Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -3 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -3 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -7 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -11 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -12 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -12 hours ago

Strydoms in Kruger 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Na 'n lang "aanhou" op die telefoon darem deurgekom na Ezibookings, om vir volgende jaar te bespreek. ek vermoed hulle fone lui onophoudelik.

Ons is baie gelukkig, ons bespreking is as volg;

Malelane-------4 Mei

Skukuza -------7 tot 13 Mei

Satara----------13 tot 19 Mei

Tsendze--------19 tot 25 Mei

P. Borwa -------25 Mei Safari park

Deposito betaal en sommer epos na Mopanie gestuur met staanplek voorkeure. Nou hou ons duimvas, gevra  in volgorde vir nr 28, 26 en 29.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 13/05/2026 - 19:15

Ek sal môre uitvind wat te redde is. Ek het egter nie hoop om iets terug te kry, of selfs krediet nie. Dit was mos my keuse, ander persone het wel vanoggend uit Skukuza na Satara toe vertrek .

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 13/05/2026 - 19:58

Ai Ai dit witbos kraai

Ek deeel jou leed Wessel.  Shame n ou sien so uit na die OOM Paul se tuin en dan dit....

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 13/05/2026 - 20:30

Ek hoor jy is gatvol Wessel. Maar moet nou nie dat ñ paar vlooie met jou kampdae interfere nie. Geert se voorstel van ander plekke oorweeg, klink beslis ñ opsie . En ñ bledie goeie een.

Skink n glasie, luister vir die nag geluide, en besluit of jy eerder in Brits wil wees. Groete.

0
Pretoria

Geert

Wed, 13/05/2026 - 21:33

Terwyl jy miskien nog gepak en gegear is vir Wildtuine....draai maak by Manyane (Pilanesberg)?

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/05/2026 - 16:47

Soos gebruiklik, my inligting ter nabetragting van die hopeloos te kort Kruger kuier;

1] Nagenoeg R5790 se diesel uitgery. Geen probleem gehad om diesel te kry nie. Prys in Skukuza was R35,75/liter

2] Van die 4de tot 13Mei het ons 1708km gery. Daarvan was 708km sonder die wa in die wildtuin.

3] Pragtige roete ontdek, maamlik die S114, S23 en dan S21. Lieflike natuurskoon, maar dit was baie ruig. So was dit ook met S110, S118, en die veld is oral baie nat.

3] Beide die H1-2 en H4-1 was oop, met kort stukkie grond ompad op laasgenoemde. Meeste grondpaaie tussen Skukuza en Tshokwane was nog toe.

4] Malelane kampie is steeds wat geriewe aanbetref 'n wenner. Net jammer baie van die staanplekke is sleg skuins, en kragpunte is yl versprei. 

5] Wildtuin was vol, laatkommers het lank gesoek na 'n staanplek, veral in Skukuza.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 15/05/2026 - 09:05

My ervaring van kragpunte in die Wildtuin vandat krag vir kampeerders beskikbaar gestel is tot die jaar 2024 (my laaste kamp-ervaring), is dat dit hopeloos in kampeerplekke opgestel is, beslis nie ontwerp deur iemand wat al voorheen gekamp het nie.

Maar, ek het oor die jare daarmee vrede gemaak en het nie toegelaat dat hierdie vrotsigheid my wildtuin-ervaring beduiwel nie.  Ek het 'n baie lang, dik kabel (sonder lasse) wat ek saamry sou ek nie gelukkig wees om naby 'n kragprop 'n staanplek te kry nie.

0
Pretoria

Geert

Fri, 15/05/2026 - 16:01

Nog klagtes op Sanparks se blad. Soos altyd het hulle direk kommentaar gestop....dit gaan nie probleem oplos om te probeer stilbly en verduister nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 15/05/2026 - 16:24

...dankie, nou kan almal sien waarvan ek gepraat het. Dit is hoekom ons eerder huistoe gekom het.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 15/05/2026 - 16:39

...............of die mense wat so in Satara deurgeloop het onder die sandvlooie in vaste akkommodasie was of het hulle gekampeer ?

Weet ons of die Kampbestuur in Satara of SANParke se klagte-afdeling in Pretoria hiervan inkennis gestel is en indien wel, wat hulle amptelike reaksie was. ?

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 15/05/2026 - 17:23

Len, die bostaande fotos wat Geert geplaas het was van persone wat in vaste huisvesting gebly het. Ons het uiteraard gesinne gesien wat kampeer het in Satara.

Volgens Geert se plasing het die persone dit by Satara ontvangs aangemeld.

Ek het egter vandag 'n formele klag ingedien, en versoek dat ek my 12 nagte in Satara en Tsendze se gelde as krediet kan terugkry. Die epos het ek met behulp van Sanparke se blad, na "Customer care" gestuur.

Ek sal terugvoer gee sodra ek reaksie ontvang het. 

NS: Nounet 'n verwysing nr, gekry. Daarvolgens sal ek na 10 werkdae terugvoer op my versoek, ontvang. 

