Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert dit is slegs om… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Block Forum Herstel en terugvoering Geert -2 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -3 hours ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -3 hours ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -4 hours ago

Umfula

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Gaan weer probeer om 'n inset te lewer, sukkel nou geruime tyd🤣

Ons en die kinders het so rukkie terug by by Umfula gaan kamp, Adriaan is baie lief vir visvang en, volgens hom, is dit die beste oord vir die rede.

Die  naweek het maar koud en met erg wind Vrydag begin, maar Saterdag het dit darem warm geword. Dit is 'n oord op 'n kleinwild plaas naby Parys en is baie gewild onder oud en jonk. Baie om almal mee besig te hou. Die enigste ding wat my irriteer, is die feit dat die warm onderdak swembad duur raak teen R5.00 per persoon per ingang. Jy moet elke keer wat jy by die hek ingaan dit betaal.

Daar is groen gras , modder en plaveisel staanplekke. 

9

 

Vaalpark

Johann L

Sun, 11/10/2026 - 14:16

Boonste fotos was van 'n vorige kamp hier, ek plaas nou die nuwe fotos, wou eers handdoek in gooi want die skerm verander na 'n nuwe blad sodra jy "save" druk"

Umfula
0
Vaalpark

Johann L

Sun, 11/10/2026 - 14:19

Adriaan het baie en groot visse gevang, ek kry nie meer opskrifte aan 'n foto geheg nie, sal maar weer probeer.

Hier is sy rekord vir die naweek, 'n 5.6 Kg karp

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 11/10/2026 - 17:39

Baie nice outfit wat jy het.  Minimalisties se hulle.

Lekker om so te staan.  Die geroeste braai put is seker die plek sinne.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 11/10/2026 - 19:36

...welkom terug my vriend. Ek hoop ons gaan meermale van jou hoor, al is dit net om saam te gesels. 

Jy behoort nie nou meer te sukkel met forumblad en fotos nie, Anto [Voortrekker] het al die probleme uitgesorteer. Ek dink die foto's laai via 2de ikon van regs, werk vir my nog die maklikste. 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 12/10/2026 - 06:29

 Dankie Wessel.

Goeie hoop.

Dit is reg, die braaipit is die oord se eiendom,,daar is baie metaal beelde van diere ens. Baie skoon en netjies  oord.

0
Pretoria

Geert

Mon, 12/10/2026 - 09:15

Lyk na heel aangename oord. Ongelukkig vir ons deur Johannesburg verkeer ry om daar uit te kom, maar hopenlik eendag. Snaaks dat oord die vuurpitte so op hul mooi gras sit en verbrand

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 12/10/2026 - 11:16

Dit was dalk onwettig daar want dit was die enigste langs die rivier, weet nie.

Daar is baie metaal beelde op en om die oord.

1
Brits

Wessel Strydom

Mon, 12/10/2026 - 11:36

...ek het gou gekyk na sleep roetes soheentoe. Van Brits af kan ek bo om Krugersdorp ry, na Carltonville, dan oor die N14 na Fochville, en woeps by Umfula.

Weet net nie in watter toestand daai paaie is nie. Verkieslik bly ek maar op nasionale paaie.

2
Vaalpark

Johann L

Mon, 12/10/2026 - 12:06

Die pad tussen Fochville en Krugersdorp ken ek nie, maar van Focheville na Parys was baie mooi toe ek dit so paar jaar gelede gery het, maar nou ja, dinge verander vinnig.

Die roetes om Johannesburg (R roetes) ken ek ook glad nie, ons bly maar op die N roetes so ver moontlik in daai stedelike gebiede.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Mon, 12/10/2026 - 21:16

Umfula is nie n slegte plek om te kamp nie, ons was daar toe ons op Fochville gebly het. Al wat my afgesit het van die plek is die sport bar wat hulle daar het wat deur baie dag besoekers ondersteun word, weet nie of dit nog so is nie. Daar by Umfula is ook Eastco en Weltevrede wat ook lekker kamp langs die Vaal, hulle almal is op die Parys Fochville pad.

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus