Na 'n lang "aanhou" op die telefoon darem deurgekom na Ezibookings, om vir volgende jaar te bespreek. ek vermoed hulle fone lui onophoudelik.
Ons is baie gelukkig, ons bespreking is as volg;
Malelane-------4 Mei
Skukuza -------7 tot 13 Mei
Satara----------13 tot 19 Mei
Tsendze--------19 tot 25 Mei
P. Borwa -------25 Mei Safari park
Deposito betaal en sommer epos na Mopanie gestuur met staanplek voorkeure. Nou hou ons duimvas, gevra in volgorde vir nr 28, 26 en 29.
Lekker om te lees van jou…
Lekker om te lees van jou beplanning Wessel. Alhoewel onsself besig is met ons voorbereidings vir ons ver wegbreek, dink ek dat jy beleef dalk meer opwinding t.o.v. die vooruitsien na julle wildtuinvakansie (wens dit was ek). Die lang vlug wat voorlê breek my entoesiasme. 'n Reis per pad (veral met jou eie kaia wat jy saamsleep) bly maar vreklekker.
En laat sit maar vir jou "movers" op die Kavango. Glo my - jy gaan nie spyt wees nie. En Marie gaan dit laaik.
S118 na S113 en S23
Ek lees op Rona se draad jy gaan na die S113 en S23, maar gaan hom vanaf S118 benader. Beplan jy om dit te doen tydens jou Malelane kamp of tydens Skukuza besoek? Ek sien S113 en S23 is nogal ver vanaf Malelane en S118 weer ver vanaf Skukuza.
Gemengde gevoelens
Geert, die tyd loop vinnig uit. Nog laaste paar aankope doen, apteek besoek vir noodsaaklike pille, en dan die groot pak en styfprop.
Lanklaas so met gemengde gevoelens voorberei. Aan die eenkant die groot lus om weg te kom en in Kruger te gaan wegkruip. Aan die anderkant, effe bekommerd oor die beskikbaarheid van diesel om weer tuis te kan kom.
Ons sleep Maandagoggend tot by Malelane kampie. Dis naby genoeg dat ons dit met gemak, en hervul/eet stop by Mily's kan maak.
Seker al klaar gepak Wessel?…
Seker al klaar gepak Wessel?
Bloot uit nuuskierigheid. Hoeveel braai toerusting vat jy saam. Dit is nou om vir al die onvoorsienigheid te beplan.
die pakkery....
....is amper klaar. Ou Grompie is 90% styfgestop, kort nog die 3 kombuis-katoeter laaie. Daarna kan ek klaar pak, net nog die tentsak, elektriese neuswiel en drinkwater.
Beddegoed, klerasie en kosse in die aanboord koel/vrieskas moet nog gepak word.
Braaitoerusting: Net die gewone vuurmaak ene en die gasbraaier. Twee roosters, toeknyp vir vleis en ronde ene vir broodjies, 3 x 5kg sakke Etosha brikette. By gebrek aan die geel Santamsambreel, 'n nuwe strandsambreel om oor vuur te sit as dit sou reën.
Soos genoem, ek sal so stilstil die vakansie as maatstaf gebruik, hoe toekoms gaan uitsien. Wat moet verander om dit makliker te maak, skuiwers [movers], ander wa of wit lakens opsie.
Wessel
Terwyl jy beplan om "so stilstil" jou opsies vir die toekoms te oorweeg sien ek dat jy geen melding maak van 'n "motor home" nie. Moet dié gedagte nie in die geheel afskryf nie. Of die wildtuin die regte plek is om jou opinie daar rondom te vorm weet ek nie. Jy sien hierdie wit busse en kyk nie tweemaal terug nie want dis waarskynlik nie jou smaak nie - nie rof en onbeskof genoeg nie. Maar....wanneer julle terug is na die vakansie, neem vir Marie op 'n dag uitstappie na Life Style Centre, Boksburg (miskien is daar ander plekke ook). Laat sy rustig self kyk en luister na haar mening. In die tussentyd kan jy die Iveco 4x4 motor homes op die vloer bekyk wat waarskynlik meer in jou kategorie sal val - solank jy net kan trappies klim en nie engtevrees het nie.
Ek kan hier voortborduur oor die gerief en voordele, maar sal liefs nou stop en julle 'n voorspoedige reis en heerlike ontspanne wildtuin vakansie toewens. As dit net naastenby is soos wat ons pas ondervind het, gaan julle dit baie geniet. Ons sien uit na terugvoer en foto's.
Wessel, as julle..............
...................môre op 3 Mei arriveer by Malelane kampie, dink maar aan Len en Annatjie se laaste Wildtuin kamp twee jaar gelede toe ons op 6 Mei 2024 by die einste kampie ingeklok het.
Hier staan ons om te oornag in Malelane-kampie.
En die Lapskag mense was ook…
En die Lapskag mense was ook daai aand en het lekker gekuier voor hulle Berg en Dal toe is.
Terugvoering
Ons sien uit na terugvoer en foto's.
Ja...Rona het goeie voorbeeld gemaak van daaglikse terugvoering en fotos....kom ons bou daarop voort sodat ons tuisblyers lekker saam kan toer. Veilig sleep môre!
Houtlepels
Ja Lapskag, en Annatjie het die ondergemelde geskenk van julle gekry. Dit word nog steeds uitgestal op die kombuistafel hier by my.

Len en ander maters...
...ek hoop werklik dat die kampie so leeg gaan wees met aankoms, dat ek ook sommer met wye draai my staan kan kry. Malelane is blykbaar volgens Sanparke vol bespreek.
ek belowe niks plegtig omtrent terugvoer nie. ek sal probeer waar ek sein het vir skootrekenaar. Ek neem hoofsaaklik fotos met 'n kamera, wat dan oorgedra word na die skootrekenaar.
Tablette en fone se skerms is te klein vir my om mee te sukkel. Dalk moet ek sommer via Len of Geert, soms 'n foto what's up, om dan op forum te deel.
Geniet julle trip Wessel…
Geniet julle trip Wessel. Lekker leeus luister en mag die Olifante jou vermy. Stuur tog asb daaglik so kort verslaggie terwyl die vuur brand.
Lekker kuier in wildtuin…
Lekker kuier in wildtuin Wessel en geniet julle trippie langs die pad ook met die koffie en lekker padkos.





Wessel
Ai hoe lekker jaloers raak ek nou as Wessel Grompie en Luna pak. Hou van jou movers grappie. Net nie dat vroukie dit hoor......
Die keer gaan jy nie n bottel rooiwyn present kry.
Toemaar ek sal wag vir 2027. Ons kan net elke 2de jaar toer. Omdat ons nog werk en die baas gee nie so lank verlof.
As jy terug kom Wessel, dan kan jy vir my ook n lyn oopmaak. Ek dink nog aan n naam vir my toer.
Geneit elke oomblik. Die toer begin darem as jy beplanning doen.