 

0
Pretoria

Geert

Fri, 15/05/2026 - 18:30

Paul Mulder is bevriend met die Rangers by Satara en volgens sy plasing op ander forum is hulle bewus van die plaag. Skukuza dr kan dit seker ook aanmeld by hoofkantoor aangesien baie mense al soontoe gegaan het vir hulp.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 15/05/2026 - 19:05

Is die Sandvlooi plaag as gevolg van Sanparke se nalatigheid? Met sanitasie.

Of is dit ook n natuurlike verskynsel na die baie reen? Indien so, het hulle nie beheer daaroor nie, of hoe?

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 15/05/2026 - 19:37

Herman, ek spekuleer nou, maar die plaag het dalk ontstaan weens die onlangse nat weer, en reën. Ek onthou dat Satara kamp en personeeldorp rukkie onder water was.

Of daar daadwerklik opgetree is, nadat die 1ste gevalle voorgekom het, sal mens nie weet nie. Dalk het hulle dit ignoreer, en nie oppervlakke met gif gespuit nie. 

Ek is seker dat die personeel net so deurloop, en hulle sal mos gou gaan kla daaroor. Die personeel wat beddegoed ruil in die hutte, is sekerlik die grootste draer/verspreider van die bliksempies.

0
Pretoria

Geert

Fri, 15/05/2026 - 20:18

Meeste mense verwys dit as n vlieg....maar hoekom byt hul dan net bene onder knieg en nie arms en nek nie? Dan siu ek sê soos Wessel sê dis dan n vlooi?

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 15/05/2026 - 20:19

Hier by my kry ons so lastige bliksempie genaamd " Chigger Mites".

Die spul hang uit in die lang gras na lekker nat reen, en klim op jou. Spuit so bietjie ensieme uit op jou vel wat dit oplos en drinkbaar maak vir hulle se klein bekkies.  Kalorie Slurpers.... Neef is nou net deur so loutering.

Ongelukkig jeuk dit geweldig, en krap jy is dit E= mc2. Eerder jou naels afkou en bietjie Voltarin opsmeer. Die jeukerige knoppie staan styf vir so week voordat dit verdwyn.

Baie warm water stort. met ñ growwe waslap en sterk seep help ook om die vel skoon te kry.

0
Pretoria

Geert

Sat, 16/05/2026 - 19:11

Ge-copy en paste 

Wat pla in die Kruger?
Daar is iets wat die mense in die Kruger Park pla
“‘n Luis of ‘n bedgogga?” dis wat almal vra
Oom rol rond in die nag dat die karavaan so skud
Die affêre meng selfs in met sy laatmiddag-dut
Hy skarrel en kla “My kniekoppe jeuk!”
Waar’s die histamien voordat die tannie hom ne🫢k

Koekemakranka gonnatjie-piet!
Hierdie is iets vies, kwater as muskiet!
Die misterie het almal in ‘n wilde rep-en-roer
Pretoria tot Fiji tot Kuala Lumpur.

Mense maak bohaai, 
sê die higiëne het gewaai
Maar dit maak nie sin, 
die gebyt het mos eers onlangs begin.

Net ná die waters, van die vloed, onthou?
Ons kom ál nader die antwoord, ek hoop jul luister nou
Die arme gôg het net saam die strome getoer
Nou is hy misplaas en veroorsaak ‘n hengse remoer

Sandvlieg is sy naam, 
kom ons sê dit saam
Hy hou van klam sand 
en steek met sy mandibel, nie tand
Hy’t onwillekeurig hierheen getrek.
Dalk maak ons hom net so lekker gek!

So, dra ‘n langer broek 
as jy liefs nie moeilikheid soek.
En wees nie in ’n toes en gaan nie op hol
Kom net paraat met ‘n buisie kortisol

Soos reeds tevore deur menigtes genoem
gebruik dettol, DEET of Allergex, ag seker selfs Doom.
Moet net nie in die proses jou buurman vergas
en maak net seker jy’t ook sokkies in jou tas.

Spaar die admin-dame se kosbare tyd
om al die paniekplasings oor bedgoggas te moet sluit

Die park is pragtig en die diere loop.
En wat is dan nou lekkerder om by Satara roomys te koop?
Dink aan die kampvuur en grasdakrondawel
Die geelbekneushoring op jou ontbyttafel
Die rondloper-hiëna, krokodil, leeu, kameelperd
Ja, dit alles is die moontlike byt en jeukende kniekop werd!

Daar is iets wat die mense pla in die Kruger,
hul is skaars terug by die huis - dan wil hul dadelik wèèr!

🐒

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 17/05/2026 - 15:01

Ek kry toe vandag nog 'n paar fotos op die kamera, wat ek nog nie na die rekenaar oorgeplaas het nie. sommer ene van ons staanplek daar, en paar diere fotos.

Juis op die staanplek waar ek vasgeval het met elektriese neuswiel.

staan

kameel

hiena

imp

ring

 

 

 

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus