persone het dalk gebel.

In die verlede het ek gebel, en dan seg hulle, ek moet verkieslik 'n epos stuur.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 05/06/2025 - 16:43

Dit was die 4de keer wat ek daar bespreek. Epos bespreking is die metode, met die voordeel dat Mopani daarop per epos reageer, en jou bespreekte/toegekende nommer bevestig. 

Dit gee die gemoedsrus dat mens daar[Mopanie] aanmeld, met jou teoeknning op skrif.   

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 10/03/2026 - 12:06

Ek het vanoggend ons bespreking by Safaripark gemaak. Lekker flinke diens gekry, en hulle het reeds bevestig dat betaling bewys ontvang het. 

Dis 'n oord waar mens liefs vroegtydig moet bespreek, en gladnie onbespreek net opdaag nie. Ek was nog elke keer verstom oor die hoë besetting van die oord. 

Baie mense staan lank [maand+] daar en ry elke dag wildtuin toe. Met 'n "wildkaart" werk dit goedkoop uit. Ek het nou R220/n vir ons twee betaal. Met 40% af, is my gemiddelde koste in Satara en Skukuza R373/n.

Die vraag is, gaan mens nie uitgekyk raak in die mopanie-bosse tussen die hek en Letaba, of Mopanie kampe nie??  

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 10/03/2026 - 15:24

... sooo lekker - 'n wildtuin-vooruitsig (waarop ek vanjaar gaan uitmis). Maar wanneer ek lees van die beplannings, trek my hart met 'n punt wildtuin toe.

Vanjaar sal ek "skip". 'n Kuier by ver kinders laat my nie toe om nog 'n wildtuinbesoek in te pas nie. Maar aan die anderkant is daar ook ander plekke wat ek graag wil besoek. Vandaar die 13 aande in Kgalagadi gedurende Oktober. Hier van my af is in ieder geval ver om wildtuin toe te ry vir só 'n kort tydjie.

Maar ek gaan lekker saamlees aan jou dag-tot-dag verslag Wessel. En moet nou nie so lui wees soos in die verlede om nie daagliks met ons te deel nie. Dit geld ook vir die Wildehont en ander wildtuingangers. Ek gaan jou (Wessel) daaglikse verslag daar in die verre vreemde lees (vanwaar ek ook verslag sal doen), want jou wildtuin-kuier val saam met my ver kuier.

Leer nou om 'n foto of twee met jou selfoon te neem - wat dit maklik maak om op die selfoon verslag te doen en foto's aan te heg. Dit is wat ek doen. Ek neem my "laptop" saam, maar kuier selde daarop wanneer ek op hierdie forum ingaan.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 27/03/2026 - 11:58

...moenie te sleg voel oor jy nie saam met Chris B in Kruger gaan wees nie.

Jy het steeds die kans om Meimaand vir die Strydoms raak te kamp daar. My bespreking is op die 1ste bladsy.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 06/04/2026 - 10:29

Jip, ek weet dis nog 'n maand voor ons in die padval. 

Vanoggend die gasbottels laat volmaak, na die laaste kamp/toer verlede jaar. Ek verstom my elke keer hoe min gas verbruik word, met gas geiser en 2 gas plaatjies. Ek het ongeveer 1.5kg se gas opgevul na die 24 dae toer verlede jaar.

Aankope van negosie en drank het ook begin. Dis dosies melk, pakke boerbeskuit vir oggend koffie, die koeldranke en bier. Ek haat dit om tydens vakansie winkels te besoek. Boonop is Kruger se winkels nogal duur as dit my sulke items kom. Wat ek spaar op negosie aankope, kan ek spandeer op diesel in die wildtuin.

Ek moet nog die Kavango vir 'n toets-sleep neem. Ek sleep so paar draaie [30km] tot by Bundu trailers in Schoemans--wil, maar Sannie nie.laugh As die nawe warm is, kan hy maar die remme so knippie terugstel. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/04/2026 - 08:11

Ek het gou vanoggend ons bespreking verander. In plaas van net 1 aand in die kampie, gaan ons nou 2 dae gouer in. Sal maar sien hoe dit is om 3 aande in die kleine kampie te staan.  

Ek was verbaas om te sien dat Malelane omtrent vol bespreek is vir die hele Mei.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 07/04/2026 - 10:01

Ek dink nie dat jy kan 'n fout maak om langer as net een nag in Malelane te bly nie. Ek het my ook voorgeneem, indien ek weer die kans kry, om vir 3 aande in Malelane oor te staan. Ons het reeds 2 keer vir 'n enkel nag in Malelane oorgestaan (ons eerste aand in die wildtuin). Ons het daarvandaan verskuif na onderskeidelik Berg-&-Dal en Krokodilbrug.

En 2 jaar gelede het ons die laaste aand in een van die rondawels oorgebly. Ons het nog elke keer die kampie só geniet dat ons met ons laaste 1-nag oorstaan, verlede jaar, besluit het om in die toekoms langer daar oor te bly.

Die bietjie "buite-wildtuin" klanke wat jy daar hoor is nie so erg dat dit die atmosfeer (vir ons altans) sodanig versteur nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/04/2026 - 10:40

Ek hoop om so gelukkig as Geert te wees, en ook die katte in, en langs die paaie te kry. Natuurlik is die S110 ook naby, asook Ampie en James se watergate op die S118.

Ek het ook nog nie die S113 en S23 verken nie. 

Hopenlik is die grondpaaie dan al rybaar met ou Grompie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 07/04/2026 - 13:33

Ek was nog nooit uitsonderlik gelukkig wat katte in die Berg-&-Dal/Malelane-omgewing nie. Sonder om my rekords na te gaan het ek al by minstens 4 geleenthede luiperds op die S110-sirkelroete aangetref, asook luiperds op die S118 en S119. Ek het minder leeu-"sightings" in dié omgewing gehad, maar tog mooi "sightings" op die S110 en S120 gehad. Maar vir my staan dit soos 'n paal bo water dat dit die beste omgewings is vir wildehonde - of was ek oor die jare maar net baie gelukkig met hierdie ikoniese roofdiere. Jagluiperds het my nog altyd ontwyk in hierdie deel, behalwe eenkeer (baie jare gelede - nog in my Tzaneen-dae) toe ek 'n wyfie met welpies by Renosterpan gesien het.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/04/2026 - 16:27

..... van Malelane gekyk op You tube. 

Ek wou sommer my vergewis van die uitleg van die kampeerplekke. 'n Koelteboom is altyd 'n prioriteit vir my, en vir Marie die naaste aan die ablusieblok. 

Ek het so vinnig gekyk na die besetting van Skukuza en Satara vir Meimaand, en beide is VOL as ons daar is. Sal maar weer vuisslaan vir 'n kragpunt laugh  

0
Pretoria

Geert

Tue, 07/04/2026 - 19:10

Bome is redelik skaars aan noorde grens...behalwe as jy inkom direk teen pad. Andersins om die hoek aan rivier se kant

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 22/04/2026 - 12:24

Ons tyd na Kruger het ons bekruip. Die koppel en sleep is om die draai. Die geskarrel het begin om goete na te gaan, en aankope te doen.

Spys en drank aankope word so oor paar dae versprei, maar dis darem 90% voltooi. Ek dink koeldrank vir wildritte is duurder as die Windhoek blikke vir braai. 

Vanoggend die vleis aankope gedoen. Dit is maar die gewone, vark-, skaap-tjops en steaks. Vir ontbyt is wors, skilpadjies en vark "rushers" aangeskaf. Dit werk so ongeveer R140/aand uit. Alles netjies in National Luna, en dit knor om bevrore te kom. 

Soos elders genoem verlede week, was die Kavango vir 'n sleeptoets geneem, en onder effe protes is my gatkrul bevredig, en een wiel effe losser gestel.

Die wa en Grompie het gladnie beweeg van verlede jaar September af nie, dus gaan die dieselprys my nie ontstel nie. Boonop het Marie mos al haar toetse by die hartspesialis met vlieënde vaandels geslaag, en hoef ek nie "movers" op Kavango te sit nielaughdevil  

 

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 22/04/2026 - 22:11

Sjoe Wessel, die tyd het vinnig aangestap. Net enkele dae voordat julle ook in die pad kan val. Geniet die laaste voorbereidings. Ons ervaar die wildtuin tans taamlik anders as tevore. A.g.v. heelwat paaie wat gesluit is ry mens dieselfde roete maklik tweemaal of meer en ons is ook vroegmiddag weer terug in die kamp. Maar dis OK, en neem niks weg van die feit dat dit ons gunsteling vakansieplek is nie. Lekker pak (of volprop dan nou)laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus