Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rusteloos... Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Gesels, gesels ons Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Stem Oktober 2026 saam gesels Johann L -2 hours ago
Wat 'n 'show'! Kruger 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Maar net 'n kans gevat Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
.....en nog! Kruger 2026 Geert -3 hours ago

Geert - Wildtuin Julie 2026

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Sanparks hoofkantoor Ek sit tans hier by een van my gunsteling besprekings kantore....Sanparks hoofkantoor. Ek moes inkom om my wildtuin bespreking te finaliseer aangesien en paar besprekings het wat een opmaak en sommige dae oorvleuel het. 

My finale beplanning is om 18 Julie by Satara in te klok. Daar gaan ons vir 6 aande bly. Daarna is dit Lower Sabie, Skukuza en laastens Malelane waar ons elkeen 3 aande gaan vertoef. Tyd stap nou vinnig nader en sien baie uit

Pretoria

Geert

Thu, 16/07/2026 - 21:25

Ek weet nie. Party sê vlieë, ander vlooie. Ek dink dis vlooie omdat die mense net op die bene gebyt word. As dit vlieë is kan hulle seker op jou arms en nek/gesig ook byt.....

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/07/2026 - 09:47

...lekker veilig vakansie hou. Onthou om soms vir ons nuus te geewink

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 17/07/2026 - 12:39

Ons ken daardie laaste oproep wat planne deurmekaarkrap. Sien uit na terugvoer oor Hippo - beplan ook om van die oord gebruik te maak oor 2 weke.

0
Pretoria

Geert

Fri, 17/07/2026 - 15:10

Oe, lekker om weer voor die karavaan te sit met n koue....dit was lang tyd afwesig. Lekker warm 30⁰ tans hier. Baie oulike plek

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/07/2026 - 16:18

Lyk baie netjies. Onthou net seekoeie vreet graag buite die water, en trap graag vure dood.

Wat kos 'n woonwa staanplek per aand daar?

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 17/07/2026 - 16:45

Dit lyk lekker daar. Winter in die laeveld, en dis steeds groen. Sien nie baie kampeerders nie, wat dit rustig maak. Moontlik meer mense in die chalets? Geniiiiet julle aand.

0
Pretoria

Geert

Fri, 17/07/2026 - 17:56

Hulle neem net 6x kampeerders in....hulle het net 6 Privaat ablusies, so is vol bespreek. 

Wessel. R450 per nag

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 17/07/2026 - 18:26

....op die lekkerste tyd van die dag.

Dankie vir die inligting. Ek was nie bewus daarvan dat Hippo min staanplekke het nie - kon dit nie op hulle webwerf sien nie. Sal môre werk maak van 'n bespreking en hoop dis nog betyds.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/07/2026 - 19:33

....van R450/nag vir 'n privaat ablusie staanplek is billik, na my mening. Mokala-NP is duurder as dit. 

0
Pretoria

Geert

Fri, 17/07/2026 - 20:59

Ons het van hul restaurant kos gebruik gemaak vanaand, môre aand braai ons dv in Satara 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 17/07/2026 - 21:35

Nie seker of dit nog sigbaar is nie. Mense in Nelspruit het vroeër foto's geplaas - baie mooi. Bewolk by ons.

0
Pretoria

Geert

Sat, 18/07/2026 - 07:51

Ons staan nou al meer as 30min in ry en het seker 5m gevorder. Baie dagbesoekers...dis hoekom ek nooit buite sal bly en daagliks ingaan nie...my geduld is te kort vir ry staan.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